Kragnetwerk onder druk, beurtkrag moontlik

                                                                                                       Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom sê die kragnetwerk is onder druk en het ‘n beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik aansienlik te verminder ten einde beurtkrag te probeer vermy.

“Die kragnetwerk is vandag onder druk weens die onbeskikbaarheid van sekere van ons opwekkingseenhede. Eskom doen ‘n beroep op verbruikers om dringend alle verwarmers, geisers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel. Ons benodig vrywillige besparing van minstens 10% om die vraag na elektrisiteit te kan bestuur,” het Eskom in ‘n mediaverklaring gesê.

Eskom sê daar is reeds ‘n verhoging in vraag veral gedurende spitstye weens die winter wat op pad is. “Eskom neem al die nodige stappe om die ligte aan te hou maar benodig ‘n vennootskap met ons kliënte om te verseker dat ons elektrisiteitsverbruik verminder.”

Eskom sê hy sal al die nodige noodhulpbronne tot sy beskikking inspan ten einde te probeer om die vraag na elektrisiteit te verminder. “Indien die vraag egter nie afneem nie sal beurtkrag as ‘n laaste uitweg geïmplementeer word om te keer dat die nasionale kragnetwerk nie afskakel nie.”

Eskom sê indien beurtkrag noodsaaklik word, skedules op sy webtuiste gepubliseer sal word vir Eskom-kliënte. Munisipale-kliënte word aangeraai om hul onderskeie munisipaliteite te kontak vir hul onderskeie skedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Ek dink dis bietjie tyd dat die mense wat nie betaal nie, se krag gesny word. Glo my, daar SAL dan genoeg krag wees vir die wat wel betaal.

Ek weet dit klink dalk ‘wreed’, maar dis al wat gaan werk. Wanneer gaan almal op pre-paid krag oor? (ons is nog nie)

Ek glo dit gaan die beste werk. As jou krag se geld op is, gaan dit dan outomaties af. Dan sal jy ook baie gou sien wat in jou huis die meeste ‘krag vreet’.

Dan sal ALMAL leer om verantwoordelik met hul krag te werk. As ons ons selfone betyds kan laai, kan ons tog sekerlik ons krag betyds laai…?

Pre-paid vr die hele land is al wat gaan werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.