Kovsies-taalbeleid: ‘Geweld en segregasie redes om Afrikaans af te skaf’

universiteit van die vrystaat kovsies

Universiteit van die Vrystaat. Foto: UV, Facebook

AfriForum, AfriForum Jeug, Solidariteit en die Universiteit van die Vrystaat (UV), het mekaar Maandagoggend in die hooggeregshof in Bloemfontein gepak oor die universiteit se taalbeleid.

Adv. Jeremy Gauntlett, het namens die UV in die saak, aangevoer die instelling se besluit om ʼn nuwe taalbeleid in werking te stel wat Afrikaans uitrangeer, nie finansieel van aard is nie, maar omdat Afrikaans tot segregasie lei.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, wat die saak bywoon, het gesê geen reg kan bevorder word deur ʼn ander reg weg te neem nie. Die Grondwet maak voorsiening vir moedertaalonderrig waar dit prakties moontlik en uitvoerbaar is.

“Die UV bied parallelmedium-onderrig aan en geen student word van ʼn studiegeleentheid ontneem omdat ʼn ander student se reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig gerespekteer word nie. As besluite in die land deur geweldsdreigemente gedryf word, kan ons nie langer voorgee ons is ʼn demokrasie nie.”

Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, meen die UV-bestuur gee in wese toe geweld troef die Grondwet. “Die feit dat Afrikaans hier prakties aangebied word, soos in die Grondwet bedoel, moet buig voor anargie. Dis ʼn politieke spel vermom as ʼn taalkwessie.”

Adv. Johan du Toit, namens AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit, het in sy betoog die grondwetlike reg volgens art 29 (2), om voort te gaan met onderrig in ʼn taal wat reeds aangebied word, beklemtoon. Hy het ook op prosedurele afwykings gewys toe die UV die nuwe beleid aanvaar het. Die nuwe beleid behels onderrig moet van 2017 af net in Engels aangebied word.

Du Toit het verwys na vyftien geleenthede voor 4 Desember 2015 se raadsvergadering oor die taalbeleid, waar verskeie kundiges, soos dosente, senaatslede en raadslede, die UV-bestuur gewaarsku het ʼn eentalige Engelse beleid skep risiko’s. Dit is onder meer ongrondwetlik, kom neer op taalregteskending en dit het koste-implikasies vir die universiteit en sal ʼn verlies aan steun veroorsaak.

Du Toit het ook aangevoer die nuwe taalbeleid kom nie net neer op diskriminasie teen huidige studente nie, maar ook teen toekomstige studente. Hy het voorts gesê skoliere wat in hul moedertaal leer, het ook die reg om te weet hul taalregte is veilig.

Adv. Jan Heunis, namens vriende van die hof, wat Fedsas, die SAOU en die Afrikaanse Taalraad (ATR) insluit, het aangevoer die grondwet kwalifiseer ingevolge art 29 (2) nie dat ʼn taal soos Engels meer reg het weens “internasionaliteit” of die toegang wat dit bied tot loopbaangeleenthede nie. Dis nie ter sake wanneer dit by grondwetlike regte kom nie. Dit gaan oor die belang van moedertaalonderrig.

Heunis het gesê dit is tragies dat die ander nege amptelike tale twee dekades agtergelaat is en dat die moedertaalsprekers daarvan nou gedwing is om in Afrikaans of Engels te studeer. Sou almal egter kies om in Engels te studeer, verminder dit egter nie die reg van Afrikaanssprekendes om in Afrikaans te studeer nie.

Heunis het voorts gesê die UV het getransformeer en is nie meer eksklusief Afrikaans nie. Die instelling het aan die uitdagings van die dag gehoor gegee. “Ons vra nie vir die herinstelling van die verlede nie, maar vir Afrikaanse studente se reg om in Afrikaans te studeer.”

Gauntlett het voorts gesê die UV se nuwe taalbeleid is nie die gevolg van geweldsdreigemente nie. Dit is ʼn oorvereenvoudiging van die saak. Volgens hom gaan dit oor segregasie. Klasse is geskei op grond van wit en swart en dit dra volgens die UV by tot polarisasie en geweld.

Hy het gesê die UV se besluit is nie deur finansiële gronde gedryf om geld te spaar nie en dit was nooit eens die oorweging nie. Dit het egter onhoudbaar geword om met parallelmedium-onderrig voort te gaan.

Gauntlett se argument was ook dat iets soos taal nie beskerm kan word omdat dit mooi en histories en kosbaar is nie. “Jongmense wil die taal hê wat die meeste moontlikhede bied, soos toegang tot werk. En dit is Engels. Studente kan steeds hul moedertaal tuis praat en dit koester,” het hy gesê.

Uitspraak is voorbehou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johann ·

Skaam julle ! Om te dink dat julle as veronderstelde volwasse; profesionele; verandwoordbare RAADSLEDE van n Universiteit buig voor klipgooiers en brandstigters onder die faandel van “demokrasie”? Wats volgendr? Geen blankes op Kampus? Het iemand toegang tot dir “raadslede by naam en van? Plaas dit asb sumier sodat hulle in die publieke aangesig van Afrikaans sprekendes kan man staan vir hulle slapgat optrede.

Otter ·

Ek stem saam met Johan. In hierdie toneel speel UV die rol van die patetiese slaaf van die vyandige transfornazi regering wat diskrimineer teen minderhede, en nie dié van tersiëre instelling nie.

Onttrek alumniondersteuning ·

Onttrek alle befondsing, alumni bydraes, en dra oor aan Akademia. Laat uf Val.

JC ·

Indien dit aan ons gedoen word sal UV maar moet VAL en sal ons dan oorgaan na AKADEMIA toe, ‘n trots Afrikaanse UNIVERSITEIT. Indien ons so verneder word en daar vir ons gese word ons pragtige TAAL is nie meer goed genoeg nie SAL!! ONS DAN VIR AKADEMIA UITSLUITLIK ONDERSTEUN EN SAL! ONS, ONS BYDRAES ONTTREK EN DAN VIR AKADEMIA GEE!

Rupert Ashford ·

Ek stem. En doen dit NOU. Selfs al verloor hulle sal hulle weer en weer agteraf probeer want hulle kry staatsbefondsing. Vat die alumnigeld weg en laat hulle aan hulleself oor dat hulle derdewerelds word as hulle dan so graag wil. Maar kry die name van die senaat, bestuur en dosente wat aktief daarvoor werk, swartlys hulle en moet nooit enige van hulle naby Akademia toelaat nie. Hulle sal dit weer doen.

Piet Snot ·

Onttrek, ek stem saam met jou.
‘n Week na die taalfiasko op US, het hulle ‘n paar Rand kom bedel (ek’s nie ‘n UV alumnus nie). Ek het ‘n mooi brief in Engels aan die Rektor geskryf, waarin ek mooi verduidelik hoekom my bydraes nou stop.
Ek stel voor alle alumni aan UV doen dieselfde. Nie dat dit sal help nie, maar ek beskou dit as ons plig.

Ruiklont ·

Kan jy glo dat ‘n persoon wat kon vorder tot advokaat sulke politieke twak kan kwytraak?

Johann ·

Nee sien die geleerde agbare is hand om die blaas met die ANC…dit het niks met regs toepaslikheid te dien nie. Hys IN die sak van die ANC…

Ww ·

Die eef se van af politiek plat vorm af dat dit hulle doel is om Afrikaans te verwoes by alle instellings

Ww ·

Die eef se van af politiek plat vorm af dat dit hulle doel is om Afrikaans te verwoes by alle instellings

Vic ·

Engelse onderrig bied “toegang tot werk”? Absolute twak. Al my onderrig, van klas 1 dwarsdeur 3 universiteitsgrade was in Afrikaans. Ek werk in n totaal Engelse omgewing, praat en skryf vlot Engels, en het nog nooit enige taalprobleme gehad nie.

Apie ·

En after all gaan dit daaroor om die Afrikaner/Boer by te kom en te vernietig. Hoop Afroforum/Soludariteit wen die saak. Trots Afrikaans.

Theuns ·

Die Afrikaner het die UV begin Nou word dit Afgevat? Ons sal dit nie toelaat nie. Afrikaners verkoop hoenders wat geslag is en die vere afgetrek is! Die engelse verkoop ” Dressed Chickens” DIe Engelse en hulle Transformers vra om gedress te word. Kyk wie is hulle regs verteenwoordiger, niemand anders as Jeremy Gauntlet nie. Adv van ANC? ANC nou is die “gauntlet” af. Ons sien jou en joe agenda baie duidelik.

Rissiepit ·

Theuns, voeg daarby die Universiteit van Stellenbosch wat deur Afrikaans sprekendis gestig, opgebou en onderhou is.
In Duitsland, Engeland, Turkye, Rusland, ens geniet moedertaal prioriteit alhoewel “Engels” slegs in ‘n mindere mate as besigheidsplatform gebruik word en tolke / tolktegnologie aangewend word om te kommunikeer met die buitewereld. Hierdie lande is wereld ekonomiese reuse; nou word “Engels” weer in ons kele afgefoseer soos na die Anglo-Boere Oorlog…Nee wat, AfriForum & Solidariteit stig ONS moedertaal universiteit maar ek dink ook nou ‘n Afrikaanse tuisland wat die hele Kaapland moet insluit is dalk ‘n goeie keuse vir ons taal, kultuur, tradisies, godsdiens, ens se voortbestaan.

ada ·

Die Gauntlett wil punte by die regering inwin vir homself.Nog n rugraatlose papbroek sonder integriteit. Hy adverteer sy tekort aan mentaliteit.

hans ·

Die skandalige optrede van UV moet onder die internasionale universiteitswese gebring word.

John ·

Is Gauntlett ‘n Engelsman? Seker. Engelse kan net Engels praat. Ek wil graag hoor wat die Franse of die geagte advokaat se familie in Engeland sou se as hy die’ idees daar probeer verkwansel het. Franse weier selfs om vreemdelinge te help wat Engels met hul praat. Hoekom sou dit wees? Ek hoop iemand wil eendag die’ kwessie van segregasie en die erge angsaanvalle wat swartmense daarvan kry veral sodra Afrikaners iets op hul eie in hul eie taal doen, tot op die angsbevange gebeentes van die siekes, te deurklief. Die saak moet veral deur psigiaters en neuroloe ondersoek word. Geen ander volk word deur hierdie ernstige kwaal getref nie. Net Suid-Afrikaanse swartes. Hulle kry erge stuipe gelykstaande aan runderpes, as ‘n Afrikaner net dit waag om iets tot stand bring, dit opbou en onderhou. Dis ‘n kwaal wat net nie wil genees nie. In die antieke tyd is dit jaloesie en parasitisme genoem, selfs steel, maar deesdae is dit gronde vir hogere histerie, amperste disentrie en die uiterste vorm van vrees, erger as vir die duiwel, sodra net ‘n klankie van bifurkasie deur Afrikaners by ‘n braaivleisvuurtjie saam met die aandwindjie voor die neuse van die krankes verby sweef. Was daar ooit soveel twak deur ‘n advokaat gebesig. Ek sou wat wou gee om ons geliefde Langenhoven vandag in die hof te sien en hoor. Hy moes dan sommer ook vir Harry saamgebring het. ‘n Paar mense se kwale sou dan gou uit ge-e-e het.

ada ·

John jy is so 100% reg! Dankie vir jou kommentaar. Sodra iets deur Afrikaanssprekendes opgebou is moet dit deur die andertaliges afgebreek word. Waarom kan die lot wat so kla self iets uit hul eie opbou nie? Kan net afbreek wat ons bou. Ontbreek seker verstand. Gauntlett is defnitief een van hulle. Hy kan mos geepad as hy nie van Afrikaans hou nie.Niemand forseer hom om daar aan te bly nie. Regte kwaadsteker sonder rugraat. Wat n pateet!

jaco ·

al julle afrikaanse taal aktiviste moet n slag bly wees die dominante taal in SA raak al hoe meer Engels en nie Xhosa, Zulu of Sesotho nie. Wees ook bly die dominante taal is Engels, wat oorspronklik ‘n wit taal uit die wit Europa is en wat dwarsoor die ou British Empire ‘n taal van onderdrukking was. Adapt or die mense. Wees bly net ons taal word van ons af weggevat. Wees bly dis nie ons huise, werk ens nie. In Angola en Mosambiek is die wit mense in 1975 binne 3 maande almal weggejaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.