Kragnetwerk dié week onder druk

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Maandag gesê die kragnetwerk sal dié week onder druk wees aangesien die elektrisiteit wat van Mosambiek af ontvang word weens instandhoudingswerk gehalveer sal word.

Die kragvoorsiener het gesê beplande instandhouding moet by die Cahora Bassa-hidrokragaanleg en die Hidroelectrica de Cahora Bassa (HCB) in Mosambiek gedoen word. Suid-Afrika sal dus slegs 650 MW krag daagliks vanaf Cahora Bassa invoer in plaas van die 1 500 MW per dag wat gewoonlik ontvang word.

Die instandhoudingswerk sal na verwagting teen Sondag voltooi wees en die aanleg sal vanaf Maandag weer ten volle krag voorsien.

“Die kragstelsel sal onder druk wees, veral gedurende die weeksaand-spitstye van Dinsdag 15 September tot Vrydag 18 September. Eskom sal sy noodreserwes gebruik om die tekort aan te vul,” het Eskom gesê.

Die kragvoorsiener het gesê tans word geen beurtkrag vir die week voorsien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

susan ·

Nee. As jy my vra sê ek dis nie die rede nie. Dit is die onrealistiese hoë bonusse wat uitbetaal is wat n tekort aan geld veroorsaak het. Daar is nie genoeg geld omsteenkool aan te koop nie. Maar weer die lampe uithaql.

Ghost ·

Susan wil met jou saamstem. Swak gehalte steenkool watby die guptas gekoop word, bonusse wat klaar gekry is, hoekom sal hullenou verder omgee.
Ek weet so paar jaar terughethulle gepraat eskom voer krag uit.As dit nog so is, hoe kan besigheid krag uit voer en dan natuurlik ten duurste weer van n ander plek af moet invoer. Wys net op nog swak bestuur.

Manie ·

Eskom het genoeg geld om te mors pp die Guptas so hoekom nog bodder met verdere verhoging van krag tariewe?

jakes ·

Want ons wittes wil graag wêreldbeker rugby begin kyk die week. Dis die rede vir beurtkrag . Ek is keelvol om die minste te sê.

fiki ·

volgens die kommentaar het nie een die berig gelees nie. hoekom net kritiseer en nie opstaan en iets doen nie. damit

Rynhardt ·

Eskom speel die publiek vir jare.Nou is beurtjrag op pad, terwyl meer SA virvmeer as 30dae nie beurtkrag gehad het nie! Dan is daar die geheime ooreenkomste met Zuma se vriende, die Guptas.Is alles werklik geopenbaar? Eskom vat SA na donkerte en chaos! Wees ten alke tye op jou hoede!

Bleek Sannie ·

Ja ek hoop van harte die kragonderbrekings slaan soos die sewe plae van Egipte toe tydens die rugby wêreldbeker uitsendings. Lekker, julle goddelose volk, sit in die donker, dalk kom julle bietjie by!

B G ·

Ek het vanoggend geweet beurtkrag is aan die kom toe ek die Gupta berig lees.
En so was dit ook. Ons krag is tans af.
Elke keer as hulle swak publikasie kry gaan die krag af

Bruno Stef ·

Net n regstelling Eskom Voer Gelyk Stroom vanaf die Cahora Bassa se Hidro elektriese stelsel in teen n baie hoe spanning tot by Irene in Pretoria waar dit omgeskakel word na Wisselstroom vir gebruik op veral spitstye in SA.Daar word weer met die wisselstroom toevoere aan Mozambiek/Zimbabwe/ Botswana en Namibie voorsien vir hulle verbruik daarom is die Gelykstroom toevoer vanaf Mozambiek baie belangrik vir SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.