Eskom het Maandag aangekondig dat die land se kragnetwerk stabiel is.
“As enigiets onverwags gebeur, mag ons genoop wees om beurtkrag toe te pas, maar soos dinge nou staan, is alles in orde,” het Eskom ʼn mediawoordvoerder gesê.
Eskom het verlede Maandag aangekondig dat sy splinternuwe Medupi-kragsentrale in Limpopo vir die eerste keer krag opgewek het. Dit is die eerste van die kragsentrale se ses eenhede wat gesinchroniseer word. Die eenheid sal na verwagting in Junie elektrisiteit begin verskaf aan die nasionale netwerk.