Kragnetwerk onder groot druk

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Sondag ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder om verdere beurtkrag te voorkom.

Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring die waarskynlikheid van beurtkrag bestaan met die kragnetwerk wat tans onder groot druk verkeer weens ’n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Dié tekort word veroorsaak deur stukkende opwekkingseenhede en ’n verhoogde toename in die vraag na elektrisiteit weens die koue.

Eskom sê hoewel geen beurtkrag in dié stadium verwag word nie, kan hy gedwing word om fase 1, óf fase 2 indien nodig, op kort kennisgewing in te stel indien die druk op die stelsel voortgaan. “Dit sal waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 in die aand te plaasvind.”

In dié stadium is 14 756 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 3 330 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom sê hy sal die publiek onmiddellik in kennis stel indien die situasie verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

quartus ·

ek dink die opwekeenhede wat so deurlopend oppak is te danke aan sobotasie. daar is mos mens by escom wat nie eintlik van mnr de Ruyter hou nie.

Neelsie ·

Stem saam. Die eenhede is oud, maar dis darem te veel van ‘n toeval dat so baie so kort kort tegelyk op pak

Karen ·

Ons betaal baie baie duur vir hierdie “krag” en gaan dit nie net sommer mors nie man. Sny af in Zim! En as julle nogsteeds nie kan voorsien nie, daar is baie ander wat dit met graagte sal doen.

Johanna ·

Vanoggend deur paar strate in Bloemfontein gery waar ligte teen 11vm gebrand het. Munisipaliteite moet sorg dat dit afgeskakel word, dan sal dit die druk verminder

annie ·

Wat Eskom eintlik sè, is: Mense, is jul gasbottels vol?… en al gehoor van sonkrag? Dink goed daaroor. Hout vir die Es is nog ‘n opsie. Geniet die prez se familie-vergadering, as jul krag het… Ace ok…

SomeOne ·

met al die uitskakeling vir instandhouding, sien eskom ook lig dat hulle uiteindelik op volle kapasiteit sal funksioeneer ?, of werk jul nogsteeds agteruit ?

annie ·

Geluk Maroela, jul’s knap met illustrasies. Kyk hoe gloei die lampie vir al wat hy werd is, maar geen lig straal na die omgewing… donker al om.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.