Kragnetwerk dalk onder druk ná ontploffing by Medupi

‘n Argieffoto van die Medupi-kragsentrale in Limpopo. (Foto: Hitachi Power Africa)

Eskom het bevestig dat daar Sondagaand ’n ontploffing by sy Medupi-kragsentrale naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo was.

Volgens die kragvoorsiener het die ontploffing omstreeks 22:50 by die kragopwekker vir eenheid 4 plaasgevind. “Geen beserings is aangemeld nie en daar is verantwoording vir alle werknemers en kontrakteurs gedoen. Die nooddienste het talle werknemers vir skok behandel,” het Eskom in ’n verklaring gesê.

Die ontploffing was volgens Eskom die rede hoekom eenheid 5 uitgeskakel het. Daar word intussen gepoog om dié eenheid weer in werking te stel.

“Ondersoek word ook intussen ingestel om die oorsaak van die ontploffing vas te stel en Eskom sal die publiek op hoogte hou rakende verwikkelinge, asook tot watter mate die ongelukkige voorval die kragnetwerk sal beïnvloed.”

Eenheid 4 was volgens Eskom sedert 6 Augustus op ’n korttermynonderbreking en alle werk by die eenheid is onmiddellik opgeskort. “Dit sluit in die opskorting van alle permitte om by die aanleg te werk tot verdere kennisgewing.

“Die gebied waar die ontploffing plaasgevind het, is beveilig en sodra die brandweerhoof en ingenieurs dit veilig verklaar, sal met inspeksies en assesserings begin word om die oorsaak van die voorval en die omvang van die skade vas te stel.”

Die ontploffing kom net ’n week nadat Eskom aangekondig het dat die laaste van ses eenhede by Medupi aanlyn gebring is. Alle bouwerk aan die 4 764 MW-projek is afgehandel nadat dit in Mei 2007 begin is.

Ontwerpfoute met die ketels is egter steeds nie uitgestryk nie en het veroorsaak dat die kragsentrales by Medupi en Kusile beduidend onderpresteer het. Dit het ook tot gereelde onderbrekings gelei.

“Wat oorbly by die Medupi-projek is die laaste gedeelte van die inwerkingstelling van die ooreengekome tegniese oplossings wat verband hou met die ketelontwerpfoute. Wanneer die herstelwerk oor die volgende 24 maande afgehandel word, sal Medupi teen volle kapasiteit betroubare krag aan die netwerk kan lewer en energiesekerheid vir die land help verseker,” het Bheki Nxumalo, uitvoerende groephoof van Eskom se groepkapitaalafdeling, vroeër gesê.

Die kapitaalkoste van die projek beloop tot dusver R122 miljard en Eskom sê hy gaan na verwagting minder as R135 miljard bestee om alle werk af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pieter ·

Skokkend. Die gevolg van BEE, transformasie en onbekwaamheid. Net soos SA net 3 medaljes in Tokyo kon inpalm deur 2 persone en die getransformeerders nie. Indien jy met 30% slaagsyfer tevrede is en daarop ‘n werk kry omdat jy swaarkry, wys dit dat jy nie kan kompeteer met die wêreld nie, hulle lag vir jou en kry lekker omdat jy steeds agter wil bly. Die Google wêreld-IK kaart bly ‘n wonderlike ding.

Kokerboom ·

Die astronomiese prys wat ons betaal vir RET, obsessiewe BBBEEE, staatskaping en absolute onbevoegdheid!!!Mens weet nie meer of jy moet lag of huil van totale frustrasie en magteloosheid!!

Anel ·

Wat van sabotasie. Iets ontplof nie sommer nie. Daar moet ‘n rede wees.

James ·

Droogverkoelde kragstasies is soos bomme wat wag om te ontplof – so hoog loop die hitte en drukking binne in hulle. Jou ketels moet PERFEK wees, en deurlopend gemonitor word vir ENIGE teken van swakheid. X strale, en akkoestiese monitering. Drukking soek altyd vir ‘n swak plekkie – en as hy dit kry: BOEM! Dink aan hoe ‘n vuurwapen werk: Nitroselluliet word verbrand tot gas in ‘n oogwink binne ‘n koperdop – en jaag die projektiel aan die voorkant waar hy ingedruk is – die swakste punt – by die loop uit teen 2000 voet per sekonde. Die geheim van ‘n goeie ketel in ‘n kragstasie, is dat die druk nerens heen kan ontsnap nie: GEEN swakste punt nie. (Anders word die ketel met al sy stoomdruk net ‘n groot kanon.)

Dink jy vir een oomblik dat die ANC so iets kan bou – wat nog te se onderhou? Hulle kan nie eers die ou waterverkoelde stasies in stand hou nie! (Waar die hitte en drukking BAIE laer is.)

Tanniepetoors ·

Alweer Medupi. Werk enigiets heeltemal reg by die saamgeflansde visblik kragsentrale?

Jack ·

Charterhouse, die SEB maatskappy wat bestaan uit Hitachi, wat die tegniese kundigheid verskaf het, en die ANCwat gesorg het dat alles wat aangekoop of gebou moes word, se pryse so baie gelaai is dat die ANC miljarde in hulle eie sakke kon kanaliseer. Hierdie korrupsie is die swak plek in elke stoomketel, stoom turbine, alternator, transformator en steenkool vervoerband.

Steve ·

Enige weddenskappe aanvaar: in die ou SA (voor kommunisme) is hierdie projek SUKSESVOL voltooi binne 2 jaar teen 5% van die korrupte anc se bedrieglike koste. Toe daar nog opgeleide ingeneurs was en nie aanstelling oor velkleur nie.

James ·

Hitachi het mos die boilers gebou – nie waar nie? Hitachi – waarin die ANC belange gekoop het – 14 jaar terug?

Wat die ANC nou gaan leer: As jy besluit om droogverkoelde kragstasies te bou, en sommer boonop een van die groottstes in die wereld – moet jou ketelmakers WEET wat hulle doen. Die hitte en druk in so ‘n kragstasie is BAIE groter as in die “updraft watercooled” tipes -wat die vorige regering gebou het – en wat nog staan – JARE na hul leeftyd eintlik verby is. “Ons gaan water spaar.” Ja – en niks gaan werk nie.

Hierdie was heel waarskynlik die nommer 4 boiler wat gefaal het. Gebou deur Hitachi – ANC se korrupsie vennoot.

Nommer 4 is nie die laasste om te skeur nie. AL die ander – sal volg.

Die ANC het MILJARDE spandeer – om ‘n paar groot stoombomme te bou.

Wag maar en kyk hoe Medupi en Kusile oor tyd – abandoneer word. Groot, duur stoombomme – met kaders wat klaar hul miljarde gekry het.

Koop generators en kerse, mense. As jy nog nie het nie.

Riaan ·

ALWEER Medupi – Verander asb die naam van die plek na ANC Legacy Park toe, want die is vrot van die korupsie, en niks werk daar nie

JohanR ·

Het ‘n ANC kader die verkeerde knoppie gedruk. Dog dis die knoppie om die toilet te spoel, toe is dit al die tyd die rooi knoppie wat ‘n kragopwekker opblaas!

VaalDonkie ·

Onthou, hierdie is dieselfde mense op wie julle vertrou om die COVID ding onder beheer te kry

Willem ·

Anc ingenieurs wat in Kuba geswot het!!!!Daar kom nog baie ontploffings!!!!!

annie ·

Dalk het ons ‘n terugspel op Homerus se epiese gedig oor Odysseus wie se vrou haar borduurwerk van die dag snags weer los getorring het om nooit klaar te kry nie, terwyl sy vir jare op sy terugkeer wag en so die baie vryers weggehou het. Die werkers by Medupi wat heerlik geld verdien het uit die projek doen dalk ook so en die herstelwerkies hou tot hul aftrede aan… aan ‘n Neverland-kragstasie.

Jr ·

Nou werk dit. Nou werk dit nie. Aah daar werk hy weer. Aagh nee daar werk hy nie weer nie. Maak metaan liewerste van al die bollie wat julle praat

Ilze Kirchner ·

Dalk? Dan moet hul DALK maar solank die buitelande voorberei dat hul sonder krag sit aangesien hul nie genoeg het vir hul eie mense en uitvoer nie? Sorg eers dat jy jou eie mense se ligte aan hou as ander lande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.