Krag aan buurlande, bemagtiging, regstellende aksie dwing Eskom op knieë – VF Plus

(Foto: pixabay)

Die VF Plus het Suid-Afrika se voortgesette kragkrisis voor die deur van kraglewering aan buurstate soos Zambië en Zimbabwe ten koste van Suid-Afrika, korrupsie onder die vaandel van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en onbevoegde amptenare wat die gevolg van regstellende aksie (RA) is, gelê.

André de Ruyter, hoof van Eskom, het Dinsdag ontken dat die land se kragnetwerk op die rand van ineenstorting is nadat Suid-Afrikaners nou weer dae lank aan beurtkrag onderwerp word. Fase 3-beurtkrag geld sedert 05:00 nadat dit van fase 4 afgeskaal is. Dit sal na verwagting tot die naweek voortduur.

De Ruyter het ook verwys na ʼn “dooie perd” om Eskom te beskryf.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê dié beeldspraak wys in watter haglike toestand die kragvoorsiener tans is.

“In De Ruyter se verduideliking oor probleme by Eskom vanmiddag is dit duidelik gemaak hoe Suid-Afrika feitlik tot stilstand kom om buurlande aan die gang te hou terwyl die land se kragnetwerk oor ’n wye front besig is om in duie te stort,” sê Groenewald.

“Die lys probleme wat genoem is, is tekenend van dié van ʼn organisasie in totale verval: Van wye, algemene onderhoudsprobleme, ʼn tekort aan diesel, onbeskikbare onderdele tot onbekwame personeel aan wie die onlangse ontploffing by die Medupi-kragsentrale toegeskryf word.”

Hy sê dit is onaanvaarbaar dat hoë poste van kritieke belang enigsins toevertrou word aan onkundige regstellende aksie-aanstellings.

Die VF Plus waarsku jare al teen die gevare en nadele van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie wat by instellings toegepas word en Groenewald sê dit dien as bewys dat hierdie waarskuwings nie sonder rede was nie.

Groenewald sê ʼn verdere gevolg van SEB is die aanstelling van kontrakteurs wat op selfverryking ingestel is en waar gelaaide pryse vir swak onderdele en onbevoegdheid aan die orde van die dag is.

Enkele voorbeelde is die aankoop van buisligte teen R900 elk wat skaars R63 sou kos by ’n ysterware-winkel, melk wat teen R56 per liter aangekoop is en besems teen R280 000 elk. Dit is hoe SEB in die praktyk daar uitsien.

“Suid-Afrika kan nie langer hierdie soort geïnstitusionaliseerde korrupsie en bedrog onder die dekmantel van SEB bekostig nie. Dit dien bloot as verryking van enkele kaders ten koste van al die land se inwoners.”

Groenewald sê pres. Cyril Ramaphosa moet die volle verantwoordelikheid vir die situasie by Eskom aanvaar. “Hy het voorheen misluk met ʼn volhoubare regrukplan waarvoor hy aangestel is en as president faal hy nou weer om Eskom reg te ruk.”

Die VF Plus sê die kragonderbrekings het ʼn enorme uitwerking op sake-ondernemings wat reeds in ʼn krisis verkeer weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls, en dit raak ook alle leerlinge wat moet studeer vir hul eindeksamen.

“Die deur moet nou ten volle geopen word vir alternatiewe kragverskaffers om in die land se kragnetwerk te belê. Weens ANC-ideologie is dit tot nou toe van die hand gewys.

“Eindelik sal Eskom net reggeruk kan word deur onmiddellike privatisering. Die ANC het reeds gewys hy is nie bereid om weg te beweeg van skadelike beleid soos SEB en regstellende aksie nie, en terwyl dit van toepassing is, sal Eskom ʼn dooie perd bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Die hele ANC Regering was van dag een af ‘n dooie perd. Pateties!

Robert ·

Ek sien een afduim wat nog stokblind is teen die vergrype van die ANC.

JohanR ·

Dink nie die ANC was ooit ‘n perd nie. Miskien ‘n drie poot donkie! Soos om die ANC ‘n Rolls Royce te noem, maar hy is maar ‘n Morris Minor!

Shakespeare ·

Hoe lank gaan de Ruyter en Oberholzer nog uithou in die slykmoeras van onbevoegde, korrupte en onnosele kaders en ‘n oortollige werkspan
wat nie eers ‘n “spanner” kan aangee nie.

Levinson ·

Solank hulle sakke volgemaak word sal hulle mos nie die “dooie perd” wil verlaat.

Keith ·

In South Africa everything is a case of 1 step forwards and …. 3 steps back , a mixture of the “Cha Cha Cha” and a “Box Waltz” whilst simultaneously playing “Musical Chairs” with half the chairs missing.

Papsak ·

Hou op ons goed uit voer na ander lande toe ons genoeg van als dankie vir pieter groenewald jy n yster

Tiptol ·

Jy kan ‘n bevoegde persoon in ‘n leiers posisie aanstel en die persoon R30milj per maand betaal. Solank daar onbevoegde en korrupte werknemers onder hom is, sal niks verander nie. Solank die bestuur nie totale beheer het oor wie aangestel en wie afgedank word nie, is sy hande afgekap. De Ruyter moet bedank, dan gaan ons sommer dadelik na fase 17 beurtkrag.

Di ·

As de Ruyter loop gaan ons binne ‘n paar maande GEEN krag meer he nie, welkom in donker SA

Zacahara ·

Stem 100% saam met dr. Groenewald. Maar ongelukkig is die stemuitslag van nou die dag nie ‘n weerspieëling hiervan nie. Die meerderheid van die volk (altans die bietjie wat gestem het) is lykmy is tevrede met die regering van die dag. Skreiend!!

Jaco ·

Waarom duur ingevoerde diesel vir kragopwekking gebruik as SA wel goedkoper steenkool het?

Robert ·

Diesel is vir die noodkrag aanlegte vir waneer die steenkool aanleg gebreek het.

Santie ·

Die probleem is ons betaal R3000 n maand net aan krag en die mense in woonbuurt langs ons, betaal R50. Die mense is geleer dat jy net hoef te sit en als sal na jou toe kom. En moenie vir my se hul kry swaar nie. Hul kry al die werk , nie ons nie, maar ons moet sorg. En BLM is deel van die probleem. Oral in die wereld het hul n idee van hul verdien iets vir niks. Ons is geleer om te betaal as ons iets wil he. Hul riot as hul nie dienste gratis kry nie. N handvol , wat betaal, kan nie sorg dat die ligte aan bly nie. En ons krag is vanoggend al langer as 4 ure af.

Hennie ·

Tyd dat ons plan maak met kragdrade wat oor ons grense gaan… Hoe de hel voer jy die bure as jou eie kinders nie kos het om te eet nie?

Frank ·

Ekskuus, SEB is nie net ‘n skadelike beleid nie, dis ‘n RASSISTIESE beleid. Dis tyd dat ons hom op sy naam noem.

Catherina ·

Kom ons staan agter de Ruyter in plaas van kritiseer. Hy het n enorme taak

Grassie ·

Ek is bly die VF+ het die afgelope tyd baie lewe begin toon. Ek dink Dr Groenewald is ‘n sterk leier en ‘n goeie vegter. Ek sien uit daarna dat hulle voortaan baie op die voorgrond sal tree. Ons land is in ‘n helse gemors, ons het vegters nodig. Ek glo die VF+ kan die rol van ‘n Gideonsbende vertolk.

cccp ·

Maroela, is julle seker daardie bedrag van R280000 per besem is korrek? (nie dat ek vreeslik verbaas sal wees as dit wel so is nie…)

Anna-marie ·

Ek het gehoor daar word R30 vir een swartsak/asbliksk betaal by Eskom. So die besems daar kos seker R280.

Samuel ·

André de Ruyter en Oberholzer weet wat hulle doen. Hulle weet wat nodig is. Dit is die regering en by name die staatspresident self, wat hulle dwarsboom in hulle pogings om Eskom reg te rug. Die SEB aangesteldes moet afgedank word.

Andre ·

Die eentonige vehaal van suid afrika!!Al die nonsense het begin toe satanis deklerk en sy kaders die land vir mandela en sy kaders gegee het!!!

Christo ·

Jy’s reg Andre, Hulle het die land op ‘n skinkbord gekry……..

SjN ·

Waarheid Dr Pieter, onbevoegde kaderaanstellings met hemelhoe salarisse wat nog plunder en saboteer waar hul kan.

Perdeby ·

Onbevoegte kaders wat ontplooi is, maar hulle kry nie die boodskap nie. Ons het loadshedding maar die buurlande ken nie so iets nie. Hoe bitter onregverdig! Die ANC kaders het geweet hulle sal nooit die land in die selfde toestande of beter kan kry nie. Ek gaan ook nou vir die pos as hoof van die SAPD want ek het darem 10 jaar ondervinding.

Ian ·

Nou die statement is spot on. Natuurlik sal dit rol soos water van n eend se rug af want die openlike vyandigheid en haatlikheid is duidelik sigbaar in al die bewegings wat nou de ruyter se bedanking eis want daar mag tog net nie n wit bestuurder wees nie hoor……. Dis rassisme.

Levinson ·

Solank as wat hulle self deel is van korrupsie….m.a.w…tot ALLES uitgemelk is.

Herman ·

Die ANC soustrein nonsense gaan nooit stop nie. Nerens gaan niks regkom nie. Als waaraan hulle raak verander in gemors.

Jeffrey ·

Praat praat praat. Hoe gaan dit met julle “eskom war room” wat julle 4 jaar terug ingebring het om beurtkrag op te los? Beurtkrag is hier om te bly todat daar niks meer oor is nie.

Mariana ·

Terwyl ANC in die stoel sit kan ons maar vergeet van enige vooruitgang in SA. Die skip.is op die rotse en breek stukkie vir stukkie af.

4ntj13 ·

Miskien begin om salarisse te koppel aan goeie, etiese gedrag as werknemers? Ek dink ook onbekwaamheid moet heringestel word as penalisasie teen sulke werknemers én aanstellers. Geen mens kan vir sulke mense se gesinne, bv, jammer kry as soveel miljoene ander mense begin hongerlei of sonder mediese sorg sit weens sulke “foutjies” nie. Lyk my ANC-soustrein-lidmaatskap is dikwels die enigste nodige kwalifikasie vir aanstellings.

Hendrik ·

Die algemene publiek ken al hierdie feite en niks gaan verander voordat AA en BEE uitgefasseer word uit alle besighede nie. Die arbeidswetgewing maak ook die werksplek ‘n nagmerrie.

Waarnemer ·

Mnr de Ruyter se my asseblief,kan n dooie perd weer lewendig gemaak word?In u eie woorde erken u dat Eskom n dooie perd is…..wat beteken dit?Al wat oorbly is om Eskom(die dooie perd) te begrawe…en dan?Gaan ons nuwe krag voorsiener African Rainbow Energy&Power (AREP) wees?

Jakes ·

Dan word ons regeer deur n party waarvan eintlik meeste van hulle in tronke behoort. Dis n skande en dan vra die agbare president nog vir beleggings. Dir gebeur wanneer jy n land oorhandig aan n party wat nie eers hul werkers se salarisse kan betaal nie.

Di ·

Volgens berig op die nuus is die huidige kragopset nie geskik vir al die miljoene in SA nie. Soos die bevolkingsaanwas vermeerder het moes meer kragstasies opgerig geword het wat nie gebeur het nie. ANC kaders dink mos nie verder nie. Populasie groei in SA is kommerwekkend hoog. Nie net vermeerder dit die aantal werkloses nie, maar ook die aantal wat op toelaes staatmaak. Die enigste oplossing is om populasie te begin reguleer soos in China anders sien ek donker dae voorle in hierdie land.

KB ·

Dit werk ongelukkig nie vir my só nie.
Dit is tyd dat Eskom Suid-Afrika eerste begin stel, swak werknemers aflê en begin om hul skuld (agv interne vrotsigheid en hiper hoë salarisse vir onbekwames) self te delg.
Onbeholpenheid ten koste van Suid-Afrikaanse lewens kan nie meer geduld word nie.
Voer dan Westerlinge in wat die gemors kan uitsorteer, as julle nie oud-Eskom werknemers WIL aanstel nie. Julle is waarrimpel onbeholpe.

Esme ·

Stel die regte mense in die regte poste aan. Raak ontslae van die dooie hout. Vervolg kriminele en dit, is volgens my ‘n resep wat die hele land gaan regruk. Op die stadium word alles verpolitiseer en dit is nie die manier waarop enige suksesvolle organisasie kan floreer nie. Andre de Ruyter het homself by verskeie geleenthede bewys, maar die politici maak sy taak onmenslik en wil dan weet, hoekom daar beurtkrag is. Skakel SEB uit en vervang dit met lojaliteit en Suid-Afrika sal groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.