Kragnetwerk onder groot druk

(Foto: Yaoqi LAI)

Eskom waarsku die kragnetwerk is onder groot druk weens die vertraging met die indiensstelling van vyf opwekkingseenhede. Nog twee opwekkingseenhede het uitgeskop of moes afgeskakel word.

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteitsgebruik te beperk sodat daar genoeg krag beskikbaar is vir Woensdagaand se spitstyd.

Eskom sê daar is vertragings om twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragsentrale weer in diens te stel, asook ʼn eenheid elk by die Duvha-, Matimba- en Kusile-kragsentrale. ʼn Bykomende eenheid by Tutuka het Woensdagmiddag uitgeskop, terwyl Kusile se eenheid 1 afgeskakel is.

“Eskom-spanne werk hard om die eenhede weer in diens te stel.”

Eskom sê die onbeplande instandhoudingswerk dra by tot die sowat 5 500 MW wat weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal is. Onbeplande instandhouding het tot amper 11 000 MW gestyg.

“Die stelsel kan vir die res van die week nog onder druk wees,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Ek is ook onder druk van my bankbetuurder se kant af . bou n brug en stap oor . Moenie julle onbekwaamheid en probleme myne maak nie .

Adam Adriaan ·

En leer sal hulle nie. Dit was eens ‘n spog Mpy, van die bestes in die wêreld, nou lyk dit meer na ‘n wrak wat net op twee wield loop waarvan net die boonste dele van die twee bande styf is. Nooit maar nooit sal die ANC/EFF ooit bykom nie.

marius ·

Waarom mag die Wes Kaap nie onafhanklik krag aankoop nie ? Klink dit te veel na druk jul krag waar dit hoort eskom ?

Persheks Adri ·

Ons betaal mos vir krag regtig waar so doen julle werk waarvoor julle betaal word en rol minder bolle! Ons is gatvol verby

Strandloper ·

Vertraging….n goeie woord om eskom in sy geheel te beskryf!

Prikkie ·

Sou die Lockdown vlak afkom sal die vlak van Load Shedding virseker styg!

Hennie ·

Wie gee om? Ek werk ook onder groot druk, die verskil is, ek hardloop nie koerant toe en sê dit vir almal nie. ESKOM, hou julle bekke en doen julle werk! Ons wil niks hoor nie!

annie ·

Eskom is oorlede… Daar is net nie genoeg geld oor vir ‘n begrafnis nie… Oorweeg dit sterk om nou al ‘n houtstofie met ten minste twee plate vir aanstaande jaar se winter in te bou nader aan die kombuis om saans op te kook. Dit was ‘n groot fout om die Aga & kie uit te gooi vir die monsters wat nou net op Eskom-mooiweersdae ietsie ten duurste oplewer.

koos10 ·

So pas verneem dat beurtkrag on 08:00 begin.

Eskom julle gebruik altyd die volgende 3 redes:
1. Dis koud en mense gebruik meer krag
2. Die reën en die kole is nat
3. Eenhede is buite werking weens onderhoud of verouderde toerusting

Wel hierdie rondte is rede nr.3 tersprake, en dit is totaal en al julle skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.