Kraaifontein-lyke: Mans glo met klippe doodgegooi

Argieffoto

Argieffoto

Die ses mans wie se liggame Woensdag in ‘n veld naby Kraaifontein in die Wes-Kaap gevind is, is vermoedelik met klippe doodgegooi.

“Dit lyk of hulle met klippe doodgegooi is. Daar is baie klippe op die toneel,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy kon egter nie sê of daar sigbare beserings op die lyke is nie. “Dit lyk of hulle aangerand is.”

ʼn Verbyganger het Woensdagmiddag op die liggame afgekom in ‘n veld in Joostenbergvlakte. Die oorledenes is tussen 18 en 30 jaar oud. Hulle identiteite is nog nie vasgestel nie. Kinana het gesê die mans se hande was agter hul rûe vasgebind.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting gedoen om ao. Van der Heever te kontak op 082 718 5461 of 021 980 5558.

Die polisie ondersoek ses sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan Lombaard ·

Margaret: inderdaad. Ons bloos bloedrooi. Dit was net ‘n flater wat die teksversorger misgekyk het en ons stel dit dadelik reg. Jammer daaroor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.