KPMG stel nuwe bestuurspan aan

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

KPMG Suid-Afrika het ’n nuwe uitvoerende span bekend gemaak in ʼn poging om die publiek se vertroue in die ouditfirma te herstel.

KPMG se top-agt uitvoerende beamptes, onder wie die [voormalige] hoof- uitvoerende beampte Trevor Hoole, het bedank ná ʼn storm losgebars het oor werk wat dié maatskappy vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die omstrede Gupta-familie gedoen het.

Nhlamu Dlomo, KPMG SA se hoof- uitvoerende beampte, het gesê die nuwe span is “sterk en ervare”. Gary Pickering sal aan die hoof van die firma se oudits staan terwyl Sipho Malaba sal voortgaan as uitvoerende lid wat verantwoordelik is vir KPMG se grootste besigheidseenhede. Hy sal ook aan die hoof van die firma se strategiese projekte staan.

Granville Smith sal aan die hoof van KPMG se adviespraktyk staan en Joubert Botha, wat tans die hoofbedryfsbeampte vir belasting is, sal aan die hoof bly van dié deel van KPMG se sake.

Modise Maseng sal KPMG se werk in die openbare sektor lei en Makgotso Letsitsi sal aan die hoof van personeel staan.

Volgens KPMG sal sy oudit-, belasting- en raadgewende rolle deur Nosisa Fubu gelei word.

Andrew Cranston is as die tussentydse hoofbedryfsbeampte aangestel.

“Dít is dag een vir die nuwe KPMG. Dit is ʼn ervare, talentvolle en diverse span wat die regte vaardighede en deursettingsvermoë het om KPMG te herbou,” het Dlomu gesê.

Volgens Dlomu het hulle  ʼn voltydse uitvoerende posisie beskikbaar gestel vir die hoof van risiko om aanvaarding en behoud van kliënte binne die firma te bewerkstellig.

Brian Stephens, ʼn voormalige vennoot van KPMG Amerika, is in die posisie aangestel.

Talle instansies het reeds aangekondig dat hulle nie hul kontrakte met KPMG gaan hernu nie. Dit volg nadat die ouditeursfirma ook aangekondig het dat hy van voornemens is om sy verslag terug te trek oor die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die SAID en nadat  die Onafhanklike Ouditeursraad (IRBA) aangekondig het hy sal KPMG ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marous ·

Hoop van harte dat hulle pogings om die publiek se vertroue terug te wen klaaglik misluk.

Boerseun ·

Nee wat tyd dat die establishment sy agterstewe sien. Hoeveel invloed het hulle en ouens soos standards en poor. Als bankiers wat prominensie na wereld oorlog 2 gehad het. Wereld verander en dit gee my hoop

Johanna Botha ·

Presies wat in die regering nodig is maar nee die skelms sit met geen gevolge op die plunderings !

John ·

Nee wat, die nuwe hoofbestuurder is gelykstaande aan ons huidige OB en sy fladder tussen verduidelikings. Die Britte probeer ons regering paai en smeer hul bloot heuning om die mond. Go home!

B R ·

Die wat korrupsie oorgesien het is meer skuldig as die wat dit gedoen het.
Hoor net van ouditeure se misdaad, maar niks van amptenare en bestuur wat misdaad gepleeg het nie. Dit verstaan ek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.