Kraaifontein-lyke: Vier mans uitgeken

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie het Donderdag gesê vier van die ses mans wie se lyke Woensdag in ʼn veld naby Kraaifontein gevind is, is geïdentifiseer.

“Wat ons in die stadium weet is dat vier van die slagoffers deur speurders en familie geïdentifiseer is en dat ons nog die ander twee se identiteite moet vasstel,” het Arno Lamoer, provinsiale polisiekommissaris, gesê. Die vier mans was van Wallacedene.

Lamoer het gesê die polisie was erg geskok nadat die liggame Woensdag in Joostenbergvlakte deur ʼn verbyganger gevind is. Die polisie was van 10:00 tot 19:00 op die misdaadtoneel. “Al die moontlike bewyse is versamel en ons is tevrede dat die ondersoek van die misdaadtoneel afgehandel is.”

Die polisie het ʼn taakspan, bestaande uit senior speurders, op die been gebring om die saak verder te ondersoek. Lamoer het gesê hulle hoop om vinnig die skuldiges te identifiseer. ʼn Beloning van R250 000 is uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en vervolging van die skuldiges.

Die polisie het vroeër gesê hulle vermoed dat die ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, met klippe doodgegooi is. Die mans se hande was agter hul rûe vasgebind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Canned Phantom ·

Hopelik sal hulle ons binnekort laat weet wat die manne in gemeen gehad het? Jy kan nie ‘n goeie sameswerings teorie begin sonder ten minste daardie stukkie inligting nie…..

pop ·

Ja ek sou ook graag net wou weet wat hulle gesondig het. Daar moes baie mense betrokke gewees het. 2of 3 gaan nie 6 se hande en voete vasgebind kry nie. en as ek daai berg klippe en beton stukke op tv so kyk was dit n teregstelling. So ek kan nou al vir julle se, daar sal bollies van daai saak kom. ondevinding se dat as daar so 20 getuies is praat elkeen sy eie storie en weerspreek mekaar heeltyd. Wie glo jy en wie nie. Boshowe werk!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.