Kragdiewe kos Eskom miljarde per jaar

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Maandag gesê hy sal alles in sy vermoë doen om elektrisiteitdiefstal hok te slaan, aangesien die maatskappy na raming R7,5 miljard per jaar hieraan verloor.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê elektrisiteitdiefstal is ʼn internasionale probleem en verantwoordelik vir 1% van “kragverbruik” wêreldwyd. Volgens Eskom verloor Indië ongeveer 33% van elektrisiteit wat opgewek word, terwyl elektrisiteitdiefstal die VSA elke jaar $6 miljard kos. In die Verenigde Koninkryk word ongeveer £299 miljoen jaarliks deur diefstal van gas en elektrisiteit verloor.

Volgens Eskom word daar teen elektrisiteitdiewe opgetree deur intelligensie-gedrewe veldtogte in samewerking met die SAPD en Valke, en groot boetes en tronkstraf van tot 15 jaar word vir die oortreding opgelê.

Elektrisiteitdiefstal sluit onwettige aansluitings, peutery met en die omseiling van kragmeters, onwettige voorafbetaalde krag, kabel- en infrastruktuurdiefstal en niebetaling van rekeninge in.

Eskom het ook gesê ʼn hele aantal mense is die afgelope week aangekla nadat kragdrade, transformators en spantoring-steunroosters van Eskom in hul besit gevind is. Volgens die maatskappy dui die waarde van die gesteelde toerusting op die werk van ʼn georganiseerde sindikaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

By my is kabels in die afgelope maand 3 keer gesteel en 2 Transformaters op dieselfde punt.
Diewe trek dood eenvoudig die “Fuses” uit sodat daar geen krag op die transformator is nie . Ek het voorgestel dat hulle die “Fuses bypass” Daar sal net een keer iemand sy dinges sien, dan sal hulle nie weer probeer nie.Blykbaar is dit teen die regulasies maar diefstal is ook teen die wet.

Deloris ·

en Centurion loop amper elke week deur in verskillende dele…..

ig ·

Ek sal my linker iets gee dat die Sindikaat vanaf binne Eskom opereer

willie ·

Hmmm, werlkom in die nuwe wettelose RSA. Dis mos die nuwe national sport, korrupsie en diefstal. Kyk maar na die goeie voorbeelde wat die ANC betuur uitstraal. Wonder nou net wat is die straf vir iemand wat belasing baters geld misbruik vir b.v. Nkandla? 0-0 jaar?

Gerd Lourens ·

Grappie!!! Eksdom treë op teen elektrisiteitsdiewe???

Ek hoor ‘n gerug dat die “slim”-meters wat in swart gebiede geinstalleer word, nie die korrekte verbruik weergee nie. Kan iemand dalk bevestig?

PS – tree Eksdom ook op teen die ouens wat so steel met steenkoolverskaffing??

Jordaan ·

Kan u asb syfers gee hoeveel inwoners van Soweto al sulke boetes of tronkstraf gekry het?

Vicus ·

Nee, die kragskuld van Soweto gaan afgeskryf word.R1,5Miljard!

Gideon ·

Ek glo dit is die voorheen bevoordeeldes wat so steel!!
Die voorheen vertrapte mense sal nooit so iets doen nie, want dit moet mense wees wat vir alles wat sleg is verantwoordelik is wat so haatlik is!! Sies man! Hou op daarmee!

Lance ·

Dis maklik …verhaal die gesteelde krag se gelde by die wat wel betaal. Dit is wat gebeur ….o en stoot die prys op sodat meer kan steel …… reg van die verskaffing van die steenkool tot die onwettinge konneks wat ons van weet ….en niks word gedoen nie ….totale wetteloosheid…..hier kom n ding want die beursie is byna leeg gesteel.

Lance ·

Dis maklik …verhaal die gesteelde krag se gelde by die wat wel betaal. Dit is wat gebeur ….o en stoot die prys op sodat meer kan steel …… reg van die verskaffing van die steenkool tot die onwettinge konneks wat ons van weet ….en niks word gedoen nie ….totale wetteloosheid…..hier kom n ding want die beursie is byna leeg gesteel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.