Krag in Vanderbijlpark gedeeltelik herstel

Foto: Emfuleni-munisipaliteit

Die Emfuleni-munisipaliteit het gesê hy is hard aan die werk om die kragtoevoer na Vanderbijlpark te herstel nadat ʼn substasie Dinsdag in ʼn brand vernietig is.

Volgens die munisipaliteit is kragtoevoer Donderdagmiddag na Bophelong, Bophelong-uitbreidings 1 – 18, Stephanopark en Bonanne herstel. Daar word intussen onverpoos gewerk om die kragtoevoer ook na ander gebiede wat geraak word te herstel.

Die brand by die substasie in Curielaan in Vanderbijlpark het tot kragonderbrekings na groot dele van Vanderbijlpark gelei.

Volgens die munisipaliteit is die brand vermoedelik veroorsaak deur ʼn foutiewe toevoerkabel wat die stroombreker en transformator laat ontplof het.

Die brand het ook ander toerusting onherstelbaar beskadig. Die munisipaliteit het inwoners en ondernemings versoek om geduldig te bly.

Die kragonderbrekings het in sommige gebiede tot watertekorte gelei weens reservoirs wat ook geraak is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Faan ·

Hoekom is daar beurtkrag nodig? Hierdie situasie was ook in die Centurion omgewing beleef die afgelope twee weke.

Theresa ·

Amazing dat alle stasies nou skielik vlamvat……………………………

John ·

@Theresa nie rerig nie, dit is wat gebeur as jy nie ‘n benul het hoe om enige iets in stand te hou nie en ‘n klomp aanstel wat nie die werk kan doen nie.

Willie ·

Hulle sal nooit erken wat regtig gebeur nie… ek ruik n rietrot

Ronel ·

So week of wat gelede was daar vuurwerk (ontploffing) by ‘n substadie in Kroonstad ook. Ook kastig agv ‘n foutiewe konneksie of so iets.

fred ·

kragkabels moet deur skakelaars beveilig word om die toerustings,in hierdie geval die transformator,te beskerm…..as eskom die waarheid praat was daarnie n skakelaar nie of hy was al lank stukkend….die substasie moes nooit afgebrand het nie as die wettelike standaarde toegepas was…..maar ons weet bekwame onderhoud is al vir jare nie meer gedoen en die “wit konsultante”raak ook minder en minder…

alida ·

Onbevoegde werksoekers word voor die voet aangestel. Hulle noem die “job creation”. Maklike antwoord.

KrokodilBotha ·

Groter dinge is aan die gebeur. Jy kan niks glo wat diewe jou vertel nie

Karolis ·

Kyk op Vaalweekblad.com na die video insetsel wat se die vrou wat die fout was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.