Krag op Nuwejaarsdag

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Die kragvoorsiener Eskom sê hy beoog geen beurtkrag vir Dinsdag nie, al is die stelsel onder groot druk.

“Eskom implementeer nie vandag beurtkrag nie en geen beurtkrag word op Nuwejaarsdag verwag nie, hoofsaaklik weens ʼn afname in aanvraag tydens die vakansieseisoen en die verwagte terugkeer na diens van sommige opwekkingseenhede ,” het Eskom gesê.

Die sukkelende nutsmaatskappy moes die afgelope paar maande reeds verskeie kere beurtkrag implementeer in ʼn desperate poging om die stelsel stabiel te hou.

Eskom sê hy gaan intussen voort om noodreserwes te gebruik om kapasiteit aan te vul, sou dit nodig wees, en het verbruikers gemaan dat die moontlikheid van beurtkrag nie uitgesluit kan word nie.

Die maatskappy sê sy tegniese spanne sal die situasie deurlopend monitor en werk om onbeplande instandhoudingswerk tot onder 9 500 MW te beperk – op dié manier word die moontlikheid van beurtkrag verlaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.