Kragnetwerk onder druk, sê Eskom

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Alhoewel geen beurtkrag tans ingestel word nie, het die kragvoorsiener Eskom die publiek se bystand versoek om die verbruik van elektrisiteit te verminder, aangesien die kragnetwerk tans onder groot druk verkeer.

Vyf kragopwekkingseenhede by verskillende kragstasies het deur die loop van die dag onklaar geraak – drie oor die afgelope twee uur. Indien daar enige verdere kragopwekkingskapasiteit verlore gaan, sal beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.

Kusile- en Majuba-kragstasies moes elkeen ʼn kragopwekkingseenheid van die netwerk verwyder om lekkasies te herstel. Kragopwekkingseenhede by Kriel-, Majuba- en Matimba-kragstasies het ʼn kortsluiting beleef. Die koppeling van kragopwekkingseenhede by Kendal- en Tutuka-kragstasies is vertraag.

Die kapasiteit van onklaar kragopwekkingseenhede beloop 16 822 MW terwyl beplande instandhouding 4 888 MW van kapasiteit verg.

Eskom doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om beurtkrag te voorkom deur hul elektrisiteitsverbruik dringend te verminder en alle nienoodsaaklike items af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Bernard ·

As hulle ontslae raak van ál die onwettige koppelinge kan daar dálk genoeg krag wees vir die volgende paar jaar.

Pieter ·

Nee jong, daar voor is hulle heeltemal te bang. Vir my is die onwttige verbindings sabotasie, niks minder nie

Pieter ·

Julle sal in die volgende honderd jaar nie reg kom nie stel nog mense aan wat niks weet nie. So lank ons die stadsrade betaal vir krag so lank gaan julle in die gemors bly. Eskom se geld word gebruik vir selarisse en en duur partytjies

Shakespeare ·

Die ANC/EFF/Vakbonde is GLADNIE van plan om die massiewe probleem op te los nie. Hulle het legio wit kundiges in die pad gesteek en onbevoegde korrupte kaders in hul plek aangestel van bo tot onder juis omdat hulle einddoel kommunisme is…..en krimineel Molefe loop nog vry rond as n voorbeeld.

piet ·

Molefe was ‘n baie beter CEO as ruiter van die windjie. Onder De Ruyter is loadshedding die ergste ooit.

marius ·

Julle kan nie want julle wil nie en jule sal ook nie . NOOIT .

KB ·

Ek verneem uit die sosiale media dat straatligte in meer munisipaliteite bedags aan is.
Dit is ‘n vermorsing van elektrieseteit en geld!
Hoe kan só iets toegelaat word?

Nico ·

Dit is alles as gevolg van Eskom se swak beplanning, kry mense wat behoorlik opgelei is vir onderhoud van die toe rusting. Kry ook die korrupsie, stop die groot verhogings en die bonusse van die bestuur, so kan Eskom geld bespaar. Die krag tariewe word gereeld verhoog sodat die bestuur hul groot bonusse kan ontvang.

piet ·

Hier gaan ons alweer. De Ruyter kry vir jou ‘n perd en wees ruiter van die windjie, ver weg van enigiets wat te doen het met krag.

Niklaas ·

Dis ongelukkig so dat diegene wat min of geen kragrekenings kry nie, skuldig is aan die meeste krag vermorsing.

Vonnie ·

en hier kom dit alweer, klaar gewaarsku, so teen die naweek is dit weer beurtkrag

Swerwer ·

Ag Eskom, verskoning op verskoning omdat die ANC mos gedink het geld kan nie opraak nie, en korrupsie die oplossing is, die ergste dat werk ‘n straf is.

Samuel ·

My finansies is ook onder groot druk. Ek sal moet ophou om my Eskomrekening te betaal.

Miskien wil die Prez sy swaer se ARE die kragvoorsiening laat oorneem.

annie ·

… en hierdie druk deur die unies dmv sabotasie of swak herstelwerk sal aan hou om ontslae te probeer raak van mense wat dinge wil laat werk om weer ou kaders in ere te herstel wat skade en skandes olie vir misdadigers. Diegene wat saam skree dat De Ruyter & kie plus die minister moet waai, droom dat sake sal verbeter en ewigdurende kragverskaffing daarna sal gedy. Wie dink hulle sal die spulletjie beter kan hanteer? Groot getjank kom… nog voor Kersfees.

Delene ·

Ja nêh! Beskou maar die inligting, as die reg tot implimentering van beurtkrag op kort kennisgewing!

SlinkseKoljander ·

Shame, jammer om van julle probleme te hoor.
Maak maar julle goed reg, ek gebruik my krag soos ek wil.

Karina ·

Het reeds ‘n boodskap ontvang, fase 2 begin 14.00 tot Saterdag 5.00 Wat het geword van Eskom se onderneming om nie tussen 7pm en 12pm nie krag af te sit sodat matrikulante kan studeer vir eksamens? Soos gewoonlik, net woorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.