Kovsies kry taalkomitee vir aanbevelings ná slegs Engels-storm

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan ’n taalkomitee instel wat ná wye oorlegpleging in November vanjaar aanbevelings oor ’n taalbeleid aan die universiteitsraad moet voorlê.

Die stap is aangekondig deur die universiteitsraad nadat ’n storm vroeër losgebars het toe die moontlikheid genoem is dat die universiteit enkelmedium-Engels kan word.

Afgesien van die taalkomitee het die raad ook ’n mandaat aan die UV-bestuur gegee om deur middel van ’n omvattende konsultasieproses met alle belanghebbendes van die universiteit ’n formele hersiening van die taalbeleid te lei. Die proses behels die skep van verskeie geleenthede en forums vir deelname.

Die taalkomitee is een hiervan en sal alle standpunte oor die beleid ontvang en evalueer voordat aanbevelings aan die bestuur en die raad gemaak sal word. Die hersiening is ’n oop proses met drie breë moontlike uitkomste: die behoud van die parallel-mediumbeleid; die aanbring van geringe aanpassings aan die beleid; en die aanbring van groot veranderings aan die bestaande beleid.

Die raad het ook goedkeuring verleen dat die tradisieryke JBM Hertzog-koshuis se naam na Beyers Naudé House/Huis Beyers Naudé verander word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wil se ·

Hulle kan komitees aanstel soos hul wil!! Dit is net geld mors, want hul het tog klaar besluit dat dit engels gaan word. wie dink hul bluf hulle!!!!!

Johannes Comestor ·

In sy intreerede as rektor het Jonathan Jansen belowe so lank hy daar is, sal die UV Afrikaans bly. Dit word nou gerieflikheidshalwe vergeet.
Die verandering van koshuisnaam van Hertzog na Naude toon dat die UV die behoudende Afrikaner Hertzog minag en die verloopte Afrikaner en ANC-kameraad Naude verkies. Dit kom neer op niks anders nie as die uitspreek van ‘n politieke voorkeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.