KPMG se Gupta-fout kan tot strenger beleid lei

SA Reserwebank (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Dinsdag gesê onlangse ontwikkelinge by die ouditeursfirma KPMG SA kan tot beleidsveranderinge lei om bestuur en deursigtigheid binne die ouditeurs- en rekenkundige bedryf te verbeter.

KPMG Suid-Afrika het versuim om geld aan te meld wat na bewering deur ondernemings van die omstrede Gupta-familie gewas is.

KPMG Internasionaal het verlede week erken die werk wat die maatskappy vir die Gupta-familie gedoen het, het nie aan KPMG se standaarde voldoen nie. Die ouditeursfirma het ook aangekondig dat hy van voornemens is om sy verslag terug te trek oor die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Minstens sewe senior personeellede het intussen die maatskappy verlaat.

Francois Groepe, adjunkpresident van die SARB, het gesê die Reserwebank het die buitengewone besluit geneem om publiek kommentaar te lewer oor die ontwikkelinge rondom KPMG, aangesien hulle die ouditeurs is vir drie van die vier grootste banke, asook ander banke en versekeringsmaatskappye. As ʼn reguleerder lewer die SARB nie gewoonlik kommentaar oor individuele maatskappye nie.

“Ons belang spruit uit ʼn openbare beleidsperspektief kragtens ons finansiële stabiliteitsmandaat. Ons neem met kommer kennis van die bejammerenswaardige ouditeurspraktyke en ernstige oordeelsfoute wat by KPMG plaasgevind het en tot beduidende skade gely het vir sekere individue, organisasies en die land in sy geheel,” het Groepe bygevoeg.

Hy het gesê toekomstige beleidsbesluite kan insluit dat die omvang van nie-ouditeurswerk wat ouditeursfirmas vir kliënte verskaf, beperk kan word. ʼn Vereiste vir groter deursigtigheid en openbaarmaking deur die rekenkundige- en ouditeursbedryf, kan ook ingesluit word, asook die aanstelling van ʼn onafhanklike raad van direkteure en die verstewiging van die risikobestuurfunksie binne ouditeursfirmas en die publikasie van ʼn geïntegreerde verslag deur groot en mediumgrootte ouditeursfirmas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andries Swanepoel ·

Kmpg personeel wat betrokke is by die kurup proses moet aangeklaagde word hulle het probeer om die land om vertewerp

Johann ·

Reg oor die wereld doen mense en maatskappye wat “betrokke” was of is by die ZUPTIPIA kiningkryk, die regte verwagte professionele ding en HERKEN en ERKEN hul fout. Doen dit in die openbaar. Bedank. Dank af. Word blootgestel aan profesionele bedryf verwante oordeel.en optrede. MAAR in ons “demokrasie” vervuil met gewetenlose dom astrante magsbehepte anargiste…ZUMAKIES in ZUPTOPIA…hou eenvoudig aan met hulle ooglopende vergrype? Erken niks…pass the blame at best! EN KOM DAARMEE WEG? ONAANTASBAAR. ANC LEGACY: nlind en doof vir hul eie korruptheid ter wille van die behoud van n terroris organisasie…ten kiste van die voortbestaan van n land en sy mense! SHAME ON YOU ANC!!!!!!

jaco ·

Te oordeel aan al die name van mense wat KPMG gaan verlaat, is dit ‘n erg wit besigheid. Dan is dit vreemd dat die Guptas en die ANC-regering wat so erg teen “wit monopoliekapitaal” is, so lekker sake met KPMG doen. Of is dit net “wit monopoliekapitaal” as dit eerlike besighede is waaruit die ANC en die Guptas niks finansiële voordeel trek nie?

Jacques venter ·

Wie het opdrag gegee dat KPMG moet knoei?
Wie het die vals inligting rakende die rogue eenheid aan Sunday Times deur gegee?
Wie het by die proses gebaat?

SjN ·

Tree op teen die skuldiges volgens die fica en fais wetgewing, groot boetes en/ of tronkstraf mag opgele word, almal in die finansiele dienste sektor moes die RE eksamens slaag alvorens jy mag praktiseer, hul kan nie beweer hul het nie geweet nie, Ek dink daar is op n baie hoe vlak aan hul opdrag gegee om dit te doen teenstrydig met wetgewing. mag die waarheid uitkom en die skuldiges aan die pen ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.