KPMG-bestuurslede bedank oor Guptas

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

Trevor Hoole, uitvoerende hoof van KPMG Suid-Afrika, het Vrydag gesê hy en etlike ander senior lede van die ouditeursfirma het bedank.

Die aankondiging volg nadat KPMG Internasionaal die werk wat die firma vir die omstrede Gupta-familie gedoen het, ondersoek het. KPMG het in ʼn verklaring op die maatskappy se webwerf bevestig dat die ondersoek nie enige bewyse van onwettige gedrag of korrupsie deur KPMG se vennote of personeel gelewer het nie, maar wel gevind het dat die werk wat gedoen is nie aan KPMG se standaarde voldoen het nie.

KPMG het die laaste paar maande erg onder skoot gekom nadat die #GuptaLeaks e-posse aangevoer het die firma was die ouditeure van ʼn Gupta-maatskappy wat glo belastingbetalers se geld gebruik het om vir ʼn susterskind se buitensporige troue by Sun City in 2013 te betaal

Hoole het uit die direksie van KPMG en as uitvoerende hoof bedank terwyl Steven Louw as bedryfshoof en risikobestuursvennoot bedank het.

“Ek en Steven het besluit ons uittrede is in die beste belang van die firma terwyl dit herbou en aanbeweeg. Ek verstaan dat die uiteindelike verantwoordelikhede by my lê. KPMG Suid-Afrika is ʼn firma met uiters talentvolle mense en ek glo dit is die regte ding vir my om uit te tree en ʼn nuwe uitvoerende hoof toe te laat om die publiek se vertroue in die firma te herstel en ʼn firma te bou wat weer die hoogste standaarde vir kwaliteit en etiek stel,” het Hoole gesê.

Ahmed Jaffer het ook uit die firma bedank en as voorsitter van die direksie uitgetree.

Die volgende vennote sal ook die firma verlaat:

  • Mike Oddy, hoof van die ouditafdeling en direksielid
  • Muhammad Saloojee, hoof van belasting en direksielid
  • Herman de Beer, voormalige hoof van forensiese ondersoeke en direksielid
  • John Geel, hoof van die adviesraad
  • Mickey Bove, risikobestuursvennoot en transaksieadviseur

KPMG Suid-Afrika het ook besluit om dissiplinêre optrede teen Jacques Wessels, die hoofvennoot wat die ongenoteerde Gupta-sake-entiteite se oudits hanteer het, in te stel met die oog daarop om hom af te dank.

Die ouditeursfirma het ook sy verslag oor die sogenaamde rogue-eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) onttrek. Die firma sal verder ook die R23 miljoen wat hy verdien het om die omstrede verslag oor SAID se sogenaamde rogue-eenheid saam te stel, terugbetaal.

Nhlamu Dlomu is aangestel om die leisels as uitvoerende hoof by die ouditeursfirma oor te neem.

“Dit was ʼn pynlike tydperk en die firma het te kort geskiet aan die standaarde wat ons vir onsself gestel het en wat die publiek van ons verwag het,” het Dlomu in die verklaring gesê.

“Ek wil om verskoning vra aan die publiek, ons mense en kliënte vir die tekortkominge wat hierdie ondersoek uitgewys het.”

KPMG het gesê hy sal die R40 miljoen wat hy verdien het uit die werk wat die firma vir die Gupta-maatskappy gedoen het aan niewinsgewende onderwys- en teenkorrpusie-organisasies oorbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieta ·

Julle is veronderstel om ‘n hoogs gerespekteerde maatskappy te wees. Sies. Het ek ewe skielik simpatie met Zuma. As hierdie mense nie eens die Guptas kon weerstaan nie.

Buitestander ·

Waar ‘n rookie is, is daar ‘n vuur.
Nou kan hoë koppe maar rol en sake kan nou maar net gewoon weg voortgaan.

Oe-la-la ·

KPMG okes got “particitation grants” in the riggings of audits. IRBA ows it to fellow members to expose KPMG entire irrigularities in operations. KPMG mellowness to redulicated persieved action with a “sorry” is scandalous. The time is nigh to roundup suspects, freeze all personal bank accounts and keep them for safe custody in Kokstad CMAX while high treason, transgressins in terms of Fika, money laundering, collusion, racketeering, fraud and defeating the end of justus investigated. KPMG could well be involved advising other dictators and crime syndicates in the would stealing!

Oe-la-la ·

Monyane was eens betrokke bi Korrektiewe Dienste daar is hy al “gefinger” in betrokkenheid van tender “irregularities ” – BOSASSA het Tom toe al n geldjie gegee.

To Little to Late ·

Is KPMG jammer omdat hulle oneerlik en geldgierig was, of is hulle net jammer dat hulle uitgevang is 3 jaar later?

Johann ·

Alagoffers van ZUPTOPIA. Maar die werklike ZUMAIKIES loop gwetenloos ongesttaf los en skep NOG! Of moes daar plek gemaak word vir die “regte” van?

Catherine ·

……en nou….wat van Pravin Gordan?..Wat van skade aan ekonomie?Word alles maar weer net afgelag?

Oom Piet ·

Spyker op die kop Cathrine.
Die Interne ondersoek verslag van KPMG blyk oppervlakkig self verontskuldegend.
Dis mos snert om te beweer die Guptas het op KPMG navraag misleidende en/of onvoldoende antwoorde gegee, skynbaar sonder volledige “follow the money” ondersoeke van die vele materieele bedrae, en in Finansieele State verslagdoening deur KPMG, wie skynbaar wegruip agter daai “Ware reflekse van bedrywihede op grond van inligting verskaf” vrywarings verskansings klosule, algemeen die Oudit bedryf. Alle derglike vrywarings onsin MOET uit alle Geouditeerde Finansieele State VERBAN WORD, betende die Ouditeurs Firma moet manstaan.

Die beweerde terugtrek van die verslag van die SARS Rogue Unit is nie teruggetrek nie, net die opvolg verslag waarin KPMG ZA opsiselff wild en wakker bewerings en/of opinies geopper het.

In die Internasional Statement op (kpmg.com) KPMG Hoofkantoor se webwerf word gepraat van skamele R23 Miljoen na SARS (Mojane) en addisionale R40 Miljoen as donasie, maar KPMG ZA praat niks van die R40 Miljoen, hoekom?

Watse Grade en toepaslik gesertifiseerde opleiding het Nhla(lo)mu Dlomu wat Hoole vervang as Uitvoerende Hoof van KPMG ZA. Ek sien net MA Clinical Psychology ?

Adam ·

Oom Piet, jy is in die kol met jou voorstel dat die vrywaringsklousules in sy huidige vorm geskrap moet word. Daar sal weliswaar op ‘n manier beskerming aan die professie verleen moet word omrede hulle op inligting van hulle kliente staatmaak. Dit vrywaringsklousule word menigmaal misbruik.Tong in die kies wil ek byvoeg dat hulle beweer ‘n sielkundige is die laaste mens met wie ‘n mens praat alvorens jy met jouself begin praat.

Gupta Scum ·

Sal graag will weet wie is die “konneksie” en watse “kickback” daar betaal is

Eish ·

Dis n skande dat mense wat veronderstel is om n voorbeeld van integriteit te stel, hulself in die situasie bevind. Ek haal aan uit die verslag: ” KPMG became aware of the information which called into question the integrity of the Gupta’s. This information was not adequately dealt with by a number of of senior leaders in the firm when assessing whether to continue to perform work for the Gupta group.” En verder: ” … work that fell considerably short of KPMG’s standard.”
My seun kon reeds in sy tweede jaar as student n goeie 30 minute met my gesels oor die belangrikheid van die keuringproses van n kliënt voor jy die kliënt aanvaar.
Dit waar geen kriminele aktiwiteite is gepleeg nie, maar, juis dit waarvoor jy ten duurste betaal, n professionele mening en integriteit, word gruwelik nagelaat. Hul wat ons moet waarsku dat ons grys areas nader, opereer vanuit die mileu! Motivering, maksimalisering van wins teen die laagste denkbare koste. Die mense sal nie vat aan my boeke nie. Mag die oorblywende firmas die feite baie goed in ag neem en verdiskonteer in hul beleid. Daar is hoeka n paar reuseboetes opgelê in die buiteland teen nog n firma wat hier praktiseer. Het die mense geen trots nie?

marous ·

As die goed op die lappe kom is almal vreeslik jammer …omdat dit uitgelek het.

Mielie ·

Dis jammer dat hulle nie vevolg kan word nie. Hulle behoort beboet te word omdat hulle nie aan die standaarde voldoen nie. Ek hoop Outa ens gaan voordeel trek uit die donasie. Sal lagwekkend wees as die Zuptas vervolg word met geld wat deur hulle geskenk word.

Eish ·

Jip, onthou Arthur Anderson wat wêreldwyd sy deur moes sluit.

Carel ·

Waar is die man wat die SARS “rogue” verslag opgestel het wat R23m van ons geld gekos het. Wie het hom omgekoop? Al daardie inligting moet nog openbaar gemaak word. Het PG sy werk gekos. Het uitstekende personeel by SARS hul werk gekos. Skade aan RSA onberekenbaar.

Alida ·

Jaag die Guptas land uit rig net skade aan. Hopenlik vat hulle JZ saam!!!

Laat hy wat geen sonde het nie, die eerste klip gooi ·

Ek het vanoggend met my pragtige jong meisiekind in my arms gestaan terwyl sy van onsekerheid huil oor KPMG. Hoekom vra Save SA nou dat ALMAL wat met KPMG besigheid gedoen het hulleself distansiëer? Dis nie die duisende werkers van KPMG wat met die Guptas geheul het nie? Maar dis hulle wat hulle inkomste verloor, hulle werk verloor, hulle toekoms verloor, hulle alles verloor…..as KPMG sink, terwyl die groot base met hulle miljoene wegstap en hulle hande was. En dit terwyl dit daardie selfde groot base was wat vir hierdie gemors verantwoordelik was!! Hoekom doen Suid Afrika dit aan onsself? Beteken dit nou dat omdat hier ‘n korrupte president aan bewind is, daar ook 55 miljoen korrupte landsburgers is? Is dit hoe die nuwe Suid Afrika daar uitsien? Ons begin dan nou maar uitkyk vir ‘n pos in ‘n ander land…..

Mielie ·

Ek stem saam met jou in n mate. Daar is baie goeie en onskuldige mense wat onsekerheid in die oë staar terwyl die vet katte se sakke rol ivp hul koppe. Wat hulle gedoen het is ekonomiese terrorisme en hulle behoort vervolg en beboet word. Die geld wat KPMG ontvang het het natuurlik n invloed op hulle winste gehad en die personeel het voordeel getrek tov verhogings en bonusse. Dit was die enigste manier om die maatskappy op sy knieë te dwing daarom die druk en nagevolge. Gelukkig was daar goeie besluite deur goeie bestuurders geneem om die maatskappy en sy personeel te red voordat hulle n BP geword het. Hulle sal weer regkom.

Eish ·

Ja, die bekommernis gaan maar vreet aan n mens. Ek het n vriend wie se kind in dieselfde situasie verkeer. Dit is onsekere tye veral noudat die benadeeldes soos Pravin Ghordan en andere met siviele eise gaan begin. Dit kan egter lank duur en op die kort termyn is is die ergste wat kan gebeur die stelselmatige verlies aan kliënte, wat gaan kom. Ongelukkig is dit die sisteem waarin ons leef wat hom daartoe verleen dat die onskuldiges en gewone mense voortdurend die spit moet afbyt terwyl die topbestuursvlak soos u tereg opmerk, met die goue handdruk wegstap. u Dogter het n buitengewone goeie kwalifikasie en as ek so lees aan u skrywe, het sy dit behaal voor die groot verval by universiteite. n Loopbaan oorsee is beter as wat die helhool tans kan bied. Wanneer een deur toegaan, gaan daar altyd n ander deur oop.

To Little to Late ·

Die sondes vd Vaders (Top Bestuur wat nou bedank met miljoene omkoopgeld in die Bank ) veroorsaak nou ‘n krisis vir die kinders (onskuldige, hardwerkende KPMG werknemers).

Tc ·

Nou loop KPMG deur agv verkeerde optrede ens en betaal die geld terug! Nou van die Guptas en Zuma???

Hennie ·

Alida, Ek twyfel sterk of selfs die Guptas vir JZ wil hê, veral as hy niks meer vir hulle kan doen nie. :)

Peanut ·

En daar gaan hulle seker met n golden hand shake en geen nagevolge nie

Domvraag ·

KPMG en as die waarheid nie uitgekom het nie, wat dan? Sou jul voort gegaan het en niks verkeerds uitgewys het nie. R23 miljoen vir n verslag??? Nee KPMG damage control gaan nie help nie..soustrein??
So nog n bell pottinger ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.