Kovsies verduidelik oor ‘boeke’ by skrootwerf

Die joernale wat op die skrootwerf in Bloemfontein afgelaai is (Foto: Verskaf)

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Dinsdag gesê gerugte dat hy 20 ton Afrikaanse boeke na ʼn ashoop verwyder het om verpulp te word, is onwaar.

Dit volg nadat foto’s van dié boeke wat na bewering by ʼn skrootwerf afgelaai is om vernietig te word, die wenkbroue van akademici en talle op sosiale media laat lig het.

Onsekerheid het geheers oor 20 ton boeke wat by ʼn skrootwerf in Bloemfontein laat weeg is voordat dit glo bestem was om verpulp te word.

Brendon Muller, mede-eienaar van Avery Scrap Metal and Glass Recyclers in Bloemfontein, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn vullisverwyderaar van die universiteit het vandeesweek dié 20 ton boeke by sy skrootwerf kom weeg. Hy sê hy en die mede-eienaars van die skrootwerf, Neels en Casper de Villiers, het besluit om die boeke aan te koop, eerder as om dit te laat verpulp. Muller het bevestig dat die universiteit op navraag ingestem het dat hy die boeke mag aankoop.

“Ons wou nie toelaat dat al dié boeke met ʼn ryk geskiedenis sommer net verlore raak nie. Ons het dus in kontak getree met die universiteit in die hoop dat ons die boeke sal kan aankoop. Ons is verheug dat hulle ingestem het en baie bly dat ons die boeke nou vir tyd en wyl veilig hier by ons kan bewaar,” sê hy.

Volgens hom dateer meeste van die boeke en joernale uit die laat 1800’s en die vroeë 1900’s. Hy sê daar is onder meer talle gebinde weergawes van Taalgenoot, Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en Die Brandwag. Tussen die boeke is glo ook baie biologie- en fisikaboeke.

Die joernale wat op die skrootwerf in Bloemfontein afgelaai is (Foto: Verskaf)

Lacea Loader, ʼn woordvoerder vir die universiteit, het Dinsdag op navraag van Maroela Media, gesê dat slegs joernale deur die universiteit na die ashoop gestuur is om verpulp te word, en nie boeke nie.

Loader sê Francis Petersen, vise-kanselier en rektor van die UV, het ná sy aanstelling vroeër vanjaar opdrag gegee om nuwe maniere te ondersoek oor hoe die kampus se biblioteek gebruik kan word en as ʼn “wêreldklas” biblioteek geklassifiseer kan word. Petersen se visie vir die biblioteek was glo een wat “visuele ruimtes insluit wat veeldoelige leer insluit” met ʼn klem op “studente-ervarings wat [studente se] akademiese sukses lewenslank ondersteun”.

Hy het glo ook voorstelle van ʼn hersiening wat in 2014 voltooi is en ʼn tweede oorsigtelike hersiening wat vanjaar voltooi is, in ag geneem. Dié hersienings het glo aanbeveel dat die biblioteekboeke aansienlik verklein word deur net 35% van die boeke in die biblioteek te hou en die ander boeke in veilige bewaring naby aan die biblioteek te stoor vir “in geval” studente daartoe sou wou toegang hê.

Om die versameling te verminder het die biblioteek en die inligtingsdienste onlangs ʼn voorraadopname gedoen en met ʼn invorderingsassesseringsprojek begin om uiteindelik die boeke se finale ligging te bepaal.

Die joernale wat op die skrootwerf in Bloemfontein afgelaai is (Foto: Verskaf)

“Geen boeke is weggegooi nie, maar wel ʼn paar joernale,” sê Loader. “Die projek in voorraadopname en invorderingsassessering het uiteindelik behels om te besluit watter boeke op die biblioteekrakke sal bly en watter boeke op ʼn veilige plek gestoor sal word. Die kriteria wat gebruik is, was die gebruik van die biblioteekboeke oor die afgelope 20 jaar. Boeke wat die afgelope 20 jaar gebruik is, is op die rakke gehou. Boeke wat glad nie in die laaste 20 jaar gebruik is nie, is uit die biblioteek verwyder en na ʼn veilige plek geneem. Dié boeke is steeds beskikbaar vir studente en kan maklik na die biblioteek gebring word wanneer dit nodig is.”

Sy sê daar is wel van sommige joernale ontslae geraak, maar dat dié joernale gedigitaliseer is. “Die joernale wat gedigitaliseer is en dus van die rak verwyder is, is joernale wat vir etlike jare nie meer gebruik word nie. Sommige van die joernale is minder as ses keer ʼn jaar uitgeneem. Dit is egter steeds aanlyn beskikbaar. In die hele projek is sommige van die joernale op ʼn veilige plek gestoor, terwyl die res gedigitaliseer is. Dit is geredelik beskikbaar vir studente om te gebruik.”

Muller het gesê talle organisasies soos onder meer AfriForum, Solidariteit en talle onafhanklike tweedehandse versamelaars het reeds aangedui dat hulle sommige van die boeke weer by hom wil aankoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

My opinie ·

Daar lê seker talle verhandelings in proefskrifte wat deur studente geskryf is. Hoop rêrig dat dit “gedigitaliseer” is, anders is dit ook maar in die niet…

Ella ·

Ons ou geskiedenis beteken vir hulle niks. Is die goed nie Afrikana nie of bestaan daar nie meer so-iets? Ja in die land van blindes….

Keelvol vir Anti Afrikaans ·

Ek is met skok en afgryse vervul!

Dit is net ‘n idioot wat geen waarde aan hierdie skat kan heg nie! Hoe KAN ‘n universiteit wat sogenaamd met kennis gevul is vertrou word as hulle sodanige daad pleeg??

Dit is skandelik! Dit wil egter vir my voorkom dat dit slegs gebeur het weens die feit dat die “joernale” in Afrikaans is en is dit seker ook nou weer terug herleibaar na apartheid.

SIES!

John ·

Ja, ja, ja… ons glo elke woord… doen so voort… 1984 is met ons hier in 2017… en dis maar net die begin…

Kwagga ·

Julle is op n moontlike spreekwoordelike “goudmyn”!!
Welgedaan…. moontlik meer werd as koper.
Vir UV die “gang” sal sy gang aanhou gaan nĕ

dup ·

Wat is die verskil tussen ‘n joernaal en ‘n boek.Joernaal kan weggegooi word ,ek weet nie . Goed wat oud is is nie noodwendig onbruikbaar nie .Wat van ‘n sentrale argief ? As almal alles weggooi het ons nie meer oor ‘n paar jaar nie eers meer ‘n Trompie boek as voorbeeld nie.

Sonja ·

Ai vol punte vir jul scrap ouens! Jul is eintlik sterre en dis verblydend om te lees dat Jul nie net aan Jul sakke gedink het nie maar aan die Afrikaanse erfenis! Mag die boeke in ‘n museum beland vir die nageslag en Jul ryklik beloon word!

Ebs ·

So sal die ANC alle Afrikaner geskiednis prober vernietig en vervang met leuens. Duidelik dat Afrikaans nie deur die regering erken word nie. Hoop my belating word ook aan my terug betaal.

alwyn burger ·

Lacea Loader van die UV beskryf 20 ton boeke as ñ “paar joernale”. Ek hoop nie jy werk by die Wiskunde Departement nie, Lacea!

Johan Reiners ·

Cicero het boeke vergelyk met die siel van ‘n mens. Dit kan seker ook vergelyk word met die siel van ‘n kultuur, volk en land. En hier ag Kovsies, in die waan om ‘n “wereldklas” biblioteek te vestig, dit gerade om die biblioteek te reinig van 20 ton boeke. En, blykbaar ken die woordvoerder van Kovsies nie die verskil tussen joernale en boeke nie. Ek vermoed ook dat Kovsies nie regtig weet hoe ‘n wereldklas biblioteek lyk nie. Dit sal hul goed doen om dalk net te Google (hulle hoef nie eers op ‘n duur wereldtoer te gaan nie) en te sien hoe diesulkes lyk en hoe hulle tydlose boeke met die grootste respek en vaardigheid bewaar. Wat julle doen is skandalig. ‘n Grood dank aan die manne wat die boeke gered het.

Johan ·

Miskien sal die biblioteek nie so vinnig sak nou nie. In 1993 het die gebou al begin sak a.g.v. n “klein” ingenieurs foutjie met die fondasie. Blykbaar het die slim meneertjie vergeet om die gewig van die boeke in ag te neem tydens beplanning. Ek dink 20 ton mag n klein verskil maak.

Afrikaanse Erfenis ·

Genoeg Afrikaanse boeke om n ” Afrikaanse Erfenis” biblioteek oop te maak

Manna ·

So word afrikaner se geskiedenis en kultuur sķatte elke dag vernietig.

Marius ·

Ja Kovsies se ‘agente’ kannie wag om van Afrikaans ontslae te raak nie. Ek skaam my om te sê ek het daar geswot.

Bertus Steenkamp ·

Ek is oortuig daar is skole veral in die Wes Kaap of akademici wat dit kan gebruik. As ek na die enkele voorbeelde kyk is dit Afrikaanse tydskrifte. So saam met Afrikaans as taal word ons erfenis ook by KOVSIES of UV vernietig.

bgj van der westhuizen ·

dit is een wat uit gevang was wat is nie al weg gegooi nie waar om skenk hulle dit nie aan afrikaans beweging dan kan ons vir ons n plek bou waar ons dit kan bewaar vir ons na geslag hulle is besig om afrikaans uit te druk stadig maar verseker is hulle besig om alles te ver engels en ons as afrikaners laat dit toe ons moet geen kontrak of af betalings doen in engels nie maar besighied dwing om dit in Afrikaans te doen en ek het geen beswaar as eimand Zulu is dat hy dit in sy taal kan alle dokomente kan in engels en ander taal van voor keur wees en moet nie vertel dit gaan te duur kos nie alles is op rekenaars beskikbaar afrikaanse en ander swart tale

Oud Kovsie ·

Skokkend!!!! Besluitneming word bevraagteken!!!!!!!!!!

Johann ·

Voorwaar is die prof se kop n visuele ruimte!Leeg en slegs 35% funksioneel! SKANDE OP SKANDE by Kofsies teen als en almal wat Afrikaans was of is.

Faan ·

Is Akademia nie die aangewese Universiteit waar hierdie kosbare boeke geberg ( en gebruik) moet word nie ?

Susara ·

Dankie dankie dankie, Brendan Muller, Neels en Casper de Viliers, dankie!

Minx ·

Ek is so bly die boeke is gered daai boeke kan ook gebruik word vir tuis onderig in ‘n sentrale biblioteek en van waarde wees vir onderig al is dit in wit plakkerkampe ons is trots op ons kultuur en wil nie met die waardelose grootstroom ons kinders groot maak nie asb bewaar ons kennis want ek sal nie toelaat dat my kinders en kleinkinders hulle geskiedenis vergeet nie. Als word vernietig en die mense se moraal het drasties verander ek weet ons het nou internet maar die hele waarheid word nie vertel nie.

Wilma ·

Ek was met afgryse vervul toe ek gister (Maandag) die berig lees. Het dadelik Dr Pieter Groenewald van die Vf+ genader en gevra of daar nie ‘n manier is om die KOSBARE Afrikana te bewaar nie. Vanoggend is ek VERHEUG om te lees dat dit wel aangekoop is en bewaar gaan word. Dankie Mnr Muller en Kie! Vir Party mense beteken Afrikaans NIKS en sal alles moontlik gedoen word om dit te vernietig. Vir ons wat ons Taal Liefhet en Koester is dit ons Trots!

Ernst Marais ·

‘n Familielid het ‘n klomp Staatskoerante uit die ZAR wat deur ‘n staatsdepartement kort na 1994 in ‘n vullisdrom gegooi is, gered
Een van die koerante beklee ‘n ereplek in my huisbiblioteek

Hoe veilig is dokumente by die Instituut van Eietydse Geskiedenis?

JC ·

Dankie julle ouens wat die aankope gedoen het; julle IS MY HELDE !!!

Afrikaans leef !!!

Alumni bydraes onttrek ·

Asseblief almal wat nog alumnibydraes maak aan universiteite, dra dit oor na Akademia of Soltek. Die UFS bespot ons ervenis en moet nie meer ons geld kry nie.,

Marius ·

Hulle het vir my ‘n sms – in Engels natuurlik – gestuur waarin hulle my versoek het om my alumni details op te dateer – natuurlik vir alumni bydraes. Ek het in Engels vir hulle presies gesê wat ek van hulle met hulle alumni details kan doen. Al my vriende, wat daar gestudeer het, voel dieselfde – hul bydraes is al lankal gestaak, vandat Jonathan Jansen met sy rassistiese optredes begin het…

Gerrit ·

En dit is nou n man by n Universiteit wat so besluit.
Ons kinders se erfnis so vernietig deur so n besluit ,ek wonder hoe het hy die pos gekry as hy nie n bietjie verder as sy neus kan dink om iemand anders te kontak voor hy dit scrap yard toe stuur nie.
Dankie vir die manne wat dit gered het!!!!

Kay ·

Die is so hartseer .. Ons het n 2de handse boekwinkel en probeer die tiepe boek bewaar . Het ook n jaar terug probeer keer dat iemand die soortgelyke boeke pulp.. Het geld aangebied maar die mense was baie slim ..hulle het die boeke opgeskeur vir 40c ‘n kilogram .. Dit het my in trane gehad. 1ste drukke .. Maar die persoon was so slim hy het gese boek kan altyd weer gedruk word .. Regtig .. Hulle vernietig afrikaans

Jaco ·

Pateties om die minste te sê. Die verskoning is om van naar te word.

JC ·

Ek reken daar behoort DEFINITIEF ook plek te wees in die kelder v/d Nasionale Afrikaanse Literere Museum en Navorsing Sentrum in Bloemfontein – daar is verseker verskeie opwindende opsies vir die grotendeels kosbare Afrikaanse skat.

Deduktiewe redenasie voorbeeld: Universiteite is plekke waar boeke gekoester word, en die kern van hulle aktiwiteite en wese uitmaak.

UV; gooi boeke weg.

Dus; UV is nie ‘n universiteit nie.

Reinette Rautenbach ·

EK is n librarian. Wat aan Kovsies gestudeer het. In die einste voormalige SASOL biblioteek. Vir almal wat so ontsteld is… die biblioteekpersoneel het absoluut NIKS verkeerd gedoen nie. n Biblioteek in nie n ARGIEF nie. Bekyk die fotos van die boeke/joernale wat uitgegooi is. Dis verouderde voorraad wat net sentimentele en estetiese waarde het.
Biblioteke se voorraad moet “beweeg”, dooie voorraad kan nie net staan nie. Dit mors spasie.
En ek stem saam met die rektor. In die digitale eeu moet biblioteke bybly en n klomp verstokte voorraad is net in die pad. As n mens dan so passievol is oor ou africana, gaar dit by jou huis op.

Albaster ·

Ek stem gladnie saam nie. Voor hulle dit net wegsmyt moes hulle belanghebbendes genader het wat dit met graagte sou wou oorvat. Volgens jou is museums seker net vol ou beendere en waardelose uitgedateerde instrumente.

Ada ·

Maar hulle sal dit nie regkry om ons te vernietig nie – elke keer staan ons net sterker!!!

kat ·

Is dit nou die nalatenskap van J Jansen? Die een wat nou by Stellenboch univ is? Ek is seker dat Wim de Villiers dit ook sal toelaat. Hy is ook mos ‘n uitverkoper en sonder rugraat.

Magda Grove ·

Is ek geskok? JA. Nie gedink dis moontlik om nog geskok te wees oor wat hier in ons land aangaan nie. Miskien net nog n manier om van Afrikaans ontslae te raak. Seer sekerlik is daar iewers n plek om die joernale en boeke te bewaar.? Reis jy oorsee is daar geskiedenis oral en word met trots bewaar. In ons land word alles verwoes.

martin cilliers ·

kry studente in die vakansie tyd om dit op hardeskywe te sit en verkoop dit dan aan die publie en betaal die studente vir hulle moeite dit is to al 2017 skoot rekenaars bestaan of hoe????

OTTO RIPPEL ·

Arme Reinette. Jou opinie is betreurenswaardig. Die sogenaamde “Joernale” verdien om in ‘n ARGIEF bewaar te word vir ons nageslag. Hoekom bevorder sogenaamde kundige mense soos julle nie eerder die bewaring van verouderde dokumentasie soos die nie, eerder as om net bloot klinies en sinies te vewys na kultuur skatte as dooie voorraad wat nie beweeg nie?

Dereck LebRoux ·

Eers Kovsies, watter ander univrrsiteite gaan nou in hul voetspore volg om die verouderde joernale weg te gooi?

Chantelle ·

I have an Adult Learning Academy …… my students are in dire need of these books…. does anyone know how I can get hold of them?

JC ·

Dankie John, inderdaad; die “Ministry of Truth” voorheen ook bekend onder name soos die “University of the Free State”, is GOED op dreef.

Johann Jordaan ·

Manne julle is die sout van ons volk as julle oorweeg om van dit te verkoop ek sal verseker in van die joernale belangstel. Viva!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.