Kragnetwerk onder druk ná probleme by Koeberg

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag aangekondig dat die land se kragnetwerk weer onder druk is nadat ʼn eenheid by die Koeberg-kragstasie buite werking gestel is.

“Die eenheid is buite werking weens ʼn tegniese probleem,” het Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, gesê.

“Die kragnetwerk is relatief stabiel, maar sal later vandag onder druk wees aangesien ons 900MW van die eenheid by Koeberg verloor het.”

Die eenheid is Sondag buite werking gestel.

“Ons verwag Maandag terugvoer van tegnici oor wat die probleem by die eenheid is,” het hy gesê. Dié eenheid was veronderstel om volgende Maandag geskeduleerde onderhoud te ondergaan.

“Tegnici se terugvoer sal bepaal of die geskeduleerde onderhoud vroeër geskuif gaan word,” Phasiwe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

V ·

Ag dit raak nou regtig n ou storie.Kry jul goed in orde,jul het gedurig die een of ander probleem.Vra die president of regering wat ons geld so mors en in hul sakke steek om te help!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.