Eskom sê elektrisiteitstoevoer is Vrydag na meer as 65% van geraakte verbruikers in die Oos-Kaap herstel.
Kragtoevoer na gedeeltes van die provinsie is onderbreek nadat stormweer groot skade aan Eskom-infrastruktuur aangerig het.
Verskeie netwerkpersele is steeds onbereikbaar weens beskadigde paaie. Nietemin sal toegang tot sommige persele met behulp van ʼn helikopter verkry word.
“Die gebiede wat meestal geraak word, is in hierdie stadium Mthatha, Qunu en Idutywa.
“Eskom doen ʼn beroep op mense om geduldig te wees terwyl herstelwerk voortduur. Ons raai kliënte aan om alle elektriese toestelle as gevaarlik te ag, aangesien die elektrisiteitstoevoer enige oomblik herstel kan word.”