Kovsies-taalbeleid: UV sal teen hofuitspraak appelleer

universiteit van die vrystaat kovsies

Universiteit van die Vrystaat. Foto: UV, Facebook

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Vrydag gesê hy sal appelleer teen ʼn hooggeregshofbevel wat die universiteit se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde stel.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die universiteit se regspan het die uitspraak onder oë gehad en vir interne sowel as eksterne advies gestuur. “Die advies hou in dat die hooggeregshofbevel foutief is met betrekking tot regsbeginsels en feitelike kwessies, wat fundamenteel sowel as verreikend is. Die UV sal dus, onder die omstandighede, ʼn aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof indien,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig die Vrystaatse hooggeregshof het Donderdag beslis dat die UV se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde gestel moet word.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit het ʼn aansoek ingedien om die senaats- en raadsbesluit oor die taalbeleid van die universiteit ter syde te laat stel. As dié besluit gehandhaaf sou word, sou Afrikaans in 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik word nie, buiten in enkele opvoedkunde- en teologiekursusse.

Ná die hofuitspraak behou Afrikaans voorlopig sy huidige posisie as onderrigmedium aan dié universiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sê maar net ·

Ek weet van ‘n bruin student aan die UV wat ‘n dux-student was, maar nou nie eers kan deurkom nie weens ‘n enkeltalige Engelsprekende dosent uit die VSA. Die kind is van die Noord-Kaap. Daar is Engels ‘n buitelandse taal, en Engels word slegs vir selfverdediging gepraat.
Dit gaan eerder daaroor om die wit Afrikaanssprekers te na kom, maar daar word vergeet dat die meeste Afrikaans-moedertaalsprekers nie wit is nie. Dis tragies, mense. Die onreg wat hier gedoen word, sal nog vir geslagte onthou word. Die wit Afrikaanse studente het nie veel van ‘n probleem met Engels nie, want hulle gaan skool in skole waar die Engels-onderwysers goed opgelei is. Die swart studente wat aandring op Engels, het ook nie veel van ‘n idee van Engels nie en word nog verder benadeel as wat hulle dink. Buitelandse dosente het nie veel belang by Sesotho nie, want hulle gee klas in Engels.

jennefer ·

Daar is werklik baie kleurlinge, dis diskriminasie teen hulle ook.

Johann ·

Los hulle. Dat ons wat in Afrikaans BETAAL alternatiewe ondersteun. Die aksies en nounreaksies van KOVSIES se ALLES. Buig voor anargie en wonder wie en wat anders?

Wern ·

ja los UFS heeltemal, laat hulle vergaan terwyl ons voluit bou aan Akademia!

hans ·

Moet nie die ouers wie klasgelde betaal se geld vir appel gebruik nie. Laat die universiteitsamptenare/senaats-raadslede wat die aksie verder wil voer dit doen met hul eie fondse doen.

Ek ·

Ek stem Hans, waarom Afrikaanse ouers se geld gebruik vir hulle aksies. Maar kom ons ondersteun Akedemia al hoe meer.

JC ·

Ek stem saam met jou Wern, ondersteun Akademia voluit!! Dis klaar ‘n volwaardige Universiteit.
Suur druiwe aan UV se kant, hulle gaan aftjop by die HHA ook.
Die prokureurs (en advokate) maak lekker geld, dis al waarom die saak nog aangaan dink ek…want daar is absolut geen meriete in UV se posisie nie. Wat my verstom is dat die mense nie kan besef dat hul op Afrikaanssprekende studente se grondwetlike regte trap nie, my hemel!
Hulle moet maar aangaan, die hele petalje gaan hul nog miljoene uit die sak jaag, welke miljoene beter gebruik kon word.Doof-stom-dom die mense, doof-stom-dom se ek julle.
MENS KAN EINTLIK MAAR NET LAG. DAT DAAR SO HARD GEPOOG WORD OM STUDENTE SE GRONDWETLIKE REGTE TE ONDERDRUK!
Wel, UV gaan nie regkom nie. Afrikaans SAL BLY by Kovsies, Tukkies en Maties. Die uitspraak is goeie en behoorlike ammunisie. Ek glo nie die HHA gaan hul appel verleen op ‘n goed ge-beredeneerde, grondwetlik gefundeerde uitspraak soos die wat aangehoor is deur die drie regters nie!!
EK WONDER WIE SIT AGTER DIT ALLES? Daar is absoluut geen gronde vir sukses op appel nie. Die optrede van UV wys in elk geval hul dra nie die belange van die studente op die hart nie!!

Ek-wonder-maar-net ·

Ek sien dat die bruin persentasie gerieflik pas wanneer voor die hof vir die behouding van Afrikaans gepleit word, maar wanneer daar oor Akademia gepraat word, word hulle net so gerieflik vergeet deur die getroue “betalers van klasgelde”- so asof dit ‘n morele hoëgrond is…

JC ·

Hi EWMN, ek het ook gewonder op watter feite jy jou kritiek baseer? Dink jy werklik Akademia doen nie, en sal nie alles in hul vermoe doen, om ons mede Afrikaanse susters en broers te betrek nie? Natuurlik JA! Jou kritiek is dus ongevraagd en ongewaardeerd hoor!

Lance ·

Kom net weg by daardie gemors …dit gaan nie verbeter nie ! Die mense wil en sal geen rede insien nie ….kom net weg en los dit oor aan hulle

dirk kroonstad ·

ek het Regte geswot by Vrystaat Universiteit in sestigerjare toe die Regsfakuteit beskou was as was as 1 van die 3 bestes in land. ek betreur huidige mode dat geappelleer word as n Hofuitspraak jou nie pas. Die vraag ontstaan of die gemeenskap nog respek het vir ons Howe se uitsprake. die Universiteit het nou die geleentheid om te toon dat dit Uitsprake teen die Universiteit wil eerbiedig en so die Hof eerbiedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.