Kragkrisis: Eskom moet nou oop kaarte speel, sê DA

Argieffoto

Dis tyd dat Eskom oop kaarte speel met Suid-Afrikaners wat duidelikheid en eerlikheid verdien wat betref die huidige kragkrisis, het die DA Sondag gesê.

“Die DA neem kennis van teenstrydige berigte oor die huidige krisis by Eskom en glo dat Suid-Afrikaners sekerheid verdien oor die talle teorieë, verduidelikings en verskonings wat deur Eskom aangebied word,” het Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, gesê.

“Daar is baie redes vir die kragonderbrekings wat Suid-Afrikaners nou moet verduur, van staatskaping en ʼn gebrek aan steenkool tot bewerings van onreëlmatige tenders en Eskom se gebruik van maatskappye wat nie die dienste kan verskaf wat Eskom so dringend nodig het nie,” het sy gesê.

“Die DA doen ʼn beroep op Eskom om ʼn lys te verskaf van al die maatskappy waarteen hy stappe gedoen het wat betref verkeerde tenderprosedures. Ons versoek Eskom ook om Suid-Afrikaners in kennis te stel of hy aansoek gedoen het vir ʼn dringende interdik om kontrakte te stop wat tot steenkooltekorte gelei het.”

Die onderliggende probleem, ongeag die huidige krisis, is dat die struktuur van Eskom moet verander. Eskom het bewys hy is nie in staat om elektrisiteit aan Suid-Afrikaners te voorsien met sy huidige bedryfsmodel nie en het dit al oor en oor bewys, het Mazzone bygevoeg.
– Eskom het onlangs versuim om duidelik met PetroSA te kommunikeer – ʼn eenvoudige meganisme wat die graad van beurtkrag kon verlig;
– Geld vir aanleginstandhouding is in 2015 na Gupta-maatskappye herlei en dit het tot nuwe en duurder instandhoudingskoste in 2018 gelei;
– Eskom se salarisse en ander finansies is buite beheer; en
– Swak projekbestuur by Medupi- en Kusile-kragstasies het die koste van die bouproses verdubbel.

“Die enigste ding wat Eskom kan red is as die hele struktuur verander. Die gemors waarin onsself nou bevind is ongetwyfeld die gevolg van ʼn ANC wat korrupsie en onreëlmatighede toegelaat het om vastrapplek te kry in ons staatsbeheerde instansies. Suid-Afrikaners het duidelikheid en eerlikheid nodig wat dié krisis betref,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Spark Plug

Eerlikheid…nee rerig nou verwag julle te veel

Hansgat

Hoe wen die regering deur die vervaardigde krag onderbrekings? Wel, elke keer as ons ‘n generator, son paneel of enige ander toerusting koop dan vat die staat 15% belasting daarop. Misdaad neem toe en al koop jy versekering aan (ons premies word belas) met na belaste geld, betaal jy weer 15%belasting as jy jou goedere vervang! Misdaad betaal…vra die ANC regering!

koseer

Die water is ook lyk my n probleem. Ons het vir amper 24uur nie water gehad in die noordelike dele van Pretoria vanaf Vrydag oggend tot laat Saterdag oggend. as jy bel of met iiemand praat het elk n ander rede. eers was n hoof pyp gebars, later toe ons bel toe weet Thswane blykbaar nie van die probleem nie. in die vroee oggend ure word daar geraporteer dat die resevoirs leeg is en eers moet vol maak… later toe word daar gese dat die pompe gaan staan het AGV loadshedding…. hoe weet die munisipaliteit nie of daar water is… Lees meer »

Hasie

Ek het my voorgeneem om voortaan die woord “beurtkrag” te vermy. Dit klink darem te veel na ‘n lekker speletjie waar elke maatjie ‘n beurtjie kry.
My alternatiewe voorstel vir dié duister tyd is “KRAGKAPING” .
Met hoofletters ja, Afkorting KK —
David van Lill.
Nuut geskepte woord vir die HAT.

Snowball

Net een erkenning is reg…..”Ons het die sg kragreus Eskom tot in die grond in gestroop, geplunder, gekader en gekorrup.”

Hys trots die ANC vlag op dié sinkende skip Ramaphosa en sing julle bevrydingsliedjies; julle het vernuf en vaardigheid finaal oorwin met onbevoegdheid en korrupsie. Viva ANC, Viva.