Eskom het gesê dit is onwaarskynlik dat hy Saterdag beurtkrag sal toepas, aangesien die kragnetwerk stabiel is.
“Dit kragnetwerk was die afgelope sewe weke onder druk, maar het stabiel gebly en tegnici die kans gebied om die vereiste instandhoudingswerk te doen,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Ons instandhoudingsplan het ten doel om die betroubaarheid van die netwerk te verbeter. Dit sal ons bedryfsreserwes verhoog en die netwerk verder stabiliseer.”
Eskom maan verbruikers om steeds deur die loop van die dag elektrisiteit doeltreffend te gebruik.
YIPPIE Dit het ons nou alles te danke aan “Die oorlogskamer” se doeltreffende vasvat van die probleme alhoewel die mense aan die spits eintlik maar net pratende koppe is.
Dit klink soos iemand wat in die intensiewesorgeenheid lê wat se toestand ernstig maar stabiel is. Dalk is dit tog so . . .
Woop-Woop!! GEEN beurkrag vir SATERDAG nie? Awesome……NOG R5 miljoen prestasie bonus vir elke Eskom “baas”….