Kraaifontein-lyke: “Eerste saak in sy soort”

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie beskryf die voorval waar ses mans naby Kraaifontein moontlik met klippe doodgegooi is, as ʼn saak wat die eerste in sy soort is.

Die polisie het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom om hulle in hul ondersoek by te staan.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan SAfm gesê die polisie kon nog nie enige van die liggame identifiseer nie.

“Ons is steeds besig met die ondersoek. Daar is nog nie nuwe verwikkelinge nie. Ons versoek die gemeenskap om betrokke te raak sodat die skuldiges vasgetrek kan word,” het Van Wyk gesê.

Hy het gesê die polisie het alle leidrade wat sover ingesamel is, opgevolg, maar nog nie ʼn deurbraak gemaak nie.

“Hierdie is die eerste saak in sy soort,” het hy bygevoeg.

ʼn Verbyganger het Woensdagmiddag op die liggame afgekom in ʼn veld in Joostenbergvlakte. Die oorledenes is tussen 18 en 30 jaar oud. Hulle het op hul mae gelê, en hul hande was agter hul rûe vasgevind. Die polisie vermoed dat hulle gestenig is, aangesien daar baie klippe op die toneel was.

Die polisie ondersoek ses sake van moord.

Enigiemand met inligting kan ao. Van der Heever te kontak op 082 718 5461 of 021 980 5558.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Shame ·

Soek hulle self dis julle werk. Sulke goed gaan nou begin kop uitsteek, want JULLE IS TE SLEG OM JULLE WERK TE DOEN. Mense word borg gegee of op parool vrygelaat net om weer ‘n misdaad te pleeg. Kyk na die Du Preez geval.

Mnr.T ·

Hulle kan mos sien dit was n bundu hof. Al weet ek wie dit gedoen het sal ek elkgeval nie gepraat hét nie mense is moeg vir criminals wat met moord wegkom oor kamtige tegniese voute wat poliesie met ondersoeke doen so hopenlik kom daar ook voute met hulle ondersoek daar ook.

Lientjie Fên ·

@lientjie P Ek het simpatie met jou. Ek lees ook graag kommentare. Maar O wee! Die spel- en taalfoute, wat heeltemal voorkombaar is, maak dat daar so ‘n klankie in die lug agterbly. Is mense so agterlosig om hulle kommentaar te publiseer sonder om ten minste eers daardeur te lees? Is hulle so haastig om hulle stuiwer in die armbeurs te gooi dat die 10 sekondes vir selfredigering te lank is? Ek dink hulle onderwysers sal hulle koppe in skaamte laat sak. geen hoofletters aan die begin ‘n sin nie.geen spasies na punte nie. Verkeerde gebruik van leestekens\\? Dis steurend as die mense nie eers poeliesie kan reg spel nie. My Afrikaanse onderwyser het altyd gepraat van morsige agterlosigheid.

Ja, hierdie saak ruik ten hemele na boendoehof.

Trippie ·

Dit is reeds die onderwysers wat halwe werk gedoen het! As hulle meer moeite en aandag aan die leerlinge gegee het, sou ons nie teen vrotsige spelling moes vaskyk nie.

Anlie ·

Ek raak so moeg vir mense wat komentaar lees, en nie kan wag om hulle vinger in iemand se gesig te druk oor ‘n spel fout nie. Gun elkeen sy plekkie in die son asb.

scalla ·

dis n geval van gereg in eie hande neem want die sapd kan dit nie meer doen nie, laat dit vir hul n les wees, n saak het drie kante, jou kant, my kant en die regte kant

2Roedolf1 ·

Nogal intersant die ses se ouderdomme stem nogal saam met plaasaanvallers se ouderdomme .Dalk begin die Boerevolk nou maar self die gereg in eie hande neem.

zahn ·

Ek gaan nie jou spelfoute aanval nie, maar sjoe, dis uiters onverantwoordelik om sulke stellings te maak. Die Boerevolk staan reeds pa vir menige vals aanklagte, dan kom laai jy nog op ook. Nee man, dit is nie reg nie.

Grassie ·

Roedolf – dit is baie onwaarskynlik. Die Boerevolk is nie klipgooiers nie, hulle skiet met vuurwapens.

pop ·

lientjie gaan soek vout op n ander plek. Ons is hier om nuus te lees en nie om te gee van foute nie. Daardie is boendoe hof, so wees maar seker die 6 wat daar le het iets verkeerd gedoen

lillian ·

Julle wat die polisie so sleg maak, miskien moet julle maar eers die balk uit jul eie oë haal voor jy die splinter in ander se oë sien …

Daar waar julle so lekker saans, in die winternagte agter mamma se warm boude lê, ek nooi jou, kom doen ‘n 12 uur skof in die koue, hanteer dronk mense, mors jou tyd met onbenullighede en siviele aangeleenthede, want hoekom?

Mense dink mos die polisie is prokureurs, dominees, regters, dokters, huweliksberaders, boksers ens om AL hul problem uit te sorter en harmonie in die huishouding te bewerkstellig, dit terwyl daar hope klagtes wag en mense, soos julle, mens slegsê en oordeel! DAN OU PEL, DAN ALLEEN kan jy die polisie oordeel! Tot dan, hou den bek!

Leana ·

Kraaifontein-lyke: “Eerste saak in sy soort”

Glo vas dit gaan die eerste maar nie die laaste van sy soort wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.