Kragnetwerk onder groot druk

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Die beleërde kragvoorsiener Eskom het gewaarsku die kragnetwerk sal die volgende week onder groot druk wees, weens ʼn vertraging om kragopwekkingseenhede op die stelsel te koppel.

“Die kragnetwerk sal die komende week onder erge druk wees weens agt kragopwekkingseenhede wat nie beskikbaar is nie, weens tegniese probleme of vertragings in die instandhoudingsprogram,” het Eskom in ʼn verklaring Sondagmiddag laat gesê.

Alhoewel van die eenhede Sondagaand en Maandag aangeskakel sal word, is die verwagting dat die stelsel vir die res van die week onder erge druk sal bly.

Daar is ʼn vertraging om ʼn kragopwekkingseenheid aan te skakel by onderskeidelik Duvha- en Medupi-kragstasies. Kragopwekkingseenhede by Tutuka, Majuba, Komati, Kendal en twee eenhede by Hendrina is ook afgeskakel.

Eskom wou verbruikers weer daaraan herinner dat die “verouderde kragopwekkingsinfrastruktuur onstabiel en onbetroubaar is”. “Alhoewel Eskom-spanne hard werk om soveel as moontlik van hierdie kragopwekkingseenhede so vinnig as moontlik aan te skakel, sal enige verdere probleme in die kragopwekking tot beurtkrag lei. Ons maan die mense van Suid-Afrika om te help om elektrisiteitsverbruik te verminder om Eskom te help om die ligte aangeskakel te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Regtig WEER in die koue en ons moet betaal! Eskom julle is onstabiel. Ons is ook onder druk van alle kante af so doen julle werk waarvoor julle betaal word!

Alet ·

Ek betaal ten duurte maand in en maand uit vir ‘n diens…Eskom julle lewer nie daai diens nie…so ek gaan net weier om verder te betaal !!

Johanncb ·

Dit is nie ons skuld dat die stelsel verouderd is nie! Die regering het 26 jaar gehad om op te gradeer en te vervang! Instede is ons geld na verskeie beursies herlei!

Kokerboom ·

Ek dink ons as publiek mag gefrustreerd wees maar moet ook net aanvaar dat Andre de Ruyter en sy span ‘n ABSOLUTE gemors ge erf het en dit gaan NIE reggestel word in ‘n paar maande. Sterkte aan hulle..ek vertrou hul doen hul bes

Stefan ·

Ek weet van geen enkele andere besigheid wat sy kliënte aanhoudend vra om so min as moontlik van hul produk te koop en nog steeds in besigheid is!

Jaco ·

Die gemors by Eskom gaan nie verander. Daar moet eers erken word dat dit n groot mislukking is. Maar niemand wil dit nog doen nie. En met uitgawes groter as inkomste hoe kan dit ooit regkom.

annie ·

Speel doelbewuste oortydwerk vir ekstra betaling nie ‘n groot rol nie, soos by munisipaliteite; dieselfde werkers wat al vir jare dieselfde poste beklee en dieselfde stoele warm sit en wag op hul bonusse; reeds weerstandig teen opdragte van bo wat die unies altoos aanvuur ~ die enigste krag wat wel vinnig deur die netwerk versprei en kort-kort kort-sluitings veroorsaak agv oorspanning van die ‘verouderde struktuur’.

Elsa ·

Née, née. Wat het julle gedoen in 4 maande van lockdown toe feitlik alle besighede gesluit was?
Doen julle GEEN beplanning nie?

Cornelius ·

Eskom se duisternis en nuwe baas, André de Ruyter.
Laat my dink aan die liedjie “Ruiter in die nag” van Charles Jacobie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.