
(Foto: pixabay)
Suid-Afrika se kragnetwerk is onder groot druk en dié situasie sal tot minstens Donderdag duur, maar beurtkrag word in dié stadium nie beoog nie, het Eskom gesê.
Eskom het verlede maand uit die bloute aangekondig dat beurtkrag weer ingestel word nadat hy grootskaalse opwekkingsprobleme ondervind het.
Weens jare van swak instandhouding steier die kragvoorsiener die afgelope paar jaar van een opwekkingskrisis na die volgende.
“Die stelsel is kwesbaar weens ʼn aantal faktore, waaronder onvoldoende instandhouding en verouderende aanlegte. Die onverwagte verlies aan bykomende eenhede kan op kort kennisgewing tot die inwerkingstelling van beurtkrag lei,” het Eskom Maandagaand gesê.
Onbeplande instandhoudingswerk is tans bo die belangrike drempel van 9 500 MW, wat beteken noodhulpbronne (water en diesel) moet gebruik word om aan die vraag na krag te voorsien.
Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik deur byvoorbeeld geisers en nie-noodsaaklike huishoudelike toebehore af te skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Wonder net hoekom is daar nie in die verlede onderhoud gedoen nie seker gedink alles sal bly werk
Jare van swak instandhouding, waarvoor word die verantwoordelikes betaal, jaag weg en stel mense aan wat dit kan en wil doen.
25 jaar se swak instandhouding……
“Onbeplande Instandhouding” direk vertaal, is: Die Bollie wat oor die 2,5 Dekades aangevang is, haal ons Es-kommers nou ongelukkig in. Beplande instandhouding was skynbaar Nie deel van die kragdwergie se funksionering nie!
Man ek is rooiwarm hier waar ek sit….. Wens hulle wil ophou om die verbruikers te verpes met:
“gebruik elektrisiteit spaarsaam”… Eskomdoen GEEN instandhouding. ONS BETAAL TEN DUURSTE VIR DIE DIENS (sommige van ons). ….. KOM ASB NET BY ESKOM!