Kragnetwerk is onder druk, waarsku Eskom

Argieffoto: GCIS

Eskom maan die publiek om elektrisiteitsverbruik dringend te verminder omdat die kragnetwerk onder druk is.

Ses kragopwekkingseenhede het kortsluitings gehad en die koppeling van drie ander eenhede is vertraag, het Eskom in ʼn verklaring gesê. Slegs een van die ses eenhede, by Majuba-kragstasie, is weer aangeskakel. “Eskom-spanne werk hard om die res van die eenhede ook aan te skakel.”

ʼn Kragopwekkingseenheid by elk van die Majuba-, Tutuka-, Hendrina- en Duvha-kragstasies het kortsluitings ondervind. Die drie eenhede, waarvan die koppeling vertraag word, is by Matla-, Kendal- en Tutuka-kragstasies.

“Enige bykomende probleme sal ʼn impak hê op Eskom se vermoë om die land van krag te voorsien in die spitstyd tussen 17:00 en 21:00. Die beperkte vermoë kan vir die volgende paar dae voortduur.”

Eskom maan die publiek se samewerking om aanvraag te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Die terloopsgeit van al die onvoorspelbare uitdagings is darm net te opvallend? Ergste is, sou al die onbetalende aansluitings eenvoudig afgesny word…o ja,askuus, jy mag nie die “people” se regte en verwagtinge te na kom nie.

Hennie ·

Hou op moan en doen julle werk! Julle is waaragtig een van min besighede wat darm nog ‘n aanvraag het, maar julle is te sleg om die vraag te ontmoet! Shut up en werk!

Riaan ·

Groot deel van Pta Oos is nou al 3 dae sonder krag, so ek dink nie julle “onder druk” situasie is vir my baie snaaks nie. As julle al die onwettige konneksies afsny, en die wanbetalers sal daar oorgenoeg krag wees

Erica ·

Dit is n wol haar storie valhalla saterdag en sondag vir 13 ure af. Vandag al 7 ure. En nou lees ek dele van Pta oos ook al vir 3 dae af. Vir ons se dit hulle staak en te bang om krag aan te sit en die krag sub is te oud. Maar ons moet net betaal

Oom Hennie Pennie ·

Het die een al ook gehoor. Net verskonings om meer geld te vra en minder te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.