‘Kragmeter-skandaal laat Nkandla soos kleingeld lyk’

Argieffoto.

Argieffoto.

AfriSake het Dinsdag gesê die omvang van die bedrag belastingbetalersgeld wat as deel van die Tshwane-metroraad se omstrede voorafbetaalde kragmeterkontrak met die maatskappy PEU Capital verkwis is, laat die geld wat op president Jacob Zuma se privaat landgoed by Nkandla bestee is, soos kleingeld lyk.

Willie Spies, AfriSake se regsverteenwoordiger, het die gevolgtrekking gemaak nadat AfriSake se regspan die afgelope naweek vir die eerste keer die ooreenkoms onder oë geneem het waarin die Tshwane-metroraad onderneem om minstens R950 miljoen te betaal.

Die Tshwane-metroraad het vroeër geweier om die voorwaardes vir die kansellasie van die omstrede kontrak met PEU Capital bekend te maak. Dit het onlangs bekend geraak dat die metroraad op die punt staan om ʼn bedrag van R950 miljoen aan PEU Capital oor te betaal, maar die betaling is voorlopig opgeskort nadat AfriSake verlede week die hof dringend daaroor genader het.

Volgens ʼn hofbevel wat verlede week oor die ooreenkoms tussen die partye gemaak is, staan die hofaansoek oor tot 5 Julie en is die metro gelas om ʼn afskrif van die kansellasie-ooreenkoms, die waardasie en tersaaklike dele van die begroting aan AfriSake te lewer.

“Terwyl PEU Capital, sowel as die stadsraad, deurlopend die versekering gegee het die R950 miljoen is vergoeding vir infrastruktuur wat PEU Capital aan die raad verkoop het teen ʼn objektiewe waardasie, blyk dit nou die prys is ʼn bedrag waarop ooreengekom is en die waardasie is volgens ontoepaslike maatstawwe gedoen,” het Spies in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê volgens die waardasie is die infrastruktuur as ʼn lopende besigheid gewaardeer, deur die toekomstige inkomstestroom te verdiskonteer teen huidige waarde.

“Wat die metroraad dus gedoen het, was om eers 19,5% van sy inkomstestroom uit elektrisiteit gratis aan ʼn kontrakteur weg te gee en dit nou weer terug te koop teen die waarde van daardie inkomstestroom. Dit druis in teen alle norme en rasionaliteit,” sê Spies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Plaasjapie ·

Ek dink ons kan seker wees dat ons maar net die punt van die ysberg sien.

m ·

Daars nog baie sulke gevalle. Iewers maak iemand miljoene uit ons uit… Dis mos hoe die nuwe SA werk.

Cherokee ·

Miljoene sê jy? Suid Afrika se korruptane werk nie met sulke kleingeld nie.

Piet ·

So ry die trein so ry die trein die anc se sous trein wat n skande en hulle voel nie eers skuldig nie n mens kan dit verwag van n std 4 mentaliteit hoe dan nou anders

viva afrikaans ·

Met al daaie geld wat hul so mors kon hul al hul universiteite,handboeke en gekwalifiseerde dosente in al die ander inheemse tale,asook behuising v baie,beter mediese sorgens ens ens ens ens rn die lys gaan aan ens ens gehad het,maar nee vat afbreek en”demand” is lekker.

neelsie ·

Selfverryking en gierigheid.
Hoeveel van die geld is in die burgemeester se sak?
Die skandelike gedrag van ons leiers laat die massas optree soos nou in Pretoria.
EFF maak misbruik van die omstandighede.
Mag God ons land bewaar van die onverantwoordelike optrede van mense wat nie weet wat hulle doen nie.
Plunder en verwoesting deur vuur is die optrede van bose magte.

Fanie ·

Mense dit is tyd om die ANC uit te stem. Moet nie weg bly nie! Dit is die enigste manier wat ons die tipe van vergrype gaan stop sit. Jy het n stem gebruik dit.

vermeende ·

Fanie jy is reg ons moet almal gaan stem maar se my eers, as al die blankes DA gaan stem en daar gebeur n wonderwerk want die getalle het ons nie om daai drastiese verskil te maak nie. Maar as die DA die regerinde party word wat ons ook nie goedgesind is nie, vir wie stem ons dan om weer van die DA ontslae te raak en wie dan weer daarna????

Dit raak darem nou moeilik om buite daai DA raamwerk so ver te dink.
Nee dankie jong gaan staan gerus in die ry en stem, daai dag is my pasela braaidag.

anton ·

Fanie hoe gaan ons handjievol blankes die anc uitstem? Het jy al somme gaan maak?
Dit is nou te laat. Ons moes nooit vir de klerk gegee het destyds wat hy gevra het van die kiessers nie. Maar die meerderheid mense het mos nie hulle gesonde verstand gebruik en maar blindelings hom sy sin gegee!!!

jennifer ·

Stem saam Fanie, en praat met my werkers, hul kan nie lees nie, ek het hul heeldag die fotos en verslae oor die opstande in Pretoria, wat op my Whats Up ingekom het , voorgelees . Ek wys aan hul video snitte oor toestande in Afrika, oor swartmense wat oor die Middelandse see uit Afrika vlug ens, Ek se nie vir wie hul moet stem nie maar vertel hul van die vergrype van die ANC .

Esmay ·

Anton , as hulle in 1992 eerder NEE gestem het. Maar toe glo almal mos vir fw de klerk en stem JA !!! Waar is de klerk nou om ons te red??????

Sus ·

Haai Jennifer jys ‘n goeie mens maar ek gaan jou bubble nou bars…….maak nie saak wat jy nou vir hulle wys en sê nie, kom 3 Augustus 2016 dan stem daai selles vir die ANC!
En dan Anton en Esme: die JA/NEE stemmery van destyds was gekook! Die JA stem moes ten alke koste wen sodat de Klerk en sy kaders hulle farewell packages kon kry. Verraaiers!!

Luister ·

Vermeende. Het jy nog nooit van VF+ gehoor nie?
Lees die berig elders op Maroela.

Altia ·

Geagte Vermeende!!
Met so mentaliteit Gaan mens nêrens kom! Jy Kan Nie wil kla as jy Nie eens bereid is om te probeer Nie!!

Drikus ·

Ai “Vermeende” as u nie stem nie kan u net uself blameer vir dit waaroor u wou kla.

Johan 2 ·

Stem is n moeilike een. Die munisipaliteite is (natuurlik met opset) so groot dat ons ou Afrikaner stem weinig tel nie.

Ek gaan stem wel (maar definitief nie DA nie). Maar in my opinie kan ons nog net ander forums gebruik soos die hof (terwyl dit nog relatief gesond is) om n impak te maak, dan sal belasting betaler aksies moet volg en op die ou end sal slegs gedeeltelike onafhanklikheid die ding doen tot SA uiteindelik uitmekaarval en (weer) kleiner outonome kultuurgemeenskappe vorm.
Maar dit gebeur nie oornag nie, so raak (bly) betrokke, beskerm jou identiteit en kultuur en kyk die kat uit die boom.

vermeende ·

Drikus, daai slagspreuk is so oud soos die SA demokrasie, Tony het met hom begin.
Die waarheid is egter anders, jy wat stem kan glad nie kla nie want deel van die demokratiese proses verbind jou tot die uitslag van die verkiesing, jy kry elke 5jaar die geleentheid om jou stem dik te maak, ek kan dit elke dag doen want ek stem nie so ek word nie verbind tot die uitslag nie.
Jy weet in 92 was daar n keuse, Ja of Nee stem, n rede om te gaan stem het en beide het bepaalde lewens vooeuitsigte gehad maar vandag stem julle net om te stem sonder verandering in die verwagting van julle vooruitsigte……..so n antiklimaks!!!!!

Cherokee ·

Drikus, ek gaan saam met Vermeende braai. Daai storie wat jy vertel hou nie water nie. Die stad waar ek woon is ‘n ANC-munisipaliteit met ‘n sterk DA opposisie. Geen VF+ verteenwoordiging en daar’s nie ‘n kans dat ek DA sal stem. Ek het die trotse rekord dat ek nooit NP of DA gestem het nie. Hier is geen verteenwoordiger met ‘n manifes wat ek ondersteun nie, so ek stem nie tydens die komende munisipale verkiesing nie.

Praetor ·

Vermeende.
Dit is mense soos jy,en ongelukkig is daar duisende van jou soort, wat die ANC die mag gee om te maak net wat hulle wil. ANC ondersteuners loop te voet ñ dagreis te perd om hul kruisie te gaan maak, terwyl jy nie kans sien om jou braaivleisvuur vir 10 min te los, in jou motor te klim en jou kruisie te gaan maak nie. Nee wat, as jy nie teen die ANC stem nie, kon jy net sowel vir hul stem, en verbeur jy volgens my die reg om te kla oor die land se omstandighede.
Jou siening is werklik tragies…..

Lizette ·

Nog skandes is dat die ou mense by Wilgers aftree oord R1.99 per unit betaal vir elektrisiteit op prepaid meters, terwyl dit in groot maat aangekoop word teen n baie laer tarief.

Lance ·

Ag jimmel tog Tshwane kan dan nie eers die mees basiese regkry soos om die strate te vee nie ..wat nog van n kontrak beding ….Tshwane is n joke !!!!

Justice ·

Potchefstroom se munisipaliteit bestuurder word ondersoek vir dieselfde skelm streke. Nog nerens van dit in die media gelees nie.

Anti-Haas ·

Gaan kyk na PEU Capital se bestuur op internet.
Die een het meer grade as die ander een……..
WOW!!!!!!!
Geen wonder hulle het die “kundigheid” nie

Elaine ·

HELP !!! ons het die die meter gekry en dat jou een ding vertel dit gaan woes. Ons betaal baie meer vir Tshwane. Weet glad nie hoe kan ons die meter laat verwyder nie. Dit is nie reg nie want my man is op pensioen en ons betaal deur ons nek vir net ons twee

Tshwane ·

Julle moet bedaar asb mense! Ek weet van mense in Tswane Stadsraad wat skaars kruideniers kan bekostig maar is vier of meer male ‘n jaar op eksotiese vakansies met Stadsraad geld, en dit is BLANKES!!

Kruisie toets ·

Raporteer aan VF+ Elaine kom ons toets of hul daai X verdien

Ria M ·

Elaine
Dit is nie net julle in Tswane wat deurloop nie ons hier in Vereeniging waar hierdie slimmeters reeds geinstalleer is loop net so deur en jy kan niks daaraan doen nie jou krag word net eenvoudig afgesny indien jy nie een van hulle meters laat installeer nie. My ou vooraf betaalde meter was glo nie goed genoeg nie, met hierdie nuwe meter van hulle gebruik ons nou dubbel die hoeveelheid krag en ons is ook net twee as ook pensioenarisse. Ek sal bly wees as Afriforum hier ook kan ondersoek instel. Sterkte vir julle wat ook nog gaan deurloop met al die ongebleikte hepsug.

Vaalseun ·

Suid-Afrika is nie nou méér gevaarlik as in Piet Retief se tyd nie; maar Suid-Afrika is nou ook nie mínder gevaarlik as in sy tyd nie. Maar, ten spyte daarvan dat hy en sy manskappe en hulle gesinne die slagoffers van geweldadige moord was, is ons steeds vandag hier, en het Suid-Afrika deur opoffering en toewyding die fantastiese land geword vir mense om in te woon wat dit vandag is. In elke land in die wêreld is daar gevare vir die inwoners, en probeer mense ander uitbuit. Ons en hulle kan net oorleef as ons die gevare en uitbuiting elke dag raaksien en beveg, en ons toespits om die beste in ons werk en verhoudinge met mekaar te doen.

herman ·

Die enigste manier om van ANC ontslae te raak is as daar een party opstaan teen die ANC. Met al die partye wat nou daar is, is dit onmoontlik om die ANC uit te stem. Sou daar soos destyds net 2 partye was, dan sou die anc uitgestem geword het. Ek kannie sien dat enigiets gaan verander nie. Met al die klein partye in die parlement, sal die anc tot in ewigheid regeer. Wanneer mens stem, moet jy vir iemand stem met wie se beginsels jy mee saamstem. Daar is nie so ‘n party waarvoor ek kan stem nie. Help nie jy stem DA nie. Hulle is maar net die volgende ANC> wat ‘n joke. Stem lekker. Ek kla nie oor die regering nie, want dit help my niks. Ek lag maar net vir hulle. Het kla al oooooiiit iets in die land verander. NIKS verander en sal verander omdat jy kla nie. So gaan stem dan kan jy kla en niks sal verander nie. Dit maak nie vir my sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.