Krag na Vrystaatse dorpe herstel

Argieffoto

Elektrisiteitstoevoer is herstel na dele van die Vrystaat wat sedert vanoggend sonder krag moes klaarkom weens kabeldiefstal en ’n tegniese fout op ’n toevoerkabel.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, sê inwoners van Frankfort, Heilbron en Namahadi se krag het omstreeks 13:45 weer aangegaan.

Kabels is in die vroeë oggendure by die Greenlands-substasie gesteel wat tot die kragonderbreking gelei het.

Inwoners van Vrede se elektrisiteitstoevoer is reeds 10:45 herstel nadat die fout op die Standerton-Vrede Munic-88 kV-toevoerkabel herstel is. Dit is nie in dié stadium duidelik wat tot die fout aanleiding gegee het nie.

“Kliënte wat steeds ’n kragonderbreking ondervind, moet hul elektrisiteitsdiensverskaffer inlig,” sê Jansen van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.