Krag weer af teen 17:00   

Suid-Afrikaners kan fase 2-beurtkrag vandag van 16:00 verwag. (Foto: Yaoqi LAI)

Fase 2-beurtkrag sal Maandag weer tussen 17:00 en 22:00 ingestel word.

Volgens Eskom is die kragnetwerk tans onder enorme druk.

Maroela Media het vroeër berig dat beurtkrag Maandag opgeskort is, maar moontlik op kort kennisgewing weer ingestel kan word. Eskom sal later ʼn volledige verklaring in dié verband uitreik.

Die energieverskaffer het vroeër aangedui dat die kragstelsel genoegsaam herstel het om gedurende die dag ten volle aan die vraag na elektrisiteit te voldoen, maar dat dit vanaand weer ingestel kan word indien daar verdere onderbrekings in beskikbare kapasiteit is.

Beurtkrag is verlede week ingestel nadat daar ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit was toe sommige van Eskom se kragopwekkers onklaar geraak het.

Volgens Eskom het die aanbreek van die winter veroorsaak dat daar ʼn groter vraag na elektrisiteit is, veral soggens en saans. Gevolglik sal die kragnetwerk dwarsdeur die winter onder druk wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karen ·

Ek mag dalk verkeerd wees, maar dit gaan beslis nie 22:00 ophou nie.

Leon ·

Net om te paai. 22:00 gaan aangekondig word dat verleng word tot Sondag

Samuel ·

Nee wat, kan mens Eskom glo? Nou word ook nie berig of dit die hele week so sal aangaan nie.

Mariana ·

En kyk dit gaan af net soos ouers by huis kom met moeë kinders wat nou aandag moet kry met kos en bad en huiswerk ook nog. En ja dit is weer dieselfde patroon, hulle sê dit en dan gebeur dat en siedaar beurtkrag in volle swang. Tyd vir hernuwing.

VaalDonkie ·

Ek het Saterdag ‘n klomp “bulbs” gekoop wat vir 2 tot 3 ure aanbly nadat die krag afgaan. En ons kook met gas. Die gloeilampies kos so R100 elk, maar jy kan maar besluit waar hulle die beste nut gaan wees. Ek het dit in my kantoor en in die sitkamer vir nou en sal stelselmatig die res van die huis ook daarmee toerus.

Owlie ·

Met al die nuwe ontwikkelings wat net elke keer goed gekeur word asook al die onwettige krag gebruik wat steeds voortgaan wat verwag hulle.

Eltan ·

Klink so of eskom verbaas is dat die winter aangebreek het…nooit gesien nie gertjie

Shakespeare ·

Evkom is al onder druk vandat die ANC oorgeneem het. Onbevoegdheid en korrupsie is die “key words”

Harley Davidson ·

Pateties,privatisering is al wat sal werk de Ruyter lyk ook nie of hy die mas opkom nie.

CJS ·

Iemand het voorheen genoem ons sit al 15 jaar met hierdie probleem – is dit nie tyd dat Eskom hul banadering verander nie? Uiters frustrerend om die minste te se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.