Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag aan joernaliste in Pretoria gesê alles moontlik word gedoen om te verseker dat die energiesituasie hanteer en oorkom word. Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, en Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het ook die media toegespeek.
Joemat-Pettersson het verduidelik dat die tegniese beheerkamer by Eskom gehuisves sal word. Talle tegniese beamptes van die onderskeie departemente en kenners uit die private sektor sal bystand en advies gee. “Die tegniese beheerkamer sal onmiddellik op die been gebring word en sal saamgestel word uit die departemente van energie, koöperatiewe regering en tradisionele sake, openbare ondernemings, handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, water en sanitasie en Eskom.”
Die regering se vyfpuntplan behels korttermyn ingrypings oor die volgende 30 dae; die uitbreiding van kragaankoopooreenkomste met die private sektor; die bespoediging van die regering se program om diesel met gas te vervang om die dieselaanlegte aan te dryf; die bekendstelling van ‘n program vir onafhanklike steenkoolprodusente; en om elektrisiteitsaanvraag te bestuur deur middel van spesiale ingrypings.
Ek kan nie glo wat ek lees nie . Tina Joemat-Petterson is deel van die span ! Dit is mos n resep vir mislukking want ons weet mos dat dit waaraan sy raak misluk . Fire die onbeholpe kaders en stel bevoegde mense met die nodige kennis aan wat wil werk. Ongelukkig sal dit nooit gebeur nie want die bevoegde mense is wit.
Ek wonder wat behels hierdie plan alles.
Wat het die dept van tradisionele sake en dan ook van die ander departemente te doen met krag voorsiening jy het 1 of 2 mense nodig met verstand en wat kan leiding neem om die ander te verduidelik wat gedoen moet word. Hier is alweer te veel kokke in die kombuis bye bye nog baie miljoene
En ek dag daar is nie ‘n krisis nie?