Kraaie gaap nog in noorde van land

(Foto: Denis Doukhan/Pixabay)

Hittegolftoestande oor Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die oostelike hoëveld van Mpumalanga sowel as die suidwestelike Bosveld van Limpopo sal na verwagting tot Vrydag voortduur.

Dié provinsies het die afgelope paar dae maksimum temperature in die hoë 30’s beleef en volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar geen onmiddellike verligting in sig nie.

Volgens die weerdiens het die droë, wolklose weer oor die afgelope paar dae die maksimum sonskynvlakke toegelaat om oor die binneland van die land te kom, met temperature wat elke dag toenemend hoër word.

“Boonop het ’n baie groot bolug-hoogdrukstelsel die weerpatroon oor die Suider-Afrikaanse subkontinent die afgelope week oorheers. Dit blokkeer die aankoms van tropiese vog en vertraag dus die aanvang van ons somerreën.”

Die weerdiens het inwoners van die betrokke provinsies gemaan om voorsorg teen die hittegolftoestande te neem. Dit sluit in om gedehidreer te bly en oormatige inspanning tydens oefening te vermy.

Babas en jong kinders moet gereeld van vloeistowwe voorsien word, aangesien dehidrasie baie vinnig kan intree. Net so moet bejaardes en verswaktes ook baie versigtig wees tydens hittegolwe om hulself nie te veel in te span nie.

Die dra van hoede, oogbeskerming en sonskerm word sterk aanbeveel. Dit word ook aanbeveel om tussen 11:00 en 15:00 binnenshuis of in die skadu te bly, buite direkte sonskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nonnie ·

EN MOET ASSEBLIEF NIE ONS KOSBARE DIERE SE WATERVOORSIENING VERGEET NIE!!!!

Robert ·

Hittegolf is 40 grade en op… nie 30 tot 39 nie… hulle maak ons bang vir “aardverwarming” deur normale temprature as abnormaal te maak.

LD ·

Wel hier waar ons bly in Limpopo was dit reeds gister 40°C, vandag 36 en môre styg hy weer na 40°C. Vir so lank as wat ek in Limpopo bly (my hele lewe lank) het ons al voorheen hierdie temps gehad, vir maks 2 dae en dan bou die wolke op en reën dit bietjie. Kan nie onthou dat dit hierdie hoë temps was vir so lank aaneen nie! Ken dit nie, so dis nie normaal vir my nie!

Dawie ·

Ons het in Tzaneen gewoon tussen 2008 en 2012, in daai tye was dit normaal gewees vir ons om bo 40 grade te sien. Daar was wel een jaar hoë tempratuur waar dit 46 grade was. Die middag toe ons in die motor klim om winkels toe te gaan was die leseing 51 grade.

LD ·

Ja maar Tzaneen is nog nader aan die hel as waar ons woon:) Ons ken die warm temptatuur baie goed maar nie so lank aaneen nie, maksimum 2dae dan begin hy bietjie te daal na die gewone 34/35°C. Dis wat nie normaal is vir my nie. Maar hoe dit okal sy, ons hoop en bid dat met die vreeslike langdurige hitte die somerreën baie goed sal wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.