Die saak van 17 mense wat van die moord op ses mans van Kraaifontein in die Wes-Kaap beskuldig word, hervat Vrydag in die Blue Downs-landdroshof.
Die verdagtes sal na verwagting aansoek doen om borgtog.
Die liggame van die ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is op 9 Desember by Joostenbergvlakte naby Kraaifontein deur verbygangers gevind. Die mans het met hul gesig na onder gelê en hul hande was agter hul rûe vasgemaak. Dit het gelyk of hulle met klippe doodgegooi is.
Lees alle vorige berigte oor Kraaifontein op Maroela Media.