Kovsies ook Woensdag gesluit

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het besluit om Woensdag al drie sy kampusse te sluit.

Volgens ʼn verklaring deur die universiteit beteken dit dat akademiese aktiwiteit op voorgraadse vlak nie sal voortgaan nie en administratiewe dienste sal nie op die Bloemfontein-, Qwaqwa-, of Suid-kampusse beskikbaar wees nie. “Noodsaaklike dienste soos rekenaartegnologie, beskermingsdienste en laboratoria wat nie sonder toesig gelaat kan word nie, en die skakelbord sal steeds beskikbaar wees,” lui die verklaring verder.

Die bestuur van UV en die sentrale Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het op die Bloemfontein-kampus vergader om studentegeldeverhogings vir 2016 te bespreek.

Betogende studente het van buite die hoofgebou tot buite die hoofhek in Nelson Mandela-rylaan beweeg. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moes die studente verjaag. “Kampusbeskermingsdienste is in beheer van die situasie op die kampus. Al die koshuise word gemonitor en ons maak seker dat alle studente op die kampus veilig is,” lui die verklaring. “Die bestuur vergader steeds met die VSR om ʼn praktiese en verantwoordelike reaksie te vind op die studente se eise.”

Studente en personeel wat op die kampusse bly en personeel wat noodsaaklike dienste moet uitvoer, sal toegang tot die kampus hê.

Alle toetse en eksamens is geherskeduleer en studente word aangeraai om met hul dosente in verbinding te tree.

Maroela Media het vroeër berig alle bedrywighede by Tuks word ook Woensdag opgeskort.

Wits bly gesluit tot Maandag.

Maroela Media het ook berig studente het minister Blade Nzimande se voorgestelde verhogingsbeperking van 6% verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

chrisp ·

Verbasend dat die “transformasie” instellings so swaar kry.
Kom ons bou ons eie instellings weer en los hierdie mense om maar hulself te vernietig saam met hul politiek korrekte Liberaliste.

maggie ·

ek het net ‘n vraag. en nee, ek het genadiglik nie ‘n kind by een van hierdie instellings nie. ek wil net weet, die ouers van die kinders wat nie aan hierdie geweld deelneem nie, kry hulle darem op enige manier ‘n tipe van krediet op gelde reeds betaal wanneer die oproer verby is? hulle kinders neem immers nie daaraan deel nie of keur dit goed nie?

Hannetjie ·

Wat op dees aarde gaan aan met die mense??? Ek is n oud Kovies en dit was die top Universiteit. Alles is net besig om uitmekaar te val om mens. Nee wat, red nou n volk met so n nasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.