Kragnetwerk bly onder druk; Medupi-krag eers in 2015

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika se kragnetwerk sal tydens die winter onder druk verkeer, het Eskom Donderdag gesê.

“Die kragnetwerk bly kwesbaar en dit sal ook so wees in die winter,” het Collin Matjila, uitvoerende hoof van Eskom, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

ʼn Noodtoestand vir die kragnetwerk is vanjaar op 20 en 21 Februarie en 6 Maart verklaar.

Matjila versoek klante om hul elektrisiteitsverbruik in die spitstye tussen 17:00 en 21:00 te verminder en om toestelle wat nie gebruik word nie, warmwatertoestelle en ligte af te skakel en van gasverwarmers gebruik te maak.

Matjila het ook gesê eenheid ses by die Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, sal na verwagting die eerste eenheid wees wat volgende jaar aangeskakel word.

Die projek het al talle vertragings ervaar weens kontrakteurs wat verbrou het en arbeidsdispute. Eskom het in Oktober 2013 aangedui dat Suid-Afrika in 2014 krag van dié steenkoolkragstasie sou ontvang.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Die moontlike gebrekkige voorsiening van krag aan die land, is die gevolg van swak bestuur deur Eskom. Die rede is eenvoudig maar net die onbevoegdheid van mense in uitvoerende posisies.

Rudi ·

Madupi is al 3 keer duurder as beraam. Dink net, ek kon 3 keer minder vir my krag betaal het as die anc beter kon bestuur.

Peter Says ·

Twyfel of hierdie Medupi sentrale oor die volgende 10 jaar aan die gang gaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.