“Die kragnetwerk is tans stabiel en dit sal Eskom in staat stel om instandhoudingswerk te doen sonder om beurtkrag toe te pas,” het die kragvoorsiener gesê. Eskom het gesê die netwerk sal gedurende die aand onder druk wees weens die verhoging in die vraag na elektrisiteit en ʼn kragstasie-eenheid waar instandhoudingswerk gedoen word.
Die kragvoorsiener het ʼn beroep op gebruikers gedoen om energiedoeltreffende maniere te oorweeg om warm te bly gedurende die wintermaande.
“In die winter word meer elektrisiteit in die oggende en die aande gebruik. Ons doen ʼn beroep op gebruikers om hul kragverbruik dwarsdeur die dag te beperk, maar spesifiek gedurende spitstye van 06:00 tot 10:00 en van 17:00 tot 21:00.
Eskom het Woensdagaand beurtkrag toegepas.
Eskom hou daarvan om naweke af te sit om die meeste ongerief te veroorsaak. Waarom sit hierdie onbevoegte klomp nie af in die nag wanneer ons slaap nie?