Krag bly aan vir staatsrede

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdagaand aangekondig dat pres. Jacob Zuma se staatsrede nie deur beurtkrag onderbreek sal word nie.

“Eskom en die Stad Kaapstad het saamgewerk om te verseker dat die parlementêre-buurt ononderbroke kragtoevoer sal hê tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede,” het die kragvoorsiener gesê.

“Eskom se beplande instandhouding by kragstasies is onderweg en sal tot Mei voortgaan. Die instandhouding sluit onder meer die vervang van parte, die diens van toerusting en inspeksie van fasiliteite by die al die kragstasies in.”

Eskom het gesê die kragnetwerk sal na verwagting vir die res van die week en die oorblywende deel van die somer onder druk bly. Eskom het ʼn beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om hul samewerking te gee en elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riette ·

Ek betaal vir elektrisiteit, hoekom moet ek dit spaarsamig gebruik??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.