Kovsies-taalbeleid in hof betwis

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die vernaamste strekking van die argumente ter verdediging van die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat vandag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor is, is dat die universiteit Afrikaans as medium van onderrig moet uitfaseer, omdat daar oorwegend wit studente in Afrikaanse klasse en oorwegend studente van ander rasse in Engelse klasse is. Die standpunt is dus ingeneem dat die taalbeleid segregasie op die Kovsie-kampus onbepaald voortsit.

“Die argument neem vele kernbelangrike beginsels nie in ag nie,” verduidelik Alana Bailey,
adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. “Een hiervan is dat die regters in die Bloemfonteinse hoër hof reeds in Julie 2016 bevestig het dat die skrywers van die Grondwet besef het dat elke taalgroep ʼn bepaalde rassesamestelling het, maar tog is elf tale tot amptelike taalstatus verhef en erken, en die reg tot onderrig in ʼn eie keuse van taal is gespesifiseer.”

Bailey het gesê ʼn ander argument is dat die wegneem van sprekers se taalreg nie desegregasie tot gevolg gaan hê nie, maar juis segregasie verskans, wedersydse spanning gaan verhoog en nasionale kohesie gaan teenwerk. “Dié feit is wêreldwyd herhaaldelik bewys, soms selfs met tragiese gevolge soos lewensverlies. Die ontstaan van internasionale moedertaaldag (21 Februarie) het hieruit voortgevloei. ʼn Taal se sprekers volg die taal. Deur Afrikaans uit hoofstroom openbare onderwys te dwing, word Afrikaanssprekendes uit hoofstroom openbare onderwys gedwing. So word segregasie juis gevoed,” het sy verduidelik.

Ten spyte van al meer welsprekende regsargumente oor die noodsaak van taalbeleidaanpassings om Afrikaans uit te skryf en die nege oorblywende tale op tersiêre vlak in onbruik te laat stagneer, word dit duidelik dat universiteitsbesture geen insig in die betekenis en belangrikheid van taalregte het nie, maar van Afrikaans ontslae wil raak suiwer om die transformasie agenda van die regerende party te dien, voeg Bailey by.

“Die tragedie is dat die geskiedenis uiteindelik die regter gaan wees oor die universiteite en regslui se argumente, maar dan sou vele weerlose mense reeds die slagoffers van die kortsigtige besluite wees.”

Die appèlhof het uitspraak in die saak voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

rudi ·

Ek wens Afrikaans word verban op alle universiteite. Dit sal ons dwing na selfbeskiking. Van 1994 toe ek op Potch geswot het, het Afrikaaners transformasie geborg en betaal vir als. Ons moet 100℅ selfstandig word. Dit is bitter jammer vir die mooi geboue en kultuur wat vertrap word, maar ons moet eerder bou aan iets nuuts wat was soos die kosbare verlede.

John ·

Moet tog net nie weer met stene bou nie. Sodra twee stene op mekaar staangemaak is dan raak party mense totaal opgesit met die woord ‘saam’… Dat die kampustoilette nog deure het is verbasend. Miskien sal dit ook moet waai…

Veritas ·

Wat die Afrikaner-haters nog nie besef nie is dat die Afrikaner sal uitstyg bo enige klip wat in sy pad gerol word. Ons taal maak ons wel uniek maar wat ons besonders maak, is die Afrikaner se vermoë om aan te pas en hindernisse te oorkom.

CAB ·

Nee ek verstaan nou glad nie, dit is reg as Hulle Na Afrikaans skole toe moet gaan omdat daar nie vir Hulle skole is nie? So oor 5 jaar sit ons met dieselfde probleem in ons skole. Dis duidelik Hulle Vergeet dat skole en universiteite aangepas was en is vir Hulle agenda. Afrikaans sal nooit uitsterf nie en daar sal altyd voorsiening gemaak word want as ons n probleem het bou ons, brand nie af nie. Bv Soltek van Solideriteit. Kan nie wag dat Hulle begin skole oop maak nie.. ek hoop en bid daarvoor

Patria ·

Onderig kan mos maar in Engels wees. Hoekom nie. Die hele besigheids wêreld is elkgeval engels. Kyk maar na ons mense wat orals oorsee is werk in engels maar vannaand as hulle by die huis is praat hulle afr. Afrikaans sal nooit uitsterf solank as wat ons dit in ons huise praat en lees in ons Bybels nie. Praat en skryf korrekte Afrikaans nie soos sommige van ons wat hier kommentaar lewer nie.

Vic Stanley ·

Ek dink dit sal baie goed wees as Kovsies oorslaan Engels toe en die lae kwaliteit navorsing en na-graadse “opleiding” afskaf, en net op voorgraadse klasse konsentreer. Hulle personeelkorps kwalifikasie profiel is veel meer versoenbaar met n voorgraadse kollege.

John ·

Patria… kyk wie praat. Vic jy hou skynbaar van vinnige afdraendes vir kaskarre sonder remme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.