Krag aangeskakel by Oos-Kaap munisipaliteite

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Dinsdag die kragtoevoer na vier Oos-Kaapse munisipaliteite herstel ná miljoene rand in uitstaande skuld aan die elektrisiteitsverskaffer oorbetaal is.

Maroela Media het Dinsdagaand berig Eskom het vroeër die dag die kragtoevoer na die Gariep-, Maletswai-, Ikwezi- en Nxuba-munisipaliteite afgeskakel weens uitstaande skuld ter waarde van R173 miljoen.

Nadat die provinsiale regering ingegryp en seker gemaak het ʼn “noemenswaardige bedrag” word in Eskom se rekening gedeponeer, het Eskom ingestem om die kragonderbrekings, vir eers, op te skort.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, kon nie die bedrag bekend maak wat in die rekening inbetaal is nie, maar gesê dit is miljoene rand. Volgens hom sal nog ʼn betaling aan die einde van die maand gedoen word. “Ons gaan hulle by dié ooreenkoms hou,” het Phasiwe gesê. “Die bal is nou in hulle hande.”

Indien die volgende betaling nie op 31 Desember in Eskom se rekening reflekteer nie, sal inwoners van die onderskeie munisipaliteite weer onderwerp word aan kragonderbrekings tussen 06:00 en 09:00; tussen 12:00 en 14:00; en tussen 17:00 en 21:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Maar die kaders in die munisipapiteit verantwoordelik hiervoor word nie weggejaag. Opmerklik . . .

jacques ·

Eish man, we dont have to pay electricity now…..it is Christmas and i promised all the people in the municipality a BMW X5

F ·

Nogal snaaks hoe hulle so gou die geld kry om te betaal as die dinges die fen slaan. Plaas hulle net hul werk doen en die rekeninge betyds betaal. Maar betyds bestaan mos nie in hul woordeskat nie. Ek kry net die kontrakteurs wat werk gedoen het vir daardie munisipaliteite jammer, want nou gaan hulle weer wag vir hulle geld. Eishkom is mos nou met hulle geld betaal, want Eishkom se geld is mos klaar opgebruik vir iets onbenulligs.

Paul ·

Hoe lees jy F? Hierdie munisipaliteite het nie die geld om te betaal nie, omdat dit klaar vermors is. Die bedrag aan Eskom is deur die Provinsiale regering betaal. n Vriend van my het my vertel dat hul so ses weke gelede n Chevrolet Trail Blazer en 2 Aveos gekoop het. Die Blazer is vir die burgemeester wat blykbaar sommer ook n bestuurder laat aanstel het. Pateties meneer die Munisipale Bestuurder!

CAV ·

Nou wonder ek of hulle dit met Soweto ook sal doen. Diè skuld baie geld aan Eskom
Wat geld vir die een, geld mos vir die ander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.