Kragnetwerk stabiel sê Eskom

                                                                                                       Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het Saterdag gesê die kragnetwerk is steeds stabiel en dat hy nie probleme vir die langnaweek voorsien nie.

“Die netwerk is stabiel, met genoegsame opwekkingskapasiteit vir die langnaweek,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.

Eskom het vroeër die week beurtkrag toegepas weens druk op die kragnetwerk. Etzinger sê dit is onwaarskynlik dat daar oor die langnaweek beurtkrag toegepas sal word.

Etzinger sê die kragnetwerk is die ergste onder druk op weeksdae tussen 17:00 en 21:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.