Krag herstel by Charlotte Maxeke-hospitaal

Die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. (Argieffoto: Masego Mafata/GroundUp)

Die kragtoevoer na die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg is herstel ná ʼn onderbreking veroorsaak is deur ʼn uitgebrande verbindingskas.

Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig die kragtoevoer is Dinsdagoggend om 10:30 deur ʼn span van City Power herstel.

“Die fasiliteit moes noodgebeurlikheidsmaatreëls instel en maak sedert Sondag van kragopwekkers gebruik,” sê Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement. “Die kragonderbreking het verskeie gebiede van Johannesburg geraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.