Kragnetwerk steeds onder druk

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die kragnetwerk sal vir die res van die week onder druk bly, het Eskom Dinsdag gesê.

“Indien enige van ons kragopwekkers breek sal ons beurtkrag moet instel,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. Hy het gebruikers versoek om spaarsamig elektrisiteit te gebruik.

“Ons doen alles in ons vermoë om die kragopwekkers weer terug te bring wat tans instandhouding ondergaan,” het hy bygevoeg.

Eskom het Maandag aangekondig dat sy splinternuwe Medupi-kragstasie in Limpopo vir die eerste keer krag opgewek het. Dit is die eerste van die kragstasie se ses eenhede wat gesinchroniseer word. Die eenheid sal na verwagting in Junie elektrisiteit begin verskaf aan die nasionale netwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.