“Die netwerk is stabiel, met genoegsame opwekkingskapasiteit vir die langnaweek,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.
Eskom het vroeër die week beurtkrag toegepas weens druk op die kragnetwerk. Etzinger sê dit is onwaarskynlik dat daar oor die langnaweek beurtkrag toegepas sal word.
Etzinger sê die kragnetwerk is die ergste onder druk op weeksdae tussen 17:00 en 21:00.