Krag-uitvoere na buurlande beperk

Die Medupi-kragsentrale. (Foto: Hitachi Power Africa)

Suid-Afrikaners is dalk keelvol vir beurtkrag, maar is beslis nie die enigstes wat moet sien kom klaar onder dié stelsel nie. Die krisis wat Eskom tans ervaar, het genoodsaak dat dié entiteit die uitvoer van krag na Suid-Afrika se buurlande moes opskort. Eskom is kragtens ʼn diskresionêre ooreenkoms verplig om krag aan dié lande te voorsien.

Fase 2-beurtkrag geld Woensdag tot 23:00, nadat dit die afgelope week selfs tot fase 6 opgestoot is.

In Zimbabwe het die staatsbeheerde Zesa Holdings, wat verantwoordelik is vir daardie land se kragvoorsiening, beurtkrag nou vir tot so lank as 24 uur op ʼn slag in werking gestel.

Bloomberg berig Zesa het ʼn ooreenkoms om tot soveel as 400 MW krag deur Eskom vanaf Suid-Afrika in te voer. Maroela Media het vroeër berig dat ons buurlande Eskom miljoene rande skuld vir krag wat Suid-Afrika na hulle uitvoer.

Zimbabwe, waar die krag vantevore soms tot 18 uur per dag afgeskakel word, se situasie is nou selfs meer benard. Groot dele van suidelike Afrika gaan nou al ʼn hele paar jaar gebuk onder ʼn geweldige droogte en dít het onder meer beteken Zimbabwe se hidro-kragstelsel funksioneer nie naastenby soos dit moet nie.

Dié land se hoofsteenkoolkragsentrale, Hwange, gaan boonop gedurig gebuk onder onbeplande instandhoudingswerk.

Suid-Afrika voer ook, wanneer die situasie dit toelaat, 300 MW na Zambië uit. In September vanjaar het die land ʼn tekort van 750 MW gehad weens lae watervlakke by sy damme wat hidroëlektrisiteit opwek. Zesco, Zambië se kragvoorsiener, stel ook beurtkrag in dié land in.

Eskom het by navraag gesê in sommige gevalle het hy bindende kontrakte met ander lande of selfs maatskappye in ander lande om hulle van ʼn bepaalde hoeveelheid elektrisiteit te voorsien, maar dat verskaffing aan dié kliënte ingeperk word sodra die situasie hier dit vereis.

Volgens Eskom word beurtkrag nié in Suid-Afrika in werking gestel sonder dat voorsiening aan sy buitelandse kliënte óók ingeperk word nie.

Die kragverskaffer sê Suid-Afrika voer onder meer daagliks 1 500 MW vanaf Mosambiek in en hoewel dit ʼn bydrae lewer om die ligte aan te hou, is dit nie genoeg om beurtkrag hier heeltemal te verhoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

koos ·

Als goed en wel as ons dit het om uit te voer, maar hoekom nog steeds voorsien as hulle nie betaal nie?
Betaal Eskom dan ook Mosambiek vir die krag wat hulle verskaf aan SA?

Lizelda ·

Wonder of hulle ook sukkel met stage 4 en 6 loadshedding? Ek glo nie so nie.

John ·

?.. ‘n ooreenkoms deur wie met ander lande gesluit? Hoekom? Is Suid-Afrikaners gevra of ons ander lande se kragrekeninge wil betaal? Die ANC het vreemde geheime verhoudinge met ander Afrikalande. CR is vanaf 2020 glo die voorsitter cum koning van die Afrika-Unie, so nog drama wag… en nog toeloop na die pot goud…

Slurp ·

Namibia kry ook krag, nes petrol, uit SA. Hulle het beslis nie beurtkrag gehad nie.

Johnny ·

Hierdie moet in diepte ondersoek word. Hoe kan jou eie land sukkel en die buiteland kry krag?

Lizelda ·

@John iemand in SA kry wel weer n ou ietsie omdat daar krag na die buurlande gestuur word…

Pieter Retief ·

Dis nonsens, hulle moenie droogte blameer nie.
As daar water is werk hulle hidrostatiese nie.

Dis mentaliteit van jy hoe nie betaal nie ons gee buitendien vir julle elektrisiteit, en dit geld binne RSA se grense ook.

Spiekeries ·

@Slurp: Namibia het sy eie alternatiewe stelsels in plek asook privaat leweransiers.

Dries ·

Botswana se branstof word met ons tankers af gelaai maar hulle betaal omtrent tien rand n liter die ANC is siek verby maar ons moet hoor van die rand dollar en olie prys daar gaan niks van die land oor bly nie en ons blankes bly maar net stil en betaal

Som ·

Wag ‘n bietjie, as ek reg verstaan voer ons ten minste 700 mw gratis uit want hulle betaal in elk geval nie (400 na Zimbabwe en 300 na Zambie plus nog ‘n paar na ander lande) Dan betaal ons vir 1500 mw vanaf Mosambiek (teen watter tarief?) Dan help hulle hulself nog met ‘n paar rande aan buitensporige salarisse en korrupsie hier, korrupsie daar. Geen wonder Eskom het nie geld nie, of verstaan ek iets verkeerd? Sug.

André André ·

Die probleme van suidelike Afrika raak net al groter en groter en niemand van die staatshoofde en regerings wil die waarheid in die oë kyk nie, ook blyk dit dat hulle nie die vermoë het om dit aan te spreek nie. Suid-Afrika het wel, maar die ANC regering wil daardie mense wat die kundigheid het, nie betrek nie.

Hanna Hoekom ·

So ons betaal nie net vir Soweto (en ander plakkerskampe) nie, maar basies ook vir ten minste 3 tot 4 buurlande. Ek glo almal is vertroud met die storie van die Goue Gans… Wel, dis nou vir nek-omdraai! Wanneer Suid-Afrika uiteindelik ekonomies tot n val gaan kom, gaan dit n absolute domino effek veroorsaak. Die probleem is dat daar dan geen ander “ekonomiese opsie” Suid is nie. Net die diepblou see.

André André ·

14 dae oor voor Kersfees en nekomdraai, so die gans kan nog bietjie gewig aansit.

magda ·

Ons betaal en hule kry die KRAG – Stop om ons hard verdiende geld te mors op mense wat dit defnitief NIE verdien nie.Julle kan nie eers na na julle eie mense kyk nie maar wil krag voorsien vir ander – ANC julle is wragtig so Onbevoegd – Dink julle verdien n Groot koek met 100% ONBEVOEGD DAAROP – Kyk eers na julle eie mense dan na ander lande.

Wie praat nou die waarheid? ·

Kry nou net ‘n foto van die “Times of Zambië” datum 19 November 2019 wat sê: “Power cuts to ease”(in Zambië – Voorblad nuus deur Helen Tembo) RSA regering het $27 miljoen ontvang om krag aan Zambië te voorsien?

Johan ·

Dear Mr President , the government needs to take heed and accept responsibility – it is not the first time we here about “sabotage” ? – “technical” problems at the ” white elephants ” Medupi and Kusile ( “design challenges” ??? ). Now we also hear about “ageing” powerstations – is this the new breeding ground for corruption? – where is the available extra renewable energy? I am afraid from SAA , PRASA , corrupt officials at municipalities and highest levels of government , Denel and ….. We need to appreciate/respect each other now once and for all and use the best pesons/applicants irrespective of colour or race for the job to avoid what has happened to our country the past years – lets use this as a springboard to take us forward because clearly we are not making any progress eonomically and otherwise currently?

Jannie van Niekerk ·

Sal sit regtig gebeur of is dit maar net lippetaal? Op Dinsdag 19 Nov 2019 het daar ‘n berig in ‘n Zambiese koerant verskyn waarin die Zambiese regering spog met die feit dat hulle miljoene VSA Dollars aan Eskom betaal het sodat hulle onbeperk van krag voorsien kan word. En interessant, net die week daarna word beurtkrag ingestel….”Your Honour, I rest my case…”

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.