Kragnetwerk sal tot 10 dae neem om te herstel

Argieffoto

Eskom het Sondagaand gesê sy kragnetwerk is steeds beperk en sal tot tien dae neem om te herstel ná verlede week se loonstaking.

Verbruikers is aangeraai om vandeesweek steeds voorbereid te wees op die moontlikheid van kragonderbrekings en beurtkrag.

Die kragvoorsiener het verwag dat stakende werknemers Maandag sal terugkeer werk toe nadat die regering en vakbonde ingestem het om onderhandelinge oor Eskom se besluit om nie salarisverhogings toe te ken nie, te hervat.

Eskom het vroeër gesê hy kan weens finansiële beperkings nie bekostig om enige salarisverhogings toe te staan nie. Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) het Sondag gesê Eskom se aanbod van ʼn 0%-salarisverhoging is egter nou van die tafel.

Eskom het gesê die kragnetwerk sal na verwagting langer as ʼn week neem om te herstel omdat deurlopende prosesse by kragstasies, insluitend steenkoolbestuur en -vervoer, deur die staking onderbreek is. Dié prosesse moet uitgeklaar word en weer op dreef kom, wat ekstra tyd sal neem.

Vakbonde eis ʼn verhoging van 15% vir Eskom se werknemers en sê hul lede hoef nie as gevolg van ʼn finansiële krisis, teweeggebring deur korrupsie en wanbestuur deur senior bestuurders wat sedertdien ontslaan is, te ly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KP ·

Wanneer word hierdie sinior bestuurders aangekla en vervolg en eidig hoopelik in die tronk. Hoor net altyd hulle is geskors of bedank voor die tyd self. Tyd vir drastiese optrede teenoor al hierdie staatskapers en nie net by Eskom dit sluit ministers en hooggeplaaste regerings amptenare in. Wanneer gaan Molofe die pensioen terug betaal was n hofbevel hy steur hom net eenvoudig soos die res aan geen hofbevel nie.

Wilma ·

Molefi het alweer n cosy job. Dis die norm in nuwe SA. Word net geskuif na ander departement waar Staatskaping net weer aangaan. Eish

Gus ·

Hierdie spul wat so staak en kla oor die senior bestuur wat korrup is – dis julle wat die ANC keer op keer in die regering hou en gelukkig is met al die ‘cadre deployment’. Nou oes julle wat julle saai. Ek hoop julle kry 0% verhogings.

Johann ·

Hoe seker is oms EISHKOM gebruik nie net bloot die oproer as versjoning vir hulle totale onvermoe om te beplan nie? So asof die mern korrupte magsvergrypers nie JUIS aanspreeklik moet wees vir die chaos nie! Verslag op verslag op nog verslae oor wie wat wanneer gevat het… en hulle loop los rond? GEKKE PARRADYS! ANC LEGACY

Se maar net ·

En as daar beurtkrag is kry ons nog steeds n sky high rekening. Nou moet ons wat gereeld ons krag rek betaal onder die kam geskeer word oor daar nie verhoging is nie en net gestaak word. Snaaks genoeg, verlede jaar was daar nie eers beurtkrag nie seker omdat daar verhogings was, maar lyk my as daar nie verhogings is nie, dan tree beurtkrag in.

Theresa ·

Sit die straatligte wat bedags so skreiend staan en brand in helderdaglig AF!
Daar is arrogansie en argwaan te bespeur by hierdie plekke wat wettige burgers bly belas met hoër tariewe vir dienste wat getrou betaal word.
Sien dat daar straatligte (ALMAL van hul) brand in elke voorstad en langs die paaie.
Misdaad en ongelukke a g v swak beligting behoort voor die voete van die Metro gelê word met aanklagte teen hul. Daar word baie krag bedags gemors deur mense wat nie hul werk doen en sien dat bv. straatligte afgeskakel is bedags nie. Nee – dis regtig SWAK verby. Respek moet verdien word – hoe lyk dit? Te ‘n groot uitdaging??

Avra ·

Theresa, daar word beweer dat indien die ligte brand, is die moontlik Heidi van kabel diefstal minder. Hoe waar dit is, weet ek nie.
Maar ek stem saam. Skakel die straatligte bedags af. Sal natuurlik beter wees indien sonkrag of “day/night switches” geinstalleer kan word

Siekensat ·

As ek almal moet dagvaar wat my ‘n boer noem, sal ek elke dag in die hof wees. Ek is vrek trots om ‘n boer genoem te word. Ek het hare welakapela!

Avra ·

Theresa, daar word beweer dat indien die ligte brand, is die moontlik Heidi van kabel diefstal minder. Hoe waar dit is, weet ek nie.
Maar ek stem saam. Skakel die straatligte bedags af. Sal natuurlik beter wees indien sonkrag of “day/night switches” geinstalleer kan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.