Kragnetwerk Sondagaand onder druk

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het gesê die kragnetwerk sal na verwagting Sondagaand tydens spitstyd onder druk wees.

Die kragvoorsiener het gesê hoewel daar nie beurtkrag voorspel word nie, die koue weer regoor die land tot ʼn toename in elektrisiteitsverbruik sal lei tydens spitstyd Sondagaand.

“Aangesien ons koue weerstoestande oor die land ervaar, doen ons ʼn beroep op elektrisiteitsgebruikers om energie-doeltreffende maniere te oorweeg om warm te bly,” het Eskom gesê.

“Ons doen ʼn beroep op ons kliënte om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik tydens die dag te verminder maar ook bewus te wees van die behoefte om meer te spaar tydens spitstye van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.