Kovsies-taalbeleid: Uitspraak ʼn ‘terugslag vir moedertaalonderrig’

Foto: UV/Facebook

Die VF Plus het Vrydag se uitspraak deur die konstitusionele hof dat die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wettig is as ʼn groot terugslag vir moedertaalonderrig en die ontwikkeling van inheemse tale in Suid-Afrika bestempel.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die beslissing is “hartseer” aangesien hy meen een van die mees basiese menseregte word hierdeur ondergeskik gestel aan wat “kosmeties polities korrek” is.

“Dit is betreurenswaardig dat moedertaalonderrig soos deur die Grondwet onderskryf, as ʼn struikelblok vir rasseverhoudings gesien word en dat die Grondwethof die vorige parallelle taalbeleid die skuld vir rasse-segregasie gee,” het Alberts gesê.

Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof het ʼn aansoek wat deur AfriForum en Solidariteit voor die hof gebring is om verlof tot appèl teen ʼn hofuitspraak oor die UV se taalbeleid wat Afrikaans as onderrigtaal uitskakel, van die hand gewys.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak daarop gewys dat alle Suid-Afrikaners die reg het tot tersiêre onderrig in ʼn amptelike taal van hul keuse, maar dat hierdie reg onderhewig is aan die redelike uitvoerbaarheid hiervan.

“Die VF Plus is van mening dat die ANC-regering die afgelope 23 jaar die geleentheid gehad het om meer universiteite te bou en ander maatreëls in plek te stel om uitvoering aan die Grondwet se bepaling te gee, wat lui dat elkeen die reg het om in die amptelike taal van sy of haar keuse onderrig te ontvang,” het Alberts gesê.

“Die uitspraak is ook teenstrydig met die internasionale reg wat moedertaalonderrig en interne selfbeskikking met betrekking tot onder meer taal, bevorder. In ʼn land met elf amptelike tale moet die mediums van onderrig eerder uitgebrei word om meer tale in te sluit as om weg te neem en te verengels.”

Hy het daarop gewys dat onderwyskundiges wêreldwyd dit eens is dat moedertaalonderrig akademiese prestasie bevorder. “Maatskaplike sameklewing sal ook nooit bereik word wanneer mense se taalregte aangetas word en hulle ontneem word van die integrale boublokke wat hul identiteit vorm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Dieter ·

“maar dat hierdie reg onderhewig is aan die redelike uitvoerbaarheid daarvan”.

Dis die probleem met ons grondwet, en waarskynlik ook baie ander lande se grondwette.
Die enigste absolute reg is die reg op lewe (en om elke paar jaar ‘n simpel kruisie langs ‘n knot se kop te trek). Alle ander regte is afhanklik van die omstandighede.

So is dit regtig so fantasties om in ‘n grondwetlike demokrasie te woon soos wat die wêreld ons probeer wysmaak??? Dalk, dalk nie.

Veritas ·

Dieter, wat is ‘n ‘knot’ ? Die woord prikkel my lagspiere, al weet ek nie wat dit regtig beteken nie.

Manie ·

Soveel vir taalregte in die land. Ek hoop mense sien hoe de klerk en sy gespuis die Afrikaner belieg het

Daan ·

Ek glo die taalbeleid is genoteer tydens de klerk se onderhandelinge by Kodesa as hy die dokumentasie oorhanding waar die partye ooreengekom het kan die hoofregter en die konstitusionele hof se uitspraak nietig verklaar word.Die partye moet de klerk forseer dmv n hofbevel om die onderhandelinge en dokumente te oorhandig.

Christo ·

Hierdie uitspraak is die begin van die einde van Afrikaans in skole en op universiteite

PJC ·

Hierdie uitspraak is maar net weer ń bewys hoe ver die howe in hierdie land reeds getransformeer is en dit sal vorentoe net al erger raak totdat die grondwet net ń stukkie nuttelose papier is. Dit bewys ook dat die sogenaamde wigte en teenwigte net ń slenter was om oningeligte kiesers ń rat voor die oë te draai en ongelukkig is die gevolge onomkeerbaar.

Niklaas ·

Steeds sal dit ons nie kelder nie maar n dalk n hele paar knotkoppe.Taal gee jou nie breins nie. Jy het dit of jy het dit nie.

Andries ·

Dis slegs ‘n tydelike terugslag.

Destyds kon die magtigste land op aarde (daai tyd) dit nie eens regkry om Afrikaans te vernietig nie, so wat is die kans dat hierdie spul “julle weet wat” dit gaan regkry? Net mooi nul.

Gerhard ·

Ek is bevrees jy is verkeerd. “Die magtigste land op aarde” het kort na die oorlog tot sy einde gekom. Dit en die feit dat daar in Suider Afrika van swart handearbeid gebruik gemaak word het gekeer dat Afrikaners oorweldig word met getalle. Dit is dus eerder ‘n geval dat die Afrikaners gelukkig was om te oorleef as hulle eie vermoeens. Die keer is dit egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Ongelukkig jy gaan nie weer so gelukkig wees nie.

AnderGerhard ·

Afrikaners was nie gelukkig om te oorleef nie. Die ontwikkeling van Afrikaans as n akademiese taal was n doelbewuste proses. Sodra Afrikaans gebruik word in die akademie groei die taal op ander gebiede ook. Vandag is Afrikaans n ontwikkelde taal met n gevolg- baie meer mense gebruik Afrikaans as net wit of bruin Afrikaanssprekendes. En dit sluit aan by die Nederlandse/Flaamse akademiese wereld ook.
Die onttrekking van staatsondersteuning sal tot gevolg hê dat Afrikaanse akademie meer deur privaat bronne ondersteun sal word. Dit gaan beteken Afrikaans gaan meer doelgerig gebruik word, want ons kan nie ons eie geld mors op kaf nie. Afrikaans is verby die kwesbare stadium. As ons saam staan kan ons goedkoper en beter studeer en navors in Afrikaans as die arme siele in Engelse staatsuniversiteite

Gerhard ·

Beste anderGerhard. Ek dink jy het my plasing nie korrek verstaan nie. Ek het nie bedoel dat Afrikaners glad nie probeer het om Afrikaans en Afrikaner kultuur te red nie. Ek het bedoel dat dit min verskil gemaak het teen ‘n aanslag wat vanself nooit werklik so erg was as wat dit afgemaak word nie. Daar was nooit werklik ‘n volle aanslag op Afrikaans nadat die Britse ryk vanself ineen gestort het nie. Ek is ook van mening dat jy ‘n fout maak met jou redenasie dat Afrikaans kwansuis verby sy kwesbare stadium is. Tensy organisasies soos AfriForum/Solidariteit iets werklik besonders iewers uitkrap is dit verby met Afrikaans. Dit sal net verder wegval tot dit verdwyn.

Andre ·

Dis ‘n skreiende skande dat Afrikaners se kinders ontneem word van hulle regte om in hulle moedertaal te kan studeer.

Veral gesien in die lig daarvan dat Afrikaners met groot opofferinge daarin geslaag het om wêreldklas universiteite tot stand te bring.

Dit is niks minder nie as regverdig dat die Afrikaners eis dat gedeeltes van universiteitsfasiliteite aan hulle oorgedra word vir studie in Afrikaans.

By UP in Pretoria is daar 5 kampusse wat oor ‘n 20 km radius versprei is wat strek vanaf Onderstepoort in die Noorde tot by die Groenkloof kampus in die Suide.

Afrikaners moet aanspraak maak (veg!) vir een van die 5 kampusse vir uitsluitlike gebruik vir onderrig in Afrikaans.

Met toegedeelde bates by elke (gewese) Afrikaanse universiteit in Suid Afrika kan een komprehensiewe Afrikaanse universiteit bedryf word.

Die toegedeelde fasiliteite kan bepaal watter studierigting daar aangebied word.

Kom ons veg vir ons regmatige deel van die bates by universiteite … kom ons baklei vir elke baksteen en elke meter grond wat ons toekom!

Koos ·

So wanneer begin jy veg en wat beplan jy? Of praat jy maar net soos al die ander en sal nooit niks doen of die leierskap vat nie?

Alida ·

Baie mense gaan van my verskil maar engels is n erkende wereldtaal. Wat zulu, swasi, pedi, tswhane of afr die kinders in die werkplek of oorsee help. NIKS want engels is die taal wat gepraat word. Beoefen jou taal en kultuur by die huis of waar jy wil maar leer eng in die skool en op universiteit. Dit is tog net logies.

JdV ·

Absolute nonsens! Moet al die Duitsers, Franse, Spanjaarde, Italianers, Russe, Japanese, Chinese, Afrikaners(!) ensovoorts in Engels skoolgaan omdat Engels ‘n “wêreldtaal” is? Neem kennis: die Afrikaners is wêreldwyd suksesvol in alle velde, sonder dat hul in Engels skoolgegaan het. Bv. Christiaan Barnard, Anton Rupert, Christo Wiese, Charlize Theron, ens.

Daan ·

En as hulle volgende week besluit om chinees as taal te gebruik want hulle kan dan stem jy saam en leer jou kinders en kleinkinders chinees praat en sodoende ontneem jy hulle hul geskiedenis en kultuur en word hulle vreemdelinge in hulle land van geboorte en los die volgende generasie met die rippel effek soos ons gelos is met de klerk se sotlike ondeurdinkte selfsugtige idees.

Gerhard ·

Beste Alida, ek stel voor jy leer Mandaryns Chinees praat. Engels se dae is getel.

Adam ·

Ek is ‘n groot voorstander van moedertaal-onderrig op skoolvlak, maar is nie veel gepla oor die gebruik van Engels as enigste onderrigtaal op universiteit nie. Wat ek wel sou wou sien is dat daar vertalings-opsies beskikbaar is vir studente wat dit verkies, ongeag hul voorkeurtaal. Ek het jare gelede uit vrye wil meestal in Engels studeer, bloot agv van die feit dat die meeste handboeke in my studierigting in Engels geskryf was. Dit het geen afbreuk aan my Afrikaner -identiteit gemaak nie en ook geen negatiewe effek op my studies gehad nie. Ek merk dat Andre verwys na wereldklas-universiteite; dit mag dalk voorheen die geval gewees het maar gewis nie meer vandag nie. In stede van om ons tyd op debatte rondom universiteite se taalbeleid te mors, kan ons gerus debat voer oor die belaglike lae toelatingsvereistes by SA universiteite waar daar derduidesende studente “studeer”wie nooit tot universiteite toegelaat behoort te gewees het nie. Nog meer belaglik is die idee van gratis universiteitsopleiding vir sulke “studente”.

Gerhard ·

Hoe stel jy voor word kinders op skoolvlak in moedertaal onderrig as daar nie universiteite is wat hul onderwysers in daardie taal oplei nie?

Adam ·

Gerhard, indien ‘n leerder op skool in sy moedertaal onderrig is en daarna universiteit toe gaan is hy/sy intellektueel in staat om daardie aanpassing te maak. Hope vakke wat destyds in Afrikaans aangebied was se handboeke was in Engels geskryf. Ek bepleit gewis nie die idee van Engels-alles nie en stel juis voor dat vertalingsopsies op universiteit beskikbaar moet wees. Talle leerders is jare gelede in dubbel-medium skole onderrig deur onderwysers wat tweede taal sprekers was. Afrikaners leef nie op ‘n eiland nie en het gewis ook nie ‘n slagoffer mentaliteit nie. Afrikaans het eers in 1925 amptelike taal-status gekry en die feit dat Engels in ons voorouers se kele afgeforseer is, het nie hul liefde vir die taal geskaad nie, so hoekom sal dit nou gebeur..

Gerhard ·

Adam, ek sien geen werklike rede waarom so situasie nodig is nie. Leer jou taal op skool enleer dit op Universiteit. Ek dink ook nie dit is wat die Kaders in gedagte het nie. Oor ‘n jaar of twee gebeur die selfde met Afrikaanse skole. Verder dink ek as jy werklik glo aan internasionale taal-opleiding, leer Sjinees praat.

Bossie ·

Dit was te wagte. Al wat gaan gebeur is dat alle Afrikaanssprekendes nou gaan begin koppe bymekaar sit vir privaat Universiteite in al die provinsies. En dit is ALLE rasse. Lankal gatvol dat ons geld gebruik word om afgebrande fasiliteite weer op te bou. Ons het nog altyd opgestaan wanneer ons so in die modder in vertrap word. Ons sal dit weer doen. Laat ons sien wie gaan ons geldjies eerste mis.

Hartseer die verdrukking! ·

Maar net weereens nog n bewys hoe anti blank die regering is en hoe hul die Afrikaner onderdruk..ek stem hul kan mos hul eie opleidings instansies lankal terug opgerig hetbmaar net so os parasiete vat hul net en gee niks want hul kan niks gee nie!Dit gaan oor wraak en die uitwissing van die blankes Afrikaans sprekendes se taal en kultuur..hoe pateties kleinlik!

Gerrit ·

Die afrikaans sprekende suid afrikaners moet saamstaan vir solidariteit finansieel ondersteun om eksklusiewe afrikaanse skole,te bou en Soltek en akedemia uit te brei tot die vlagskepe van onderig in SA.Die staats onderig sentrums kan dan die taal van onderrig chinees maak as hulle die behoefte het.

Eish ·

Almal wat in die moeras bly is moeraspaddas, maak nie saak of jy n platana of n brulpadda is nie, almal moet dieselfde kwaak, kwaak. Belaglik.

Coenie ·

So eet hulle die olifant happie vir happie en op die ou ent is die mense verantwoordelik vir hierdie euwel dade dood en sit n nuwe geslag met met die nagevolge.Hierdie is n bewys dat sekere groepe geen sterk kultuur het om hierdie te aanvaar nie maar wat is volgende onderrig net in n afrika taal??

jaco ·

Ek merk op dat die instansies wat so kla oor diskriminasie teen Afrikaans, almal wit is of hulle woordvoerders is wit. Nêrens sien of hoor ek in elk geval Afrikaanssprekende kleurlinge kla nie. Afrikaanssprekende wit mense wat so kla oor alles moet oppas: daar was reeds uitsprake van ANC- en EFF-leiers dat hulle moeg is van al dié gekla. Eendag is eendag wat ons almal radikaal onderdruk word oor ‘n paar wat aanhou om “reaksionêr” is en weier om “transformasie” te aanvaar.
Leer niemand dan iets nie: die wit mense in Zimbabwe was vir 20 jaar lank gelukkig, want hulle het hulle monde gehou. Mugabe se ooreenkoms met hulle was trouens “you stay out of politics and I will take care of you”. Toe hy uitvind hulle steun en finansier die MDC, het hy teen hulle begin optree.
Aanvaar dat alles Engels word en wees eerder bly dis darem ‘n wit Europese taal en nie Zulu of Tswana nie.

Coenie ·

Jaco dit is hoe die meeste afrikaners redeneer ,as jy saam met die sterkste ou staan sal jy nie geboelie word nie ,ongelukkig werk dit nie so in africa nie .Ek onthou dit was kortbroek se idee ook om … te kruip by die anc en te hoop hy word goed behandel en soos Leon Schuster se waar is daai manne nou.

JdV ·

Jaco, jy het ook seker nooit gekla as boelies jou toebroodjies afgeneem het nie?

Daan ·

Jaco dit gaan nie oor ras nie maar taal dink weer wat jy sê vergeet die wit die taal behoort aan almal wat dit praat.

Gerhard ·

Alles word Engels? Engels is die verdukkertaal van die verlede ou maat. Leer maar solank die verdukker taal van die toekoms as dit jou manier van doen is. Die Sjinese is oppad ;-)

Ottrek bydraes nou ·

Doen die regte ding en stop alle ondersteuning aan die universiteit, nou.

Chris ·

Stem saam. Onttrek alle ondersteuning aan staatsuniversiteite en kanaliseer dit liewer na instansies soos Akademia en Soltek.

Jacques venter ·

Adam
Stem heelhartig met jou redenasies saam.

Ek so moeg vir die ouens wat as enig iets verkeerd is, word De Klerk daarvoor blameer.

Alida
Stem met jou saam.

Gerhard ·

Hulle blameer De Klerk nie vir enigiets nie, net vir die nonsens wat hy veroorsaak het. Raak maar gewoont daaraan, dit is nou sy gemors en die blaam wat daarmee kom.

Gemaskerde Sopbeen ·

Laat hom nou maar totaal “transformeer” in sy kanon in. Ek het daar geswot…….maar nie een van my kids sal soontoe gaan nie. Laat ons begin bou aan “ons eie”, met “ons eie” geld, kundigheid, personeel….EN TAAL!!! Laat daar uitmuntenheid en potensiaal ontwikkel word tot op Internasionale vlak……….en laat die wat wil leer in ‘n taal wat se beskrywing vir die syfer 8 letterlik vertaal kan word as “Twee plekke links van tien” self sien hoe hulle Pytagoras baasraak….hehehehehe. Afri-watookal is besig om hulle waardevolle fondse en energie te spandeer om ‘n dooie perd weer op te saal. Laat gaan en laat God……….en leer uit julle foute.

John ·

Die uitspraak oor Afrikaans is moontlik dalk ‘n oortreding van menseregte. Sedert die Britte beheer geneem het oor die Kaap is alle tale buiten Engels in skole en kerke afgedwing. Die Franse Hugenote kon nie ‘n Christelike Franse-gemeente stig nie en skoolonderrig eerder aan ingevoerde werkers uit die Ooste gegee. Die Engelse sendelinge en hul swart werkers het hul glo verkneukel in die gebrekkige Engels van die trekkerboere. So, is onderrig in alle ander swartale by instansies nou wettig en kan sulke vakke/leerplanne aangebied word net Afrikaans word (om emosionele dog onbewysbare redes) verbied? In die VSA is daar veldtogte teen die dra van katoenklere omdat swartes op die katoenlande gewerk het. Hulle eis ook dat sekere bome uitgekap word omdat dit nasate aan ongelukkige tye herinner wat hul oorle voorvaders glo sou beleef het.

gatiep ·

Wie is die dictators wat wat ons so voorskryf watse taal ons mag en nie mag gebruik.Ek is seker dis nie swart mense nie anders het ons nou Zulu gepraat.
Ek is so moeg vir die Engelse taal wat so in almal se kele afgedruk word,van skooldae af.

Jacques venter ·

Almal in die land hou vas aan entitlement.
Baie Afrikaners glo hulle is entitled tot al die voorregte wat hulle onder apartheid geniet het.

Baie vorige benadeeldes glo hulle is entitled daartoe, dat alles in hulle skote sal val

Mense word wakker. Die lewe skuld jou niks

Ewige Student ·

En nou sit Stellenb Univ met Jansen wat met ope arms deur Wim de Villers ontvang is. Kan net probleme by US beteken.Die “ewige student” Jansen gaan nog US se ondergang beteken.Kyk wat hy met Kofsies aangevang he

Frans C ·

So graag van lesers verneem of hierdie uitspraak nie die “USE OF OFFICIAL LANGUAGES ACT, 2012 (ACT NO. 12 OF 2012)
ACT To provide for the regulation and monitoring of the use of of official languages by national
government for government purposes; to require the adoption of a language policy by a
national department, national public entity and national public enterprise; to prov
ide for the
establishment and functions of a National Language Unit; to provide for the establishment and
functions of language units by a national department, national public entity and national public
enterprise; to provide for monitoring of and reportin
g on use of official languages by national
government; to facilitate intergovernmental coordination of language units; and to provide for matters connected therewith:’ tersyde stel nie.

Swannie ·

Privaat Universiteite sal ook nie lank die oplossing wees nie. Wag net totdat die eerste swart student aansoek doen om toelating en dit geweier word. Die ANC sal dan dadelik ingryp oor die “blatante diskriminasie”

Dit was alreeds die geval by Stellenosch, wat Afrikaanssprekende studente gehad het. Die regering het aangedring dat swart studente aanvaar moes word, al kon hul geen woord afrikaans verstaan of praat nie.

Dis nag vir die Afrikaners mense !!

Daan ·

Swannie ek stem nie saam dit gaan oor taal nie ras as n swart man wil inskryf en voldoen aan die vooropgestelde hoë standaard en bereid is om in afrikaans te leer glo ek is hy welkom.

Andre ·

Koos
Ek en vele ander proaktiewe mense wat Afrikaans goedgesind is veg reeds vir dekades lank teen die verengelsing by voormalige Afrikaanse universiteite. Die inligting oor die weerstand teen verengelsing kan reeds boeke volmaak. Koos … hoe gaan jy help?

Ada ·

Dit is net weereens duidelik dat Kodesa n klug was.Ek wonder hoeveel was de klerk en sy meelopers betaal om ons land en regte weg te teken

Jacques venter ·

Hallo Ada
Watter regte het De Klerk ,”weg geteken” ?

CHRIS NEL ·

. . . . . nooit ooit sal REGTE weer as REGTE in SUID AFRIKA se ONREIN GEESTE PARLEMENT EN HOF EN KERK ooit weer kan wees nie. . . . .dis baie beter as alle AFRIKAANSSPREKENDE WIT OUERS hulle seuns en dogters verbied om ooit weer by hierdie UNIVERSITEITE te studeer. . . .baie gou sal die hele spul in duie stort en net mooi niks beteken nie

Adam ·

Is ek korrek indien ek aflei dat jy bereid is om jou kinders se toekoms op te foeter omrede jy bitter is dat jy deel uitmaak van 7% van die bevolking?

kerneels ·

Aag wat ‘n gekerm en gekou …. beoefen julle taal en kultuur tuis en werk saam buite om ‘n Suid-Afrikaanse nasie te bou met Engels as amptelike taal. Met hierdie elkeen-op-sy-eie-mishoop mentaliteit sal daar nooit eenheid in Suid-Afrika wees nie. Kyk ‘n slag vorentoe en hou op met julle Lot-se-vrou sindroom.

John ·

Wat se ge-eenheid? Wat presies beteken dit? Daar is nie eens in SA een godsdiens vir almal nie en dit is aanvaarbaar en daarvoor is ons dankbaar. Die bestaande godsdienste is so wyd uiteenlopend soos die heelal self en vorm grootliks kulture se onderbou. Waarom nie gedy in ons verskille nie en elkeen toelaat om homself te wees en groepe om hul eie kulture uit te bou en te geniet nie? Oorheersing van een groep oor ‘n ander moet eerder verhoed word… balans dus. Mens kan nie die heeltyd kla dat die roosboom in die buurman se erf die heeltyd blom en dit verhoed die perskeboom in joue om te dra nie. Nie eens’n gelukkig-getroude egpaar stem oor alles saam nie. Die Nuwe-era-beweging het juis so ‘n eenheid ten doel waar ras en geslag, godsdiens en kultuur uitgewis moet word om ‘n siek eenvormige en beheerbare massa te skep… byna soos in N-Korea… Is dit wat met eenheid bedoel word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.