Kragkrisis: Eskom moet nou oop kaarte speel, sê DA

Argieffoto

Dis tyd dat Eskom oop kaarte speel met Suid-Afrikaners wat duidelikheid en eerlikheid verdien wat betref die huidige kragkrisis, het die DA Sondag gesê.

“Die DA neem kennis van teenstrydige berigte oor die huidige krisis by Eskom en glo dat Suid-Afrikaners sekerheid verdien oor die talle teorieë, verduidelikings en verskonings wat deur Eskom aangebied word,” het Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, gesê.

“Daar is baie redes vir die kragonderbrekings wat Suid-Afrikaners nou moet verduur, van staatskaping en ʼn gebrek aan steenkool tot bewerings van onreëlmatige tenders en Eskom se gebruik van maatskappye wat nie die dienste kan verskaf wat Eskom so dringend nodig het nie,” het sy gesê.

“Die DA doen ʼn beroep op Eskom om ʼn lys te verskaf van al die maatskappy waarteen hy stappe gedoen het wat betref verkeerde tenderprosedures. Ons versoek Eskom ook om Suid-Afrikaners in kennis te stel of hy aansoek gedoen het vir ʼn dringende interdik om kontrakte te stop wat tot steenkooltekorte gelei het.”

Die onderliggende probleem, ongeag die huidige krisis, is dat die struktuur van Eskom moet verander. Eskom het bewys hy is nie in staat om elektrisiteit aan Suid-Afrikaners te voorsien met sy huidige bedryfsmodel nie en het dit al oor en oor bewys, het Mazzone bygevoeg.
– Eskom het onlangs versuim om duidelik met PetroSA te kommunikeer – ʼn eenvoudige meganisme wat die graad van beurtkrag kon verlig;
– Geld vir aanleginstandhouding is in 2015 na Gupta-maatskappye herlei en dit het tot nuwe en duurder instandhoudingskoste in 2018 gelei;
– Eskom se salarisse en ander finansies is buite beheer; en
– Swak projekbestuur by Medupi- en Kusile-kragstasies het die koste van die bouproses verdubbel.

“Die enigste ding wat Eskom kan red is as die hele struktuur verander. Die gemors waarin onsself nou bevind is ongetwyfeld die gevolg van ʼn ANC wat korrupsie en onreëlmatighede toegelaat het om vastrapplek te kry in ons staatsbeheerde instansies. Suid-Afrikaners het duidelikheid en eerlikheid nodig wat dié krisis betref,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hansgat ·

Hoe wen die regering deur die vervaardigde krag onderbrekings? Wel, elke keer as ons ‘n generator, son paneel of enige ander toerusting koop dan vat die staat 15% belasting daarop. Misdaad neem toe en al koop jy versekering aan (ons premies word belas) met na belaste geld, betaal jy weer 15%belasting as jy jou goedere vervang! Misdaad betaal…vra die ANC regering!

HPV ·

Hansgat, jy is reg, die regime verdien astronomiese bedrae uit misdaad. Dit is in elk geval die enigste metode hoe hulle al hul mislukkings kan finanseer.

koseer ·

Die water is ook lyk my n probleem. Ons het vir amper 24uur nie water gehad in die noordelike dele van Pretoria vanaf Vrydag oggend tot laat Saterdag oggend. as jy bel of met iiemand praat het elk n ander rede. eers was n hoof pyp gebars, later toe ons bel toe weet Thswane blykbaar nie van die probleem nie. in die vroee oggend ure word daar geraporteer dat die resevoirs leeg is en eers moet vol maak… later toe word daar gese dat die pompe gaan staan het AGV loadshedding…. hoe weet die munisipaliteit nie of daar water is of nie? Ja, load shedding kan n probleem wees, maar iemand het nie sy werk gedoen om te kyk of die dorp se water voorraad in stand gehou word nie. verder kan n mens verskeie water lekke in ons omgewing opmerk wat al maande lek. al word dit geraporteer lyk dit nie of iemand ag slaan nie.

Hasie ·

Daar is baie krag gebruikers op grondvlak wat krag gebruik, maar nie betaal nie. Dan is daar die wat wel aan die munisipaliteit betaal, maar daar vind eers ‘n klomp diefstal plaas, en dit wat oorbly gaan ns Eskom. Daar is baie groot veranderde stelsels nodig wat in plek moet kom.

Randwater ·

Randwater sukkel met krag opwekking vir water pomp. Aangesien jou Pretoriaanse water verskafvword deur Rand water is dit hoekom daar warmter onderbreukings is. As jy nuus geluister het/ berigte gelees het sou julle geweet het. Hul werk aan die probleem. Geduld sal jou help.

Hasie ·

Ek het my voorgeneem om voortaan die woord “beurtkrag” te vermy. Dit klink darem te veel na ‘n lekker speletjie waar elke maatjie ‘n beurtjie kry.
My alternatiewe voorstel vir dié duister tyd is “KRAGKAPING” .
Met hoofletters ja, Afkorting KK —
David van Lill.
Nuut geskepte woord vir die HAT.

Snowball ·

Net een erkenning is reg…..”Ons het die sg kragreus Eskom tot in die grond in gestroop, geplunder, gekader en gekorrup.”

Hys trots die ANC vlag op dié sinkende skip Ramaphosa en sing julle bevrydingsliedjies; julle het vernuf en vaardigheid finaal oorwin met onbevoegdheid en korrupsie. Viva ANC, Viva.

Poot ·

Jislaaik Snowball….bter kon ek dit nie bewoord en raakvat nie.

John ·

Eskom wil moontlik doelbewus bankkrot speel om homself te red; sy skuld af te skud en sodoende weer van vooraf opbou. Die unies speel ‘n groot rol om verandering te keer, dalk deur sekere persone aangevuur… Selfs die IMF het glo gese Eskom het net 16 000 werkers nodig maar daar sit glo 45 000. Indien die ANC hierdie ‘n welsynsinstansie wil maak waar werkers elkeen op ‘n troon sit, en te ditto by alle staatsinstellings gaan hierdie stuk aarde tot niks afgewentel word en moontlik word laasgenoemde doelbewus as opsie oopgehou om na’ chaos en wanorde ‘n sosialistiese bestel te vestig waar die staatsleier alles beheer en die unies se magtige hande te bind. Afrika hou van konings en magtige beheerstrukture… dalk is human rights toe nie die oplossing nie.

Grassie ·

‘n Paar jaar gelede het ‘n hele paar mense, wat onder andere tegnici van Eskom insluit, gewaarsku dat Eskom vorentoe gaan sink. Ek het ook hier op MM kommentaar daaroor gelewer. Bekwame tegniese deskundiges was in bestuursposte maar is mettertyd deur swart bemagtiging vervang wat onbekwaam was (is). Dit het ‘n Afrika mentaliteit in die bestuur meegebring. Dit is soos wanneer jy ‘n motor koop wat elke 15000 km gediens moet word. As dit na 15000 km nog mooi loop, waarom geld spandeer daarop? Op 30000 loop dit steeds goed, die geld kan mos elders “beter” aangewend word. Op 45000 km pak daardie motor onherstelbaar op, waar dit eintlik 400 000 km moes gehou het. Kragstasies werk ook so. Ek het berigte/gerugte gehoor dat van die kragstasies weens swak instandhouding na aan hulle einde is. Ek hoop nie die ellende wat deur die tegnici destyds voorspel is het nou begin gebeur nie.
Ek wonder hoe gaan dit op Koeberg.

lewies ·

Hierdie proses is vir hulle te ingewikkeld om te verstaan OF hulle is te lui OF daar is ‘n ernstige gebrek aan ETIESE WERKSWAARDES. Ons wat weet noem dit “WERKSETIEK” Gevolgtrekking: ONS LAND GAAN TEN GRONDE AGV ‘N GEBREK AAN KENNIS ” ‘N BYBELSE BEGINSEL”

Stem met jou saam Grassie

Jerry ·

Mazzone kan net sowel met n muur praat, want eerlikheid sal sy nie by plunderaars kry nie. Wat sy wel sal kry is dat hulle bakhand gaan staan en vra vir nog meer geld. Weier sy, is die ekonomie in sy kanon en is sy te blameer. Gee sy toe en gee geld, dan gaan die plundery voort en sit sy met n sukkellende ekonomie. Die ANC het met staatsbeheerde entiteite, Suid Afrikaners nou in n wurggreep waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Die ANC kan dus die wurggreep verslap en verstyf soos dit hulle pas, en wurg gaan hulle vir jou wurg Mazzone, dis nou maar wors! Of jy nou van die ESKOM grid afklim en solar of generator gaan of nie, belastingbetalersgeld gaan aanhou vloei na die ANC kaders by ESKOM! Belastingbetalers word dus reeds gyselaar gehou deur die ANC staat, wat enige ander oplossings en opsies soos privatisering, doelbewus buite rekening laat. Die enigste manier vir Suid Afrikaners om hiervan te ontsnap, is deur te emigreer!

Callie ·

Sien darem die staatsdiens se pensioenfonds bied aan om Eskom te finansier. Dit sal goed wees. Dan kan hulle vir n jaar dalk aangaan, weer vir al die kaders geld gee, dan is Eskom weer bankrot en die pensioenfonds. Ten minste het die staatsamptenare betaal en nie die belastingbetaler nie

Estelle ·

Jy vergeet dat baie blanke mense ook in diens van die staat staan. Sal jou plan steeds lekker afgaan indien die bankrot pensioenfonds (soos jy voorstel) jou ouers ook raak?

lewies ·

DIE VADER VAN DIE LEUEN
“Oop kaarte speel” is een ding maar as jy die VADER VAN DIE LEUEN misken, maak jy oor en oor die selfde foute.

Hanna Hoekom ·

Vra ook sommer die lys van nie-betalende woonbuurte aan. Dis nou daardie areas wat Eskom miljoene skuld en nooit beurtkrag het nie. Behalwe die absolute belaglike salarisse en bonusse van die ringkoppe, kan hierdie uitstaande rekeninge n hengse verskil aan Eskom se finansies maak!

Estelle ·

En die skipvragte steenkool wat van Richardsbaai hawe af aangery word Sjina toe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.