Kovsies leer vir eers aanlyn ná betogings

UV-studente is vandeesweek huis toe gestuur in die lig van die betogings. (Foto: Twitter)

Studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampusse in Bloemfontein en QwaQwa sal vir minstens die volgende paar weke aanlyn moet klasloop nadat betogende studente vroeër vandeesweek amok by dié kampusse gemaak het.

Dít volg maar tien dae nadat die akademiese jaar verlede Maandag (14 Februarie) afgeskop het en studente en personeel op universiteitskampusse terugverwelkom is.

Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, het Donderdag tydens ’n mediakonferensie gesê lede van die studenteraad het sedertdien hul ongelukkigheid uitgespreek oor onder meer uitbetalings van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), registrasies en die verpligte inentingsmandaat.

Enkele ontwrigtings is toe reeds aangemeld hoewel die situasie vandeesweek vererger het nadat die universiteit nie gehoor gegee het aan die studente se eise nie.

“Hulle het ’n lys met eise aan ons gestel. Ons het op daardie eise reageer, maar hulle het nie van ons reaksie gehou nie,” sê Petersen.

Klippe is toe by die kampus in QwaQwa na private veiligheidswagte gegooi. Die kampus is sedertdien gesluit en studente is huis toe gestuur. Dit het egter nie betogende studente gekeer om die afgelope paar dae buite die kampus te betoog nie, met nóg studente wat intussen by hulle aangesluit het.

UV-studente is vandeesweek huis toe gestuur in die lig van die betogings. (Foto: Twitter)

By die Bloemfonteinse kampus is klasse vroeër vandeesweek ontwrig terwyl rassistiese opmerkings aan ander studente en personeellede gemaak is. Die betogers het ook eerstejaarstudente uit die universiteitskoshuise gaan haal sodat hulle by die betogings kan aansluit.

Die polisie se hulp is later noodgedwonge ingeroep en rubberkoeëls is afgevuur om studente te verjaag. Sommige studente is in hegtenis geneem.

“Ons wil nie aan studente ’n misdaadrekord gee nie. Ons wil wel studente se veiligheid handhaaf,” sê Petersen oor dié besluit.

Alle studente aan die twee kampusse is sedertdien huis toe gestuur, terwyl reëlings getref word vir studente wat nie in staat is om op eie onkoste huis toe te keer nie.

Modules waarvan aanlyn leer nie moontlik is nie, sal wel regstreeks op kampus voortgaan. Studente sal deur hul onderskeie fakulteite ingelig word oor watter modules aanlyn voortgaan en watter regstreeks in lesinglokale sal geskied.

Petersen het vanmiddag gesê die reëling sal vir minstens die volgende twee tot drie weke geld totdat die situasie in bedwang gebring en studente se veiligheid verseker kan word.

Studente sal van 10 GB data verskaf word om hul onderrig aanlyn voort te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jr ·

Hier gaan ons alweer.! Hou nie op nie. ” Our student peeple”

Jannie van Niekerk ·

Daar is ‘n baie groot verskil tussen regte studente en hooligans. Snaaks hoe daar oor alles betoog word in die wonderlike fantastiese nuwe demokratiese Suid Afrika. In die slegte ou dae voor “demokrasie” het die studente studeer. Daar was nie tyd om te betoog en biblioteke en geboue aan die bramd te steek nie want daardie tyd moes die studente elke sent van hulle studieskuld self uit hul eie sakke betaal. Hulle was mos nie deel van die kammakastige voorheen benadeeldes nie.

Kokerboom ·

Ook het ons NOOIT iets mahala gekry!. Gewerk en elke sent betaal!!!

Ben ·

Ek moet sê. Ek sien geen studente op die fotos nie.
Wat ñ sirkus.

Pieter ·

Nou dink jy nie mooi nie. Wat van kinders, soos my eie, wat aan hulle toekoms wil bou. Jy wil nou die maklike en emosionele uitweg kies. Dink weer

JL ·

Hoeveel van die is SASSA ontvangers en wat is hulle matriek punte. Wat van die studente wat regtig verdien om daar te wees. 12 jaar verlore agv ‘n klomp lieplappers.

Miskruier ·

Ek stem saam met hulle, geen verpligte inenting nie. Dit is nie n mandaat in ons land nie. Ek weet van studente wat ge intimideer is om die vaksien te vat.

AmY ·

Daar was nie geld toe my pa klaar was met skool nie. Toe studeer en werk hy. En dít terwyl hy nog ‘n gesin met drie kinders ook gehad het. Hy het vir sy eie studies betaal.
Hy draai in sy graf om!

Nie Verbaas ·

Alweer “ons vereis.” As hulle dan nie kry wat hulle wil hê nie dan gooi die klomp klippe met geen agting vir n ander se lewe nie. Dit is nou die intelligensie en benadering wat in ons land se ekonomie vrygelaat gaan word. Geen begrip van elke verniet het n prys nie maar geld val mos uit die lug uit.

Swerwer ·

Tekens van dankbaarheid dat hul alles verniet kry, sal nooit getoon word nie. Ons kon nooit gaan studeer het as ons ouers nie betaal het nie, daar was nie fondse beskikbaar nie. Jy het maar gewerk tot jy kon beskostig om te studeer. Stop alle gratis opleiding en daar sal minder verwoesting van Opvoedkundige instellings wees.

Di ·

Op die ou einde gaan al hierdie instansies toemaak – GEEN land kan so aangaan nie. Hulle sal moet ander alternatiewe soos aanlyn studies in plek stel want hierdie hooligans gaan nooit ophou nie. Sal baie geld spaar ook met verblyf van die klomp, hulle kan dan in hulle eie blyplekke sit en studeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.